Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Michael Ende se klassieke Momo is pas heruitgereik met ’n nuwe prag-omslag

Momo is Michael Ende se klassieke sprokiesroman vol poësie oor die towerkrag van tyd.

Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater. Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel.

Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

OOR DIE OUTEUR
Michael Ende (1929–1995) het in ’n nugtere, siellose tyd die byna verlore fantasieryk en droomwêreld teruggewen. Hy tel vandag tot een van die bekendste en veelsydigste Duitse skrywers. Naas kinder- en jeugboeke skryf hy poëtiese prenteboeke, boeke vir volwassenes, teaterstukke en gedigte. Baie van sy boeke is verfilm of vir radio of televisie bewerk.

OOR DIE ILLUSTREERDER
Dieter Braun is ’n vryskut illustreerder en kinderboekouteur van Hamburg, Duitsland. Hy het Kommunikasieontwerp studeer by die Folkwangschule in Essen. Internasionale publikasies soos Time Magazine, The New York Times, Stern, Cosmopolitan, Newsweek, Elle en Glamour is sommige van sy kliënte. Sy styl is uniek, sterk en minimalisties en maak hierdie klassieke werk opnuut weer modern.

OOR DIE VERTALER
Helene de Villiers (*30 Augustus 1921, Brakpan) is bekend as vertaler en kenner op die gebied van kinderverhale, spesifiek sprokies. Sy het nie net inheemse sprokies aangeteken en oorvertel nie, sy het ook verskeie wêreldbekende sprokies in Afrikaans vertaal.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment