Die 18de titel in die immergewilde Asterix-reeks het sopas die rakke getref!
AGTERGROND
Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help om te wedywer nie en dit loop uit op ’n uitnodiging van Allamapstix: Spoggerix kan ’n bredie wat gekrui is met lourierblare uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet! Dit beteken Asterix en Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met ’n vinkelkrans te ruil?
Caesar se lourierkrans is die 18de boek in die gewilde Asterix-reeks.
OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Boekbesonderhede
- Caesar se lourierkrans deur René Goscinny, illustrasies: Albert Uderzo, vertaler: Sonya van Schalkwyk-Barrois
EAN: 9781485306931
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment