Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Food’ Category

Don’t miss the launch of Life on a Table by International Gourmet Chef Award winner Antoinette De Chavonnes Vrugt

NOTE: Unfortunately Antoinette de Chavonnes Vrugt’s flight from Shangai to Hong Kong was delayed and we will have to reschedule her South African launch at a later stage.

Watch this space!

Invitation to the launch of Life on a Table by Antionette de Chavonnes Vrugt

 

Life on a Table: Stories from my Namibian kitchenProtea and Venture Publications invite you to the launch of Antionette de Chavonnes Vrugt’s Life on a Table: Stories from my Namibian kitchen.

Antionette de Chavonnes Vrugt is the winner of the 2016 International Gourmet Chef Award for African Cookbooks.

The launch will take place on Thursday, 2 June at the Protea Bookshop in Hatfield.

Don’t miss it!

Event Details

  • Date: Thursday, 2 June 2016
  • Time: 6:30 PM for 7:00 PM
  • Venue: Protea Bookshop
    1067 Burnett Street
    Between Hilda and Festival Street
    Hatfield
    Pretoria | Map
  • Parking: Opposite Protea at the Fields Centre, parking entrance in Hilda Street
  • RSVP: Protea Bookshop, eddington@proteaboekwinkel.com, 012 362 3444

Book Details


» read article

Klassieke verhale nou ook in Afrikaans: Kronieke van Narnia deur CS Lewis

Die eerste vier boeke in CS Lewis se klassieke Kronieke van Narnia-reeks verskyn eersdaags op Protea se rakke:

Die towenaar se nefie

 
Die towenaar se nefieTydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die leë huis langsaan verbind. Digory is seker hulle gaan ’n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan ’n beloning kry. As ’n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper ’n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in ’n geheime werkkamer afkom. Maar dan laat ’n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn – en ontaard die vervelige somer in ’n naelbytavontuur.

Die eerste avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia-reeks.

Die leeu, die heks en die klerekas

 
Die leeu, die heks en die klerekasToe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by ’n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met dié dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wêreld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nêrens. Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe ’n groot klerekas staan nie. Dít, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van ’n woud staan. Dis aand, en daar’s sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwêreld van Narnia beland.

Die tweede avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia – meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Die perd en sy seun

 
Die perd en sy seunToe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs ’n bietjie verlig. Hy’t in elk geval nog nooit soos ’n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur ’n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoë berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging lê nog voor hom: “As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.”

Die derde avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia.

Prins Kaspian

 
Prins KaspianDie vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik ’n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en ’n minuut later Susan en Peter ook. In ’n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in ’n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeër hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is ’n ruïne en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer ’n vrolike en vry land te maak.

Die vierde avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia-reeks.

Oor die outeur

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke.

Boekbesonderhede


» read article

“’n Knetterende vuurtjie, ’n sissende ketel”: Keina Swart beproef kampkos

Bleek Bennie se woeste hoesKinderboekskrywer Keina Swart skryf in Die Burger dat die winterseisoen in Suid-Afrika vir baie sinoniem is met wildtuin-, jag- of kampeertyd en dus moet die buitekokke bontstaan om heerlike buitelug-disse op te tower.

Swart het oor die jare se kamp heen baie respte beproef en bymekaar gemaak. Sy deel drie van hulle met lesers.

Kosmaak is ’n oermanier waarmee jy vir mense kan wys jy het hulle lief, sê dié wat weet.

In vandag se gejaagde lewe het dié ene egter vir baie werkende ouers so effe agterweë gebly. Kosmaak het vir baie wérk geraak — en vrek harde werk daarby.

Dis amper of ’n mens skoon nostalgies raak as jy net dink aan buitetafels wat kreun onder die bakke en jou liefmense wat weglê dat die vet teen hul gesig afloop.

Boekbesonderhede


» read article

Recipes: Johan Badenhorst’s Yassa Chicken and Olive Potbread

VoetsporeLeisure Wheels has shared two of Johan Badenhorst’s classic West African dish Poulet Yassa and olive potbread. Badenhorst is the author of Voetspore: Van Casablanca tot die Kaap and hosts the Voetspore television series.

Poulet Yassa

(aka Senegalese Chicken)

What you need

2 whole chickens, cut into pieces

4 to 6 onions – chopped

1 to 3 hot chillies – chopped

Juice of 4 to 5 lemons

2 tbs Dijon mustard

100ml peanut oil

Salt and pepper to taste

3 tbs cooking oil

Book details


» read article

Louise Labuschagne gesels met Annette Human oor Welgedaan!

Welgedaan!Welgedaan! deur Annette Human is ‘n “kosboek en natuurboek…En dan ook kyk-en-kuierboek”, want Human deel nie net resepte in dié boek nie, maar ook ‘n stukkie van haar en haar man, Chris Wagner, se plaas Hoogland.

Human se kos is “aards en lekker”. In ‘n onderhoud met Louise Labuschagne het sy gesê: “Ek bly maar ’n ou vir gewone kos”. Haar man het die natuurlike sonlig op hul plaas gebruik om die heilsame disse af te neem en dit word langsaan natuurfoto’s aangebied. Human verduidelik hoe hulle te werk gegaan het om die boek te skep:

Die kosskrywer Annette Human klink so ’n bietjie soos Meryl Streep in die epiese rolprent Out of Africa. In dié rolprent sê Streep: “I had a farm in Africa at the foot of the Ngong Hills…”

En Human: “Ons woon op ’n baie mooi plaas in ’n baie mooi omgewing. Die Here is vir my so goed om al die mooi te gee; ek wil dit deel…”

Boekbesonderhede


» read article

Foto’s van die bekendstelling van Annette Human se nuwe kookboek Welgedaan!

Welgedaan!Protea Boekhuis het onlangs bobaaskok Annette Human se nuwe kookboek Welgedaan! bekendgestel. Martjie Bosman het met Human oor haar resepte gesels en met haar man, Chris Wagner, oor sy foto’s wat in die boek opgeneem is.

Het jy dit misgeloop? Kyk dan gerus die foto’s wat Daan Prinsloo by die geleentheid geneem het en sluit by ons volgende bekendstelling aan vir ‘n glas wyn, ‘n versnapering en ‘n heerlike boekgesprek:

 

Annette Human en Martjie Bosman

Chris Wagner gesels oor sy foto’s in Welgedaan!

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Annette Human se resepteboek Welgedaan! in Pretoria

Welgedaan!Protea Boekhuis nooi jou en ‘n metgesel vriendelik uit om die bekendstelling van Annette Human se Welgedaan! oor ‘n glasie wyn en ‘n versnapering te vier.

Sluit op 11 Junie 2011 om 10:30 by ons by Minnistraat 8 in Clydesdale, Pretoria, aan.

Sien jou daar!

Besonderhede van die bekendstelling

Boekbesonderhede


» read article

Annette Human se resep vir dekadente miljoenêrskoek

Welgedaan!Annette Human is ‘n staatmaker wanneer dit by resepte kom. Daarom het die tydskrif Shape nie gehuiwer om Human se resep te raadpleeg vir die perfekte miljoenêrskoek nie. Selfs hierdie gesondheidsbewuste tydskrif kan nie dié dekadente sjokoladekoek met ‘n goeie skeut brandewyn weerstaan nie.

Kry die resep (in Engels) hieronder. Daar is nog baie meer (Afrikaanse) resepte van Annette Human in die boek Welgedaan! versamel.

This is the ever-reliable Annette Human’s recipe – it is utterly delicious and desperately indulgent. Don’t say we didn’t warn you!

Serves 10

Ingredients

1 1/2 C (375 ml) brown sugar
1 C (250 ml) water
1/5 C (50 ml) brandy
1 C (250 ml) cake flour
2 T (30 ml) baking powder
pinch salt
200 g dark chocolate
250 g unsalted butter
5 large eggs

Topping: 200 g dark chocolate 1/5 C (50 ml) milk

Instructions

Preheat oven to 180C.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Shape


» read article

Annette Human se lekker beskuitresep

Welgedaan!Annette Human is ‘n bobaaskok wat al vele resepteboeke die lig laat sien het. Protea Boekhuis het pas haar kookboek Welgedaan! uitgegee. Human se man, Chis Wagner, het die foto’s geneem en benewens die heerlike resepte bevat die boek ook Human se vertellinge oor die plaas- en natuurlewe.

Rainbow Nation het een van Human se lekker resepte op hul webtuiste geplaas. Na aanleiding van die persoon wat dit geplaas het se kommentaar, blyk dit dat hierdie beskuitresep sommer ‘n hele honger rugbyspan sal kan voed:

This recipe comes from Annette Human’s cookbook. I’ve tried and tested it and not only do they taste good, the recipe makes loads. Make sure you have plenty of space to dry out the rusks. I ended up putting them in the airing cupboard!

Ingredients
700g bought muesli
Rusk dough
700g butter/margerine
500g sugar
750ml buttermilk
1,5kg self-raising flower
40g baking powder
7ml salt

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Drizzle and Dip


» read article

Nuwe kookboek: Welgedaan! deur Annette Human

Welgedaan!Die lekkerlees-kookboek Welgedaan! bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes én vir die onthaal van gaste.

Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is.

Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar ’n probleem kan wees! Chris Wagner se puik foto’s en Annette se vertellinge oor die plaas- en natuurlewe maak hierdie voortreflike kookboek ook sommer ’n koffietafelboek.

Oor die outeur

Annette Human is die skrywer van onder meer Huisgenoot Wenresepte Omnibus, Die nuwe, beter kortpadkos, Lekker vir later en Annette Human se raakvat-resepte.

Boekbesonderhede


» read article