Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Cor Dirks se Wadda van die woestyn is weer terug op die rakke!


 

“Weer neurie die kind lispelend en vervelig herhaalde kere sy liedjie sodat Koestertjie, lamgeslaan soos sy daar staan, tot haar verbasing sien dat die slang sy bolyf laat sak totdat hy plat op die grond in al sy kronkelinge voor die kind lê. ’n Vuil handjie word uitgestrek en net as dit aan die skubberige rug wil vat, pluk die reptiel homself weer orent en word die bak dreigend platgemaak. Dit is tog te mooi. Die laggie dawer deur die lug en dan word daar maar weer gesing. Weer bedaar die slang.”

Wadda van die woestyn verskyn oorspronklik in 1950. In die roman word ’n wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop. Wadda (’n verdraaiing van sy doopnaam “Waldo”) toon ’n besondere aanvoeling vir en beheer oor die plante- en dierelewe van die Namib-woestyn. Wanneer hy ouer word, word hy ’n leier en legende onder die inheemse bevolking.

Die verhaal neem ’n onverwagse wending wanneer Wadda ’n soekgeselskap, op soek na legendariese skatte, teëkom en uitvind waar hy werklik vandaan kom.

Cor Dirks is op 28 Februarie 1911 op ’n plaas naby Volksrust gebore Vanaf 1929 bekwaam hy homself as onderwyser aan die Potchefstroomse Universiteitskollege en Potchefstroomse Normaalkollege. Hy verwerf verder ’n MA in Geskiedenis in 1937. Dirks is bekend vir sy jeugverhale, veral die gewilde Uile-reeks. Hy skryf egter ook avontuur- en speurverhale, soos byvoorbeeld Wadda van die woestyn. Hy is op 15 Oktober 2000 oorlede.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment