Hanlie Retief gesels met Patricia de Lille, DA burgemeesterskandidaat vir Kaapstad
Patricia de Lille, die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, is gister by ‘n Menseregtedagviering by die Athlone-stadion uitgejou toe sy haar toespraak gelewer het. Sy het ondanks die rumoer voortgegaan.
“Onstuitbaar. Onblusbaar.” Dít is hoe die onderhoud-koningin Hanlie Retief, wat nou ook ‘n bundel van haar onderhoude Hanlie Retief gesels met, die lig laat sien het, De Lille in Rapport beskryf. Retief het met haar oor die kandidaatskap, ras, haar kinderdae, familielewe, verhouding met Helen Zille, vakbond-agtergrond en die wapenskandaal gesels:
Hierdie Ystervrou, taai klein tannie met rooi toonnaels, wat al soveel politieke windmeulens bestorm het, wat nie net die nuus haal nie, maar nuus maak – sý was oorstelp met haar benoeming as die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad.
“Dis ’n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.”
Dadelik het De Lille gedink: Hier’s jou kans met ’n stad waar álmal voel hulle behoort, waar die verdeeldheid van die verlede deel is van die verlede.
En toe stamel sy deur haar voorbereide toespraak…
Boekbesonderhede
- Hanlie Retief gesels met deur Hanlie Retief
EAN: 9781869194307
Find this book with BOOK Finder!
Foto te danke aan Carolyn Meads
» read article