Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Dié drie opwindende Waar’s Willie? boeke sal vir ure se vermaak (en hard soek!) sorg

Waar’s Willie? Die fantastiese reis

Willie gaan op reis! Hy ontmoet Towenaar Witbaard, wat omring is deur ’n spul vretende vrate. Die towenaar beveel hom om ’n verlore perkamentrol op elke nuwe plek van sy reis op te spoor. Eers wanneer hy al 12 perkamentrolle het, sal hy die waarheid oor homself ontdek. Willie se reis neem hom na die Veldslag van die Monnike, na die vlieënde draakruiters, die wilde rooi dwergies en vele ander vreemde plekke!

Waar’s Willie? In Hollywood

Willie bevind hom in Hollywood! Sjoe, Willie-volgelinge, dis fantasties! Willie loop agter die skerms van Hollywood se filmstelle en beleef sing-en-dans-flieks, ’n Western, ’n stilrolprent en nog vele meer!

Waar’s Willie? Wonderwêreld

Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van ’n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment