Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Archive for the ‘Fiction’ Category

Chris Sasner se Die Swart Kat slaan ’n vos en ander avonture heruitgegee

Die Swart Kat slaan â��n vos en ander avontureDie misdaadbestrydende Swart Kat het al met baie te kampe gehad, maar hierdie keer word sy kragte tot die uiterste beproef. ’n Sluwe swartgeklede skurk genaamd die Vlieënde Vos maak oral amok en dit wil voorkom asof dié vent wraggies kan vlieg! Het hy dalk spesiale kragte? En sal die Swart Kat sy kriptiese rympies kan ontsyfer voordat hy weer toeslaan?

Daar is ook ander raaisels: ’n Onopgeloste bankroof word jare later oopgevlek wanneer ’n verdagte in die saak uit die tronk vrygelaat word. Maar dan volg moontlik nog die grootste, ergste uitdaging wat dié gemaskerde held nog ooit in die gesig moes staar: moord!

Oor die outeur

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Oor die illustreerder

Willem Samuel is kunsdirekteur by die strokiesprent- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al verskyn in vele publikasies, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Boekbesonderhede


» read article

Keina Swart skryf oor kamers regpak, onthou, en pajamas met handsakke op

Bleek Bennie se woeste hoesKeina Swart, bekroonde kinderboekskrywer en redakteur van die koerant Die Pos in Limpopo, skryf in haar jonsgte rubriek vir Rapport hoe haar kinders se boeke haar laat onthou. Haar nuutste kinderboek, Bleek Bennie se woeste hoes, het onlangs verskyn.

As ’n mens jou kind se kamer regpak en na die boeke op die bedkassie, onder die bed, op die vensterbank of onder die klere kyk, sien jy soms die titels en dink aan die vreemdste goed.

En partykeer tjank jy. Om al die verkeerde redes.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Susan Beyers lees Dot Serfontein se verhaal “Basie” uit Amper my mense voor

Amper my menseOp die RSG-radioprogram Kortom het Susan Beyers onlangs een van Dot Serfontein se kortverhale, getitel “Basie”, voorgelees.

Dié verhaal handel oor ’n besonderse verhouding tussen die spreker en ‘n hond met die naam Basie. Die storie kom uit die bundel Amper my mense.

Luister na die potgooi:

 
icon for podpress  Standard Podcast: Play Now | Play in Popup | Download

Boekbesonderhede


» read article

Erla-Mari Diedericks Returns with Still Standing

Protea Boekhuis is proud to announce the release of Erla-Marie Diedericks’ novel, Still Standing:

Still Standing“Sometimes you have to lose a husband to find true love…”

Dianne, a woman in her early thirties find out at a fancy dress party, while dressed in all her splendor as Lady Gaga, that her husband is having an affair. Life seems bleak, but with the help of an overzealous friend who takes her lap-dancing, a crazy old lady who predicts true love after reading her fortune and a sexy tattoo artist, she soon finds her way back to life after marriage. She tries to mend her broken heart and we follow her on her own little path of self-destruction and self-discovery as she goes through denial, counseling and (maybe) divorce.

However, Dianne has a secret of her own. For years now she has been having dreams about a man. A man who has a car accident one night that leaves him paralyzed from the chest down. Somehow, there is a link between her and this man. Free of her marriage and with nothing to lose, she decides to go and look for the man in her dreams – but is he the man of her dreams?

About the author

Erla-Mari Diedericks is a freelance journalist and colunist living in Cape Town. Her writing has been published in newspapers and magazines, including the Sunday Times, Beeld, Die Burger, Rapport, Rooi Rose, Sarie, Fair Lady, Femina, Ideas/Idees and Home/Tuis. Still Standing is her second book following the success of Sin, Sushi and Survival published in
2011.

Book details


» read article

Myra Scheepers Tells Beautiful Zulu Folktales in Round the Nguni Fires

Round the Nguni firesRound the Nguni fires in the hills of Zululand, Gogo tells stories at night about the old ones and the ancestors. Tales of the spirits that wander after dark. Stories about glittering eyes that gleam in the shadowy depths of the bush. About the clever Mountain Hare and the sly Yellow Mongoose, and about all the other creatures that share the earth with us.

Come listen to this charming collection of Zulu-folktales – story treasures that range from the comical and mischievous to the spooky and mystical – as they were told to the author by a range of Zulu speakers from in and around Vryheid. Whether you grew up with stories about Mzimi and Magilogilo or not – these tales are quintessentially African and compulsory reading for everyone who loves this marvelous continent!

About the author

81-year-old Myra Scheepers, who made her literary debut with this publication, was awarded the US Woordfees’ Debut Prize for the original Afrikaans edition, Om die Nguni-vure. She lives on the farm Bet-el and, with her husband Adriaan, still runs a business in the town of Vryheid. Scheepers is a mother of 4, grandmother of 11 and great-grandmother of 8. She is aptly called “ghokie” (an endearing form of the Zulu-word gogo, meaning grandmother) by not only her own grandchildren, but by all children who know and love her.

Book details


» read article

Joanne Macgregor Talks About Motherhood, Writing and Marriage

Rock SteadyJoanne Macgregor, author of Rock Steady and Turtle Walk, is also a super mom and a super cook. Get It magazine caught up with her to find out how she copes with her hectic schedule.

With Mother’s Day around the corner, Macgregor describes motherhood as “hard work”, but says that it is “an honour to be shepherding my children into adulthood”.

Joanne is the mother of 17-year-old Adam and 13- year-old Emily. When asked what being a mother means to her, she replied, “It’s hard work, but an honour to be shepherding my children into adulthood.” One of Joanne’s favourite quotes on parenting is by Kahlil Gibran who said, “Your children are not your children. They are the sons and daughters of life’s longing for itself. They come through you but not from you, and though they are with you, yet they belong not to you. You are the bows from which your children as living arrows are sent forth.”

Book details


» read article

Philip de Vos se verse en toonsettings vervat in Helena Conradie se jongste album

Kop op 'n blokPhilip de Vos is ’n gewilde skrywer van verse en lirieke en dus het Helena Conradie baie van sy kinderliedjie-toonsettings op haar jongste musiekalbum ingesluit.

Kinderliedjies moenie geringskat word nie. Dit verg insig en aanvoeling om oorspronklike liedjies vir kinders te skryf – liedjies waarna selfs volwassenes met ’n glimlag op die gesig kan luister.

Philip de Vos ken dié kuns. En Helena Conradie ken dit ook.

De Vos het ook onlangs ’n ‘n nuwe gedig op Versindaba gepubliseer. Die meegaande foto verleen bykomende konteks tot die gedig.

Hoe ver

moet ek reis

na Heuningkrans?

“Myle!”

skree die wildegans.

Boekbesonderhede


» read article

Keina Swart skryf oor vals naels, die poskantoor en ’n brief van Rapport

Bleek Bennie se woeste hoesKeina Swart, kinderboekskrywer van Bleek Bennie se woeste hoes, skryf in ’n rubriek vir Rapport dat vals naels haar behoorlik laat gril. Dit is egter nie omdat hulle vir haar lelik is nie, maar oor ’n insident by ’n poskantoor twee dekades gelede:

Ek kan mos glád nie vir vals naels kyk nie.

Nie oor hulle so lelik is nie, maar oor daardie dag 20 jaar gelede by die poskantoor in die gaar deel van ons dorp.

Ons was vrekbang om te gaan pos uithaal, ek en my sussie, maar ek het aangedring.

Boekbesonderhede


» read article

Agent Alex – Visvang verbode! bied ’n splinternuwe spioenasie-avontuur

Agent Alex - Visvang verbode! Spioenkop Akademie is ’n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op ’n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van die onderwysers ontvoer, sal die leerders gereed wees.

Die verfoeilike POEV-organisasie het ’n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel!

Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) – maar kan hulle ’n plan beraam om POEV se geheime sending in die wiele te ry?!

Agent Alex – Visvang verbode! is die derde boek in die vermaaklike Agent Alex-reeks.

Oor die outeur

Justin Richards is ’n gevestigde Britse skrywer van romans, draaiboeke en kinderboeke. Hy woon saam met sy vrou en twee seuns in Warwick, Engeland.

Oor die vertaler

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

Boekbesonderhede


» read article

Die kruppel engel deur Zenobia Kock by Protea Boekwinkel bekend gestel

Annie Klopper en Zenobia Kock

 
Die kruppel engelZenobia Kock het lank in Colesberg in die Noord-Kaap gewoon en dít is waar die storie vir haar roman Die kruppel engel ontkiem het. Intussen het sy ’n ruk lank in Skotland gebly, waar sy die boek klaargemaak het, en tans is sy ’n inwoner van Umtata, maar sy het al die pad na Stellenbosch gekom om Saterdag haar boek by Protea Boekwinkel bekend te stel.

In gesprek met Annie Klopper van Protea Boekhuis het Kock vertel dat daar heelwat buite-egtelike kinders op Colesberg is. “Die meeste weet wie hul pa is, maar dan was daar ’n paar gevalle waar die ma geweier het om te sê wie die pa is. Vir daardie kinders wat nie geweet het nie, het dit hulle altyd gepla. Selfs wanneer hulle al 50 jaar oud is, vra hulle nog steeds vir hul ma wie hul pa is.”

In Die kruppel engel skryf Kock oor só ’n kind, Tina, wat na die identiteit van haar pa soek. Daar is ook ’n karakter, Jakob, in Die kruppel engel, wat Tina bystaan. Dié geskende karakter is gegrond op ’n werklike persoon wat Kock deur die sopkombuis op die dorp ontmoet het.

Kock wou spesifiek oor hierdie onderwerp skryf omdat “daar soveel mense is wat by grootmaakouers groot word. Dis ‘n tema waarby baie mense kan aanklank vind”.

Alhoewel Die kruppel engel as ’n jeugboek geklassifiseer kan word aangesien die hoofkarakter ’n tiener is, sê Kock dat sy nie spesifiek vir jongmense geskryf het nie. “Ek skryf in elk geval nie ‘af’ na jongmense nie, so enigeen sal die boek kan lees.”

Louis Esterhuizen van Protea Boekwinkel het daarop gewys dat hierdie die tipe boek is waarin die Woordeboek van die Afrikaanse Taal ook belang sal stel, omdat Kock dit regkry om die eiesoortige Afrikaanse uitdrukkings van die mense in daardie omgewing vas te vang. Kock het vertel dat sy gereeld ongesiens notas geneem het van die uitdrukkings wat die mense in die Noord-Kaap gebruik en dat dit neerslag gevind het in die roman.

Tydens die geleentheid vir vrae het prof Albert Grundlingh uit die gehoor opgemerk dat Die kruppel engel die tipe verhaal is wat dikwels deur gewone geskiedskrywing misgekyk word. Hy het Kock bedank dat sy hierdie boek geskryf het en gesê hy sien uit daarna om dit te lees.

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:

* * * * * * * *

Facebook-galery

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!



» read article