Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Art’ Category

Wenners van die Verbeel dit! Kinderboek-illustrasiekompetisie bekendgemaak

Hierdie jaar het Protea Boekhuis weer, saam met drie internasionale uitgewers, ’n internasionale kinderboekillustrasiekompetisie organiseer. ’n Groep professionele beoordelaars – in Suid-Afrika Piet Grobler, Alida Bothma en Marisa du Toit – het die drie beste inskrywings in elke betrokke land gekies. In Suid-Afrika is 50 uitstekende inskrywings ontvang en die kompetisie was geweldig sterk. Baie geluk aan Angela Banks, Neeske Alexander en Hjalmar Pretorius wat in Suid-Afrika as die wenkunstenaars aangewys is.

Die wenwerk van Angela Banks

Die beoordelaars vind dat haar uitnemende tekentegniek haar ’n plek onder die wenners laat besorg. Sy voeg ’n verrassingselement toe aan haar illustrasies wat die kyker innooi en vervoer na ’n betowerende verbeeldingswêreld.

 
 
’n Illustrasie uit Neeske Alexander se storie ‘Jump’.

Die beoordelaars vind dat die kunstenaar weet hoe om haar tekentalent in te span om atmosfeer te skep en ’n storie te vertel. Haar geloofwaardige en poëtiese uitbeelding het die beoordelaars oortuig.

 
 

’n Illustrasie uit Hjalmar Pretorius se “The Princess and the Squire”.

Hjalmar Pretorius se vertellende illustrasiestyl is ideaal vir aksie-gelaaide avonture. Hy het die vermoë om ’n verhaal op interessante manier te vertel deur van verskillende perspektiewe en gloeiende kleure gebruik te maak.

 
Hierdie kompetisie is ʼn uitstekende geleentheid om internasionale blootstelling te kry. Die werk van die twintig wenkunstenaars gaan deel wees van ’n internasionale reisende tentoonstelling. Die finale keuse van wenillustrasies gaan ook in ’n internasionale katalogus gepubliseer word en voorgestel word aan die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna-kinderboekebeurs in 2018.

Protea publiseer topkwaliteit kinderboeke. Die meeste hiervan is oorsese produksies wat in eerste instansie elders gepubliseer is. Vertaal-en publikasieregte word gewoonlik oorgekoop van internasionale uitgewers, die boeke word vertaal en aan ’n plaaslike mark in Afrikaans en/of Engels bekendgestel. Op dié manier kry Suid-Afrikaners toegang tot van die beste kinderboeke wat internasionaal gepubliseer word.

Hierdie kompetisie is egter ’n manier om die teenoorgestelde te doen: om naamlik Suid-Afrikaanse illustreerders en kunstenaars aan ’n internasionale mark voor te stel. Die kinderboekbedryf is beslis ’n internasionale bedryf met boeke wat in verskeie tale regoor die wêreld vertaal word. Vir illustreerders om naam te maak, is dit vandag noodsaaklik om internasionale blootstelling te kry. Protea wil met hierdie kompetisie aan ’n internasionale gehoor wys watter talent daar plaaslik skuil.


» read article

Lees ’n onderhoud oor die Verbeel Dit!-illustrasiekompetisie

Protea Boekhuis loods tans hulle ‘Verbeel Dit!’-kompetisie. Dié kompetisie is spesifiek gerig op unieke, oorspronklike illustrasies vir kinderboeke wat nog nie voorheen gepubliseer is nie.

Verbeel Dit! maak deel van die jaarlike internasionale Picture This-illustrasiekompetisie wat ook in Engeland, Nederland, Duitsland en België plaasvind.

Indien jy gaande is oor kinderboeke en daarna streef om kinderboeke te illustreer, besoek Picture This se webblad vir verdere inligting om jou droom te bewerkstellig.

Die sluitingsdatum is 15 Mei 2017.

LitNet se Naomi Meyer het onlangs met Rentia Bartlett gepraat om meer oor die kompetisie uit te vind.

Rentia, ek sien ’n illustrasiekompetisie word aangebied vir illustreerders in verskillende lande. Wie mag deelneem? Moet ’n illustreerder reeds ’n professionele agtergrond of opleiding as kunstenaar hê?

Protea Boekhuis organiseer en bemark die kompetisie in Suid-Afrika, maar enige illustreerder van enige land ter wêreld mag deelneem. Jy hoef geen agtergrond as illustreerder of kunstenaar te hê nie. Trouens, indien jy reeds ’n kinderboek illustreer het, of die illustrasies van ’n gepubliseerde kinderboek gedoen het, mag jy ongelukkig nie deelneem nie. Jy mag wel deelneem as jy ’n opvoedkundige boek geïllustreer het of illustrasies vir ander genres gemaak het (soos byvoorbeeld gedigte, volwassenefiksie, boekomslae ens).

Is julle op soek na illustrasies vir spesifieke kinderboeke, en watter ouderdomsgroepe is ter sprake? Of kyk julle na illustrasies (saam met stories) wat as nuwe en oorspronklike werk uitgegee kan word?

Ons is nie op soek na illustreerders vir spesifieke kinderboeke nie en daar is ook geen ouderdomsgroep ter sprake nie. Ons is eerder op soek na talent. Ons wil graag die geleentheid gee vir kunstenaars en illustreerders om blootstelling te kry. Die idee is nie dat die spesifieke illustrasies wat ingeskryf word vir ’n spesifieke boek gebruik word nie, maar dat internasionale uitgewers bewus kan word van die kunstenaar en illustreerder. Die wenkunstenaars se werk word in ’n internasionale katalogus gepubliseer en aangebied aan die top internasionale uitgewers by die Bologna-kinderboekbeurs in 2017. Ook word die wenkunstenaars se werk deel van ’n internasionale reisende tentoonstelling in verskillende lande.

Waarna kyk die beoordelaars? Moet ’n illustrasie noodwendig mooi wees, of realisties? Wanneer weet jy iets is besonders?

Natuurlik kan ek self nie sê waarna die beoordelaars hierdie jaar sal kyk nie. Maar as ek die wenners van 2015 beskou, kan ek sien dat daar beslis ’n voorkeur vir unieke styl en goeie tegniek was. Wat maak ’n kinderboek vir my persoonlik besonders? Ek dink dit is belangrik dat ’n prenteboek kinders se verbeelding moet aangryp en dat dit genot moet verskaf. Is dit ’n illustrasie wat jou asem wegslaan omdat dit ’n wêreld optower wat tot die verbeelding spreek? Só moet ’n wenillustrasie lyk!

Lees die volledige onderhoud hier.


» read article

Briewe uit die Tankwa deur Adriaan Oosthuizen, Leti Kleyn en Dawid Slinger: ’n Lekkerleesboek en inligtinggids

Briewe uit die TankwaDie heruitgawe van Briewe uit die Tankwa deur Leti Kleyn en Dawid Slinger, met fotografie deur Adriaan Oosthuizen, is nou beskikbaar by Protea Boekhuis:

Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar lê die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy dié streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.

Oor die fotograaf

Adriaan Oosthuizen is van Kaapstad en neem mode-, kos-, dekor, natuur- en kunsfoto’s. Sy foto’s verskyn in boeke soos Suzelle DIY: Die boek en Deon Meyer se Ridders van die grondpad.

Oor die outeurs

Leti Kleyn is ’n navorser, ooptoegangentoesias, kennisnetwerkbestuurder en skrywer.

Dawid Slinger is boorling van die Tankwa-Karoo en tans plaasvoorman in die Bokkeveld.

Boekbesonderhede


» read article

A photographic record of history: The Spirit of District Six by Cloete Breytenbach

The Spirit of District SixProtea Boekhuis is proud to present The Spirit of District Six by Cloete Breytenbach:

This year it will be 50 years ago that District Six was declared a whites only area and this publication commemorates this event in our history.

This revised edition (in a smaller format aimed at the tourist market) of this beautiful book shows poignant images from Breytenbach’s collection of District Six during the 1970s before the area was dramatically demolished by the apartheid government. It is an historical record about the inhabitants and their surroundings of that time and was compiled over a period of five years.

The Cape Town area known as District Six (so called for its geographic position on the municipal map of the city) developed into a dense residential area close to the centre of Cape Town during the second part of the nineteenth century.

Home to a diverse community with a wide range of historical origins, neglect on the part of landlords and local authorities led to the area becoming rundown. The government repeatedly directed requests to the city council and the landlords – most of whom were white and not residing in the area – to upgrade what was fast becoming a slum on the doorstep of one of the most beautiful cities in the world. On 11 February 1966, the government declared District Six a white area under the Group Areas Act, and the wholesale removal of the inhabitants was started – mainly to areas away from the city. This process took 15 years and some 60 000 people were removed.

About the author

Cloete Breytenbach embarked on his photographic career in Cape Town in 1951 on the Afrikaans-language daily Die Burger. For the better part of the next 10 years, he worked as a news photographer on various South African publications before leaving for London (The Daily Express) and Europe (on assignment for news magazines including Paris Match and Bunte). On his return to South Africa, he established a photo agency with fellow photographers to supply both local and international publications with images covering major events from the African continent and the world. These photo stories included the ground-breaking first heart transplant for Life in 1967 and conflict coverage from across Africa, including Angola, Rhodesia (Zimbabwe), Mozambique, Congo and South Africa.

Cloete has held photographic exhibitions in South Africa, the USA, Europe and Japan, and a collection of his images of Albert Luthuli are held in the Guggenheim Museum in New York.

Book details


» read article

Besoek Strijdom van der Merwe se kunsuitstalling by Whow Studios in Durbanville (Plus: Foto’s)

Sculpting the EarthWhow Studios in Durbanville nooi jou graag na ‘n oorsigtentoonstelling van die bekende landskapkunstenaar, Strijdom van der Merwe.

Die Sculpting the Earth-outeur se solo-uitstalling het begin op Vrydag, 19 Junie en vind plaas tot Vrydag, 31 Julie. Kunsfundi’s kan besoek aflê op weeksdae vanaf 9:00 tot 16:00.

Die kurator van die tentoonstelling is Elizabeth Miller-Vermeulen. Lees die Netwerk24-berig oor die uitstalling:

Dit bestaan hoofsaaklik uit ’n omvattende fotodokumentasie van die werke uit Van der Merwe se loopbaan van twintig jaar as landkunstenaar.

Whow Studios het foto’s van Strijdom se uitstalling op hul Facebook-blad gedeel:

Both the studio and art complimented each other.

Posted by WHOW studios on Monday, 29 June 2015

 

 
Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Vrydag, 19 Junie tot Vrydag, 31 Julie 2015
  • Datum: 9:00 tot 16:00
  • Plek: Whow Studios
    Ixia­straat 2
    H/v Ixia- en Proteastraat
    Durbanville | Padkaart
  • Kontak: admin@whow.co.za, 021 976 6784, 076 992 3375

 

Sculpting the Earth by Strijdom van der Merwe

 
Boekbesonderhede


» read article

Wenners van Protea Boekhuis se kinderboekillustrasiekompetisie bekendgemaak

Protea Boekhuis is op soek na buitengewone opkomende illustreerders en het hierdie jaar, saam met drie internasionale uitgewers, ’n internasionale kinderboekillustrasiekompetisie georganiseer.

’n Groep professionele beoordelaars – uit Suid-Afrika onder andere Karlien de Villiers en Diek Grobler – het die vyf beste inskrywings in elke betrokke land gekies. In Suid-Afrika is 83 uitstekende inskrywings ontvang en die kompetisie was geweldig sterk. Die wenkunstenaars is op 23 Junie bekendgemaak en hulle werk kan op die Worldwide Picture Book Illustration Competition (WWPBIC) webblad gesien word.

Baie geluk aan Chris Venter, Dale Blankenaar, Kobie Nieuwoudt, Linki Lutz en Theodore Key wat in Suid-Afrika as die wenkunstenaars aangewys is.

 
Hierdie kompetisie is ʼn uitstekende geleentheid om internasionale blootstelling te kry. Die werk van die twintig wenkunstenaars gaan deel wees van ’n reisende tentoonstelling wat onder andere in The Hive in Worcester (in die VK), die Sjanghai Openbare Biblioteek (China), die Bilderbuchmuseum in Troisdorf (Duitsland), die Centrale Bibliotheek in Rotterdam (Nederland) en die Galery Universiteit Stellenbosch (GUS) vertoon gaan word. Die finale keuse van wenillustrasies gaan ook in ’n internasionale katalogus gepubliseer word en voorgestel word aan die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna-kinderboekebeurs in 2016.

Protea publiseer topkwaliteit kinderboeke. Die meeste hiervan is oorsese produksies wat in eerste instansie elders gepubliseer is. Vertaal-en publikasieregte word gewoonlik oorgekoop van internasionale uitgewers, die boeke word vertaal en aan ’n plaaslike mark in Afrikaans en/of Engels bekendgestel. Op dié manier kry Suid-Afrikaners toegang tot van die beste kinderboeke wat internasionaal gepubliseer word. Hierdie kompetisie is egter ’n manier om die teenoorgestelde te doen: om naamlik Suid-Afrikaanse illustreerders en kunstenaars aan ’n internasionale mark voor te stel. Die kinderboekbedryf is beslis ’n internasionale bedryf met boeke wat in verskeie tale regoor die wêreld vertaal word. Vir illustreerders om naam te maak, is dit vandag noodsaaklik om internasionale blootstelling te kry. Protea wil met hierdie kompetisie aan ’n internasionale gehoor wys watter talent daar plaaslik skuil.

Dit is die eerste keer dat die kompetisie in Suid-Afrika aangebied word. Verlede jaar is dit die eerste keer in Nederland en in die Verenigde Koninkryk aangebied. Verlede jaar se wenners het elkeen ’n internasionale boekkontrak losgeslaan en is besig om ’n eerste kinderboek te publiseer wat in verskillende tale vertaal gaan word. Protea vertrou dat die hierdie jaar weer sal gebeur en is trots om van nou af deel van hierdie internasionale inisiatief te wees.

Loer na die vyf Suid-Afrikaanse wenners se werk:
 

* * * * * * * *

 
Chris Venter

 

 

* * * * * * * *

 
Dale Blankenaar

 

 

* * * * * * * *

 
Kobie Niewoudt

 

 

* * * * * * * *

 
Linki Lutz

 

 

* * * * * * * *

 
Theodore Key

 


» read article

“Ek bly ’n boorling van hierdie landskap”: Strijdom van der Merwe oor “Ik Ben Een Afrikander”-projek

Sculpting the EarthDie bekroonde landskapkunstenaar, Strijdom van der Merwe, se werk is onlangs uitgestal as deel van Teresa Lizamore se kunsprojek, “Ik Ben Een Afrikander”.

Die tentoonstelling het vanaf 5 Maart tot 10 April plaasgevind by die Noordwes-Universiteit in die Botaniese Tuine se galery en sal vanaf 16 April tot 16 Junie by Freedom Park in Pretoria geskied.

Van der Merwe het met Netwerk24 gesels oor sy bydrae tot die projek en sy meegaande foto-reeks, “Constantly Stitching Our Lives Together”. Oor sy verhouding met Suid-Afrika het hy gesê: “Ek bly ’n boorling van hierdie landskap.”

Lees die artikel vir die kunstenaar se siening oor Afrikaneridentiteit:

Strijdom van der Merwe het die volgende oor sy bydrae gesê: “Ek dink dit is onvermydelik dat alle ‘Afrikaners’ hulself die vraag dikwels afvra. Die tameletjie is natuurlik met watter groep Afrikaners jy geassosieer word van watter groep jy deel voel. Ek neem deel aan die uitstallings omdat ek juis ook worstel met die ‘etiket’ wat vir my nie noodwendig negatief is nie.”

Boekbesonderhede


» read article

Video: Andries Bezuidenhout gesels oor die Walter Meyer-uitstalling by die Everard Read-galery in Johannesburg

Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelleAndries Bezuidenhout, musikant en skrywer van die besonderse digbundel Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle, is ook ‘n gerekende kunstenaar en professor in Sosiologie aan die Universiteit van die Witwatersrand.

‘n Uitstalling van werke deur die olieverfkunstenaar Walter Meyer is tans te sien by die Everard Read-galery in Johannesburg en Yvonne Beyers van kykNET se Flits-program het met Bezuidenhout gesels oor dié kunstenaar se werk.

Kyk na die video om meer uit te vind oor Meyer se werk:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Peter Snyders deel hoe die tydsgees deur hom as tagtiger-skrywer gewerk het

Tekens van die tye“Daar is ’n zeitgeist, ’n tydsgees vir elke periode. Dit beteken dat ’n oorheersende gees vir ’n spesifieke periode bepaal hoe die wêreld en spesifieke groepe teenoor die huidige situasie reageer.”

Só skryf Peter Snyders in ‘n artikel vir LitNet getiteld “Die tydsgees in die kuns”. Hy verduidelik hoe ‘n tydsgees bepaal word en die verskillende fases wat daarmee gepaardgaan. Hy gaan voort en skryf: “As tagtiger-skrywer wil ek graag meedeel hoe die tydsgees deur my gewerk het en nog steeds vorentoe boer. Dis belangrik om te onthou dat die tydsgees ook in groepgeeste is, dws alle kunsvorme manifesteer dieselfde tendense.”

Snyders se Tekens van die tye het by Protea Boekhuis verskyn. Lees sy interessante artikel:

Daar is ’n globale tydsgees wat die rigting bepaal waarin die wêreld sal beweeg. Met ’n bietjie insig kan ’n mens ook kontinentale subtydsgeeste waarneem. As ’n mens na die nasionale tydsgeeste kyk – en spesifiek na Suid-Afrika s’n – kan ons, terugskouend die aard van ons eie zeitgeist sien.

Dis nie maklik om presies vooruit te voorspel watter rigting die tydsgees in sal beweeg nie, maar hoe die gees funksioneer, is nie so moeilik om te sien nie.

Daar is op enige spesifieke tyd ’n siklus van drie fases teenwoordig:

’n skeppende gees van vernuwing
’n gees wat die status quo probeer steun en
die uitgaande gees van die establishment.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Wie is die landskapkunstenaar, Strijdom van der Merwe?

Sculpting the Earth“Ek maak iets wat, soos jy sê, bestaan vir ’n oomblik en dis nie iets wat jy vir altyd teen jou muur kan hang en sê ek is die trotste eienaar daarvan nie. Maar ek dink mens moet ’n ander kyk- en denkproses hierso toepas.”

Só het die landskapkunstenaar, Strijdom van der Merwe, onlangs aan Lizelle de Bruin vertel op RSG Kuns.

De Bruin wou weet: “Wie is Strijdom van der Merwe as hy by die huis is?” Die skrywer van Sculpting the Earth het homself beskryf as ’n “huis-hen-hoender”: “Ek dink ek is ’n baie rustige, stil persoon. Ek is die gelukkige pa van twee klein dogtertjies so ek geniet dit om met hulle te speel.”

Die landskapkunstenaar het as kind op ’n plaas gewoon en het baie tyd op sy eie spandeer en in die veld rondgeloop. Hy het gesê hierdie alleentyd het beslis sy landskapkuns beïnvloed.

Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede


» read article