Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Chris Sasner se Die Swart Kat slaan ’n vos en ander avonture heruitgegee

Die Swart Kat slaan â��n vos en ander avontureDie misdaadbestrydende Swart Kat het al met baie te kampe gehad, maar hierdie keer word sy kragte tot die uiterste beproef. ’n Sluwe swartgeklede skurk genaamd die Vlieënde Vos maak oral amok en dit wil voorkom asof dié vent wraggies kan vlieg! Het hy dalk spesiale kragte? En sal die Swart Kat sy kriptiese rympies kan ontsyfer voordat hy weer toeslaan?

Daar is ook ander raaisels: ’n Onopgeloste bankroof word jare later oopgevlek wanneer ’n verdagte in die saak uit die tronk vrygelaat word. Maar dan volg moontlik nog die grootste, ergste uitdaging wat dié gemaskerde held nog ooit in die gesig moes staar: moord!

Oor die outeur

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Oor die illustreerder

Willem Samuel is kunsdirekteur by die strokiesprent- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al verskyn in vele publikasies, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Boekbesonderhede


» read article

Reza de Wet se Mis word op RSG as radiodrama uitgesaai

Die seeOntslape dramaturg Reza de Wet se bekende toneelstuk Mis word vanaand as radiodrama op RSG uitgesaai. André Stolz het die drama tot radioteks verwerk en speel ook een van die hoofrolle in die opname:

Reza de Wet se drama Mis is pas vir die radio verwerk. Hierdie tydlose stuk deur ’n aktrise-dramaturg wat twee keer met die Hertzogprys vir drama bekroon is, word Donderdag om 20:00 in Radioteater op RSG uitgesaai.

Die akteur en regisseur André Stolz, ’n goeie vriend van De Wet, het Mis vir die radio verwerk en speel die rol van die blinde konstabel.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!



» read article

Poësievoorlesing met Alfred Schaffer en Daniel Hugo by Protea Boekwinkel Rondebosch

Uitnodiging - Voorlesing deur Alfred Schaffer en Daniel Hugo

 
HanekraaiKom in, dit vries daar buiteProtea Boekwinkel Rondebosch nooi u vriendelik na ’n voorlesing deur Alfred Schaffer uit sy digbundel Kom in, dit vries daar buite.

Schaffer sal vergesel word deur Daniel Hugo, die vertaler van Schaffer se gedigte uit Nederlands na Afrikaans. Hugo sal ook uit sy eie digbundel, Hanekraai, voor lees.

Kom luister na dié twee digters op Saterdag 18 Mei om 11:00 by Protea Boekwinkel in Rondebosch.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede van die geleentheid

  • Datum: Saterdag, 18 Mei 2013
  • Tyd: 11:00
  • Plek: Protea Boekwinkel Rondebosch,
    Rondebosch-on-Main-sentrum,
    51 – 81 Hoofstraat,
    Rondebosch
  • RSVP: capetown@proteaboekhuis.co.za, 021 685 9296

Boekbesonderhede

e-Boek-opsies – Laai nou af!



» read article

Keina Swart skryf oor kamers regpak, onthou, en pajamas met handsakke op

Bleek Bennie se woeste hoesKeina Swart, bekroonde kinderboekskrywer en redakteur van die koerant Die Pos in Limpopo, skryf in haar jonsgte rubriek vir Rapport hoe haar kinders se boeke haar laat onthou. Haar nuutste kinderboek, Bleek Bennie se woeste hoes, het onlangs verskyn.

As ’n mens jou kind se kamer regpak en na die boeke op die bedkassie, onder die bed, op die vensterbank of onder die klere kyk, sien jy soms die titels en dink aan die vreemdste goed.

En partykeer tjank jy. Om al die verkeerde redes.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Susan Beyers lees Dot Serfontein se verhaal “Basie” uit Amper my mense voor

Amper my menseOp die RSG-radioprogram Kortom het Susan Beyers onlangs een van Dot Serfontein se kortverhale, getitel “Basie”, voorgelees.

Dié verhaal handel oor ’n besonderse verhouding tussen die spreker en ‘n hond met die naam Basie. Die storie kom uit die bundel Amper my mense.

Luister na die potgooi:

 
icon for podpress  Standard Podcast: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede


» read article

Annie Klopper gee raad aan haar jonger self

Biografie van 'n bendeAnnie Klopper, uitgewer by Protea Boekhuis en skrywer van Biografie van ‘n bende: Die storie van Fokofpolisiekar, het vir JIP ’n brief aan haar jonger self geskryf. Lauren Beukes, Werner Olckers, Bouwer Bosch, Farryl Purkiss en Nechama Brodie het ook aan dié artikel deelgeneem.

Klopper skryf aan haar jonsger self dat “alles oukei gaan wees” en dat alles nie nou al uitgepluis hoef te wees nie.

Liewe Annie,

Raai wat? Als gaan oukei wees. Ontspan en geniet die avontuur wat voorlê. Jy hoef nie nou al als uit te pluis nie. Jy hoef ook nie nou al jou sielsgenoot te vind nie. Hou op worry, los jou simpel ou en spandeer meer tyd met jou vriende.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!



» read article

“Interpretasie is immers ’n geduldige dissipline”: André Pretorius oor Adamastor

Eilande en enklavesIn ’n artikel vir By skryf André Pretorius, wie se Eilande en enklaves verlede jaar verskyn het, oor sy reise deur Europa en hoe hy die mitiese Adamastor, die versinnebeelding van Tafelberg, in Italië raakgeloop het:

Dit is ’n Kaapse storie, maar hy ontspring ver van die Kaap.

In die Italiaanse hertogstadjie Mantua (Mantova) word ’n prehistoriese veldslag steeds geveg: Federico II Gonzaga, hertog van Mantua, het die skilder Giulio Romano aangestel om sy plesierpaleis, die Palazzo Te, te versier.

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!



» read article

Johan Badenhorst wys jou hoe om die beste uit jou GPS te kry by Voetspore 4×4 Megaworld

Voetspore: Agulhas tot AlexandriëVanaand gaan Johan Badenhorst van Voetspore-faam by die Voetspore 4×4 Megaworld ’n praatjie lewer oor die korrekte gebruik van jou GPS en Tracks4Africa-sagteware.

Die koste beloop R100 per persoon en sluit ’n ligte aandete en verversings in.

Sien jou daar!

Besonderhede

  • Datum: Woensdag, 08 Mei 2013
  • Tyd: 18:00
  • Plek: Voetspore 4×4 Megaworld
    Winkel 315
    Woodlands Boulevard
    Hoek van Garsfontein en De Villabois Mareuilweg
    Pretoriuspark | Padkaart
  • Kostes: R100
  • RSVP: Voetspore 4×4 Megaworld, 012 940 8999

Boekbesonderhede


» read article

Kom klink ’n glasie saam met Johan Badenhorst op Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

Uitnodiging: Bekendstelling van Voetspore

 
Voetspore: Agulhas tot AlexandriëProtea Boekhuis en Voetspore 4×4 Megaworld nooi jou vriendelik uit na die bekendstelling van Voetspore: Agulhas tot Alexandrië deur Johan Badenhorst.

Kom klink ‘n glasie saam met ons by Voetspore 4×4 Megaworld op Saterdag 11 Mei 2013 om 10:30.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Saterdag, 11 Mei 2013
  • Tyd: 10:30 AM vir 11:00 AM
  • Plek: Voetspore 4×4 Megaworld
    Winkel 315
    Woodlands Boulevard
    Hoek van Garsfontein en De Villabois Mareuilweg
    Pretoriuspark | Padkaart

Boekbesonderhede


» read article

Prettige lees-, skryf- en syferoefeninge vir kleuters in Richard Scarry se Voorskoolse werkboek

Voorskoolse werkboekMet Protea se Voorskoolse werkboek deur Richard Scarry kan jou kleuters van jongs af leer en dit geniet:

Voorskoolse kinders kan hulself lank besig hou met die samesmelting van vier Richard Scarry’s Best Workbooks Ever! Met 128 bladsye vol prettige lees- en skryfoefeninge, nommer-aktiwiteite, doolweë en prentjies om in te kleur sal die kleintjies meer as genoeg hê om te doen!

Oor die outeur

Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.

Boekbesonderhede


» read article