Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Competitions’ Category

Lees ’n onderhoud oor die Verbeel Dit!-illustrasiekompetisie

Protea Boekhuis loods tans hulle ‘Verbeel Dit!’-kompetisie. Dié kompetisie is spesifiek gerig op unieke, oorspronklike illustrasies vir kinderboeke wat nog nie voorheen gepubliseer is nie.

Verbeel Dit! maak deel van die jaarlike internasionale Picture This-illustrasiekompetisie wat ook in Engeland, Nederland, Duitsland en België plaasvind.

Indien jy gaande is oor kinderboeke en daarna streef om kinderboeke te illustreer, besoek Picture This se webblad vir verdere inligting om jou droom te bewerkstellig.

Die sluitingsdatum is 15 Mei 2017.

LitNet se Naomi Meyer het onlangs met Rentia Bartlett gepraat om meer oor die kompetisie uit te vind.

Rentia, ek sien ’n illustrasiekompetisie word aangebied vir illustreerders in verskillende lande. Wie mag deelneem? Moet ’n illustreerder reeds ’n professionele agtergrond of opleiding as kunstenaar hê?

Protea Boekhuis organiseer en bemark die kompetisie in Suid-Afrika, maar enige illustreerder van enige land ter wêreld mag deelneem. Jy hoef geen agtergrond as illustreerder of kunstenaar te hê nie. Trouens, indien jy reeds ’n kinderboek illustreer het, of die illustrasies van ’n gepubliseerde kinderboek gedoen het, mag jy ongelukkig nie deelneem nie. Jy mag wel deelneem as jy ’n opvoedkundige boek geïllustreer het of illustrasies vir ander genres gemaak het (soos byvoorbeeld gedigte, volwassenefiksie, boekomslae ens).

Is julle op soek na illustrasies vir spesifieke kinderboeke, en watter ouderdomsgroepe is ter sprake? Of kyk julle na illustrasies (saam met stories) wat as nuwe en oorspronklike werk uitgegee kan word?

Ons is nie op soek na illustreerders vir spesifieke kinderboeke nie en daar is ook geen ouderdomsgroep ter sprake nie. Ons is eerder op soek na talent. Ons wil graag die geleentheid gee vir kunstenaars en illustreerders om blootstelling te kry. Die idee is nie dat die spesifieke illustrasies wat ingeskryf word vir ’n spesifieke boek gebruik word nie, maar dat internasionale uitgewers bewus kan word van die kunstenaar en illustreerder. Die wenkunstenaars se werk word in ’n internasionale katalogus gepubliseer en aangebied aan die top internasionale uitgewers by die Bologna-kinderboekbeurs in 2017. Ook word die wenkunstenaars se werk deel van ’n internasionale reisende tentoonstelling in verskillende lande.

Waarna kyk die beoordelaars? Moet ’n illustrasie noodwendig mooi wees, of realisties? Wanneer weet jy iets is besonders?

Natuurlik kan ek self nie sê waarna die beoordelaars hierdie jaar sal kyk nie. Maar as ek die wenners van 2015 beskou, kan ek sien dat daar beslis ’n voorkeur vir unieke styl en goeie tegniek was. Wat maak ’n kinderboek vir my persoonlik besonders? Ek dink dit is belangrik dat ’n prenteboek kinders se verbeelding moet aangryp en dat dit genot moet verskaf. Is dit ’n illustrasie wat jou asem wegslaan omdat dit ’n wêreld optower wat tot die verbeelding spreek? Só moet ’n wenillustrasie lyk!

Lees die volledige onderhoud hier.


» read article

Wen ’n kopie van Jagters van die duine: Die storie van die Kalaharileeu deur Fritz Eloff

Jagters van die duineDie tweede uitgawe van Jagters van die duine: Die storie van die Kalaharileeu deur Fritz Eloff het verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn.

Die bekende dierkundige en hoogleraar in Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria het vir 40 jaar lank navorsing gedoen en sy boek is die eindproduk van sy poging om hierdie koninklike dier te probeer verstaan.

Netwerk24 bied aan een gelukkige leser die kans om ‘n eksemplaar van die boek te wen.

Om in aanmerking te kom vir die prys, stuur jou besonderhede in ‘n e-pos aan Netwerk24.

Vir meer inligting oor die boek en die kompetisie, lees die artikel:

Eloff was hoogleraar in dierkunde aan die Universiteit van Pretoria en was ook ’n bekende in rugbykringe. Hy was ’n gewilde en gewaardeerde deelnemer aan radioprogramme oor die natuur en het só landwye bekendheid gekry.

Die boek kos R250 en word deur Protea Boekhuis uitgegee.

SKRYF IN: Stuur ’n e-pos met jou naam, posadres, kontakbesonderhede en die woord “Leeu” in die onderwerpveld na ​naweek@beeld.com.

Boekbesonderhede


» read article

Hoe om deel te neem aan die wêreldwye kinderboekillustrasiekompetisie: Rentia Bartlett-Möhl vertel

Protea Boekhuis het verlede maand die wêreldwye kinderboekillustrasiekompetisie geloots in samewerking met Walker Books, Lemniscaat, Boje Verlag en die International Centre for the Picture Book in Society.

Rentia Bartlett-Möhl, ‘n redakteur by Protea, het met Naomi Meyer gesels oor die kompetisie en het vorige wenners se kunswerke op LitNet gedeel. Sy gesels ook oor die skep van Protea se kinderboeke en die vertaling van oorsese produksies.

Bartlett-Möhl deel ook wenke oor die voorlegging van die kunswerke wat teen 1 Junie 2015 wat by www.wwpbic.com opgelaai moet word.

Lees die artikel om uit te vind hoe om deel te neem:

Kom ons sê iemand wil deelneem. Moet gedrukte voorleggings gepos word, of kan ’n e-pos ook deug? Wat is die formate waarbinne voorleggings oorweeg sal word?

Voorleggings word elektronies gedoen. Belangstellendes moet vir ons drie van hulle mees uitstaande, onderskeidende illustrasies stuur. Die drie illustrasies moet saam ’n storie vertel (dit kan ’n bestaande storie wees of ’n eie storie) en mag nie voorheen-gepubliseerde illustrasies wees nie.

 
Lees ook:

 


» read article

Calling All Illustrators: Enter the 2015 Worldwide Picture Book Illustration Competition

Protea Boekhuis – in association with Walker Books, Lemniscaat, Boje Verlag and the International Centre for the Picture Book in Society – has launched a worldwide search for extraordinary illustrators. Could you be one of them?

To enter, create and send in three of your most unique illustrations that together tell a story (the story might already exist or be one of your own). The illustrations should not have been published before. Visit the Worldwide Picture Book Illustration website to upload your entry before 15 May, 2015.

The top 20 will gain significant exposure on a global scale, opening up a world of opportunities. Their work will be included in a catalogue and an exhibition of their work will travel from South Africa to Germany, Holland, the UK and China and hopefully also to the Bologna Book Fair in Italy.

See the images below for more information:

 

* * * * * * * * *

 


» read article

Wen ’n kopie van Die son struikel deur Dolf van Niekerk

Die son struikel’n Nuwe uitgawe van Die son struikel deur Dolf van Niekerk het verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn. Een gelukkige Bloem Nuus-leser kan ’n kans staan om ’n kopie hiervan te wen.

In Die son struikel fokus die skrywer op die lewe van die buitestander. Diederik Versveld is ’n jong rebel wat ’n eensame bestaan voer en onwillig betrokke raak by die mynstakings van die 1914-rebellie.

Registreer op Bloem Nuus se webtuiste om in aanmerking te kom vir die prys. Die kompetisie sluit Maandag, 9 Maart om 09:00.

Boekbesonderhede


» read article

Wen ’n kopie van Lillie die heksie se sirkusbetowering deur KNISTER, vertaal deur Amelia de Vaal

Lillie die heksie se sirkusbetoweringDie immergewilde Lillie die heksie-reeks vir kinders deur KNISTER vertel die storie van ’n doodgewone meisie wat eendag ’n boek met towerspreuke onder haar bed ontdek.

Een gelukkige Bloem Nuus-leser kan ’n kopie van Lillie die heksie se sirkusbetowering wen. In hierdie boek, na Afrikaans vertaal deur Amelia de Vaal, kry Lillie se mamma kaartjies na ’n sirkusvertoning en Lillie besluit dit is die perfekte plek om haar toorkunsies te oefen.

Om in aanmerking te kom vir die prys, registreer op Bloem Nuus se webtuiste voor Maandag, 2 Februarie 2015.

Boekbesonderhede


» read article

Wen: Sonde van Lusinda deur Anton Schoombee en Hoe om Drakonees te praat deur Cressida Cowell

Sonde van LusindaHoe om Drakonees te praatTwee gelukkige Bloem Nuus-lesers kan hierdie maand een van twee boeke wen – Sonde van Lusinda deur Anton Schoombee en Hoe om Drakonees te praat deur Cressida Cowell, vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Sonde van Lusinda het vanjaar by Protea Boekhuis verskyn en handel oor ’n ouer geskeide man wat ’n verhouding met ’n jonger vrou aanknoop. Stéfan wonder hoe sy vriende en familie op sy verhouding met ’n twintigjarige model sal reageer.

Hoe om Drakonees te praat is Kobus Geldenhuys se vertaling van Cressida Cowell se storie vir kinders oor ’n Wiking-held wat ook ’n meesterlike draakfluisteraar is.

Die kompetisie sluit Maandag, 12 Januarie 2015 om 09:00. Registreer op Bloem Nuus se webtuiste om deel te neem.

Boekbesonderhede


» read article

Wen ’n kopie van Klein wit vissie is so bly en Welkom in die gesin

Klein wit vissie is so blyLittle White Fish is GladWelkom in die gesinWelcome to the family

 
Een gelukkige leser kan hierdie maand een van twee opvoedkundige kinderboeke wen – Klein wit vissie is so bly deur Guido van Genechten en Welkom in die gesin deur Mary Hoffman.

Klein wit vissie is so bly en Welkom in die gesin is vertaal deur Caren van Houwelingen en leer kinders oor familiename en voorsetsels op speelse wyse. Die boeke is in Engels beskikbaar as Little White Fish is Glad en Welcome to the family.

Die kompetisie sluit Maandag, 24 November 2014 om 09:00. Registreer op Bloem Nuus se webtuiste om in aanmerking te kom vir die prys.

Boekbesonderhede


» read article

Wen ’n kopie van Die stilte opgeskort deur Heilna du Plooy

Die stilte opgeskortDie stilte opgeskort is Heilna du Plooy se derde digbundel. Hierin beeld sy verskillende soorte verhoudings op en sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns in. Een gelukkige Bloem Nuus-leser kan ’n kans staan om ’n kopie van hierdie bundel te wen.

Du Plooy het ’n ruk terug met Joan Hambidge gesels oor die temas in haar poësie. Hambidge het opgelet dat Du Plooy dikwels oor ewewig of balans in haar gedigte besin.

Die kompetisie sluit Maandag, 3 November 2014 om 09:00. Registreer op Bloem Nuus se webtuiste om in aanmerking te kom vir die prys.

Boekbesonderhede


» read article

Wen vier kinderboeke deur Julia Donaldson: Rower rot, Kris de Kat, Stokman en Tjokkie

Rower RotKris de KatStokmanTjokkie

Bloem Nuus het onlangs vier kompetisies geloods waarin vier gelukkige lesers onderskeidelik elk een van vier kinderboeke deur Julia Donaldson, vertaal deur Philip de Vos, kan wen.

Die vier boeke op die spel is Rower rot, Kris de Kat, Stokman en Tjokkie.

Die kompetisie sluit Maandag, 29 September 2014. Registreer op Bloem Nuus se webtuiste om deel te neem.

Boekbesonderhede


» read article