Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Die geheim van die woud is nie ’n verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar ’n verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswêreld van ’n kind en die herstel van die ewewig van die natuur

In Die geheim van die woud lees ’n ma vir haar kinders, Amelie en Roland, elke aand dieselfde storie.

Sy vertel van die twee konyntjies, Oortjies en Tongetjie, en ’n woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie. Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook ’n wolf.

Sy is egter blind en bekommerd dat sy nie na haar welpies sal kan omsien wanneer hulle gebore word nie.

Soos die ma die verhaal vertel, word die twee kinders as’t ware Oortjies en Tongetjie en verander die kamer in die magiese woud. Die metafoor van die herstel van die verbond tussen mens en dier word op subtiele en verbeeldingryke manier daardeur verken.

Die geheim van die woud is nie ’n verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar ’n verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswêreld van ’n kind en die herstel van die ewewig van die natuur.

OOR DIE SKRYWER
Beatriz Martín Vidal is ’n Spaanse surrealistiese illustreerder en kunstenaar. Sy het al verskeie kinderboeke geskep.

OOR DIE ILLUSTREERDER
Gustavo Martín Garzo is ’n bekende Spaanse skrywer van romans, essays en kinderboeke. Hy het filosofie en letterkunde studeer en is die stigter van die literêre tydskrifte Un ángel más en El signo del gorrión. Hy skryf gereeld vir die koerant El pais. Vir sy literêre werk het hy al verskeie pryse ingepalm, onder meer die National Fiction Prize 1994, die National Children’s Literature Award en die Castilla y León Prize for Literature.

OOR DIE VERTALER
Nicol Stassen doen al meer as ’n dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ’n doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment