Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Die Afrikaanse vertaling van Chris Riddell se Goth Girl and the Ghost of a Mouse het sopas die rakke getref!

Wenner van die Costa Kinderboek van die Jaar 2013.

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall.

Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam.

Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel.

Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

OOR DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Chris Riddell (gebore 13 April 1962 in Kaapstad) is ’n Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ’n politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer. Hy het drie Kate Greenaway Medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het het drie Nestlé Smarties Boekpryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children’s Laureate.

OOR DIE VERTALER
Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment