Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Archive for the ‘Health’ Category

Betsie Rood Identifies the Healing Properties of Indigenous Plants in Nature’s Own Pharmacy

Nature\'s Own PharmacyNew from Protea Books, Nature’s Own Pharmacy by Betsie Rood, a translation of Uit die Veldapteek:

This publication is a comprehensive collection of South African “veld” remedies. Betsie Rood supplies the botanical name, popular names and description of each and every indigenous plant species, as well as its range of uses. This book is a national treasure, not only because it collects centuries’ worth of knowledge, remedies and tips, but also because the various uses to which different local cultures put the same plants are listed in full.

About the author

Betsie Rood was a well-known researcher-writer and an expert in culinary matters and natural medicine. In her lifetime she wrote several cookbooks, including Betsie Rood’s 101 Traditional South African Recipes.

Book details


» read article

Dr Dawie van Velden stel bundel Huisgenoot-rubrieke, Die dokter as vennoot, bekend

Dawie van Velden

Die dokter as vennootDit was vir dr Dawie van Velden ‘n verrykende uitdaging om van 2006 tot 2011 die mediese rubriek in Huisgenoot te skryf en honderde lesers se mediese vrae te beantwoord. Dit het hom geleer om die fyn balans tussen die belange van drie groepe – wetenskaplikes, joernaliste, en die algemene publiek – te handhaaf.

Só het Van Velden Saterdag by die bekendstelling van sy bundel Huisgenoot-rubrieke, Die dokter as vennoot, by Protea Boekwinkel op Stellenbosch, vertel. Die media wil graag sensasionele opskrifte hê, het Van Velden verduidelik. Hulle wil verkondig: “‘n Geneesmiddel is gevind!”. Daarteenoor is wetenskaplikes baie versigtig om sulke uitsprake te maak. Hulle weet dat ‘n hipotese eers verskeie kere getoets moet word en dat nuwe inligting later beskikbaar kan word, wat ‘n bepaalde bevinding in twyfel trek.

“Wetenskaplikes kan tot ‘n mate by joernaliste leer en joernaliste kan weer by wetenskaplikes leer,” het Van Velden gesê. Daarom het hy, toe hy al lank self reeds mediese wetenskappe doseer het, vir ‘n kursus in Joernalistiek ingeskryf.

Die belangrikste oorweging in Van Velden se taak as mediese rubriekskrywer, was egter die lesers. Dit is húl vrae wat hy moes beantwoord.

Dit was vir Van Velden ongewoon om ‘n diagnose op ‘n brief te baseer, want “soos elke dokter weet, word baie tydens ‘n konsultasie van die pasiënt se lyftaal afgelei”. Maar hy het sy bes probeer om elkeen se probleme aan te spreek.

Volgens Van Velden het dit hom as geneesheer verryk, want wanneer daar ‘n kwaal was waarmee hy nog nie vantevore te doen gekry het nie, het hy by kollegas en spesialiste gaan aanklop. Sodoende het hy sy eie kennis uitgebrei.

In sy soeke na raad oor goedkoper of natuurliker vorme van genesing vir die tydskrif se lesers, het Van Velden ‘n belangstelling in holistiese en alternatiewe metodes ontwikkel. “Ek het teruggekeer na Hippokrates,” het Van Velden gesê. “Na oefening, voedsel, musiek en meditasie.”

Van Velden se rubriek in Huisgenoot het tot ‘n einde gekom, maar dit is nog lank nie die laaste sien van die goeie dokter nie. Volgende jaar gaan Van Velden se tweede boek, getiteld Die pasiënt as vennoot, verskyn, wat spesifiek op ‘n holisitiese benadering tot gesondheid sal fokus.

*****

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:


By bekendstelling van Die dokter as vennoot deur Dr Dawie van Velden ( @ProteaBoekhuis ) #livebooks http://t.co/HtE9EKKless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply



Esterhuizen: “Dawie sal onthou word as persoon wat almal kwaad gemaak het omdat hy gese het meer as 3 glase wyn per dag nie goed” #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Dr Dawie v Velden nou aan die woord oor sy bundel rubrieke wat in @huisgenoot verskyn het Die dokter as vennoot #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Die briewe wat gekry het was interessant. Kon nie alles beantwoord. Moes by kollegas aanklop #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Moet wetenskapterme aanpas vir algemene publiek #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Mense kom met pseudowetenskap uit advertensies en valse inligting van internet #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Na natuurlike en goedkoper maniere van genesing vir briefskrywers begin kyk #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Sien mense wil graag meer oor gesondheid weet #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Genetiese profiele sal groot impak maak op mediese behandeling in toekoms #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Pasiente dikwels grootste leermeester. Hulle weet nie hoekom dit werk nie, maar hul doen sekere dinge wat hul gesond hou #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Van Velden: Byvoorbeeld Essie Haniball wat op 84 steeds gesond is van vrugte eet #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Naas Steenkamp: Bewonder Dawie vir onblusbare entoesiasme en nuuskierigheid #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply


Louis Esterhuizen spreek die laaste woord en die gesprek kom tot ‘n einde #livebooksless than a minute ago via Twitter for BlackBerry® Favorite Retweet Reply

*****

Facebook galery

Boekbesonderhede


» read article

Bekendstelling van Die dokter as vennoot deur Dawie van Velden by Protea Boekwinkel

Die dokter as vennootJy word harlik uitgenooi om op Saterdag, 27 Augustus te kom luister na dr. Dawie van Velden se gesprek oor sy boek Die dokter as vennoot, ‘n versameling van sy Huisgenoot-rubrieke, by Protea Boekwinkel op Stellenbosch.

Sien jou daar!

Besonderhede van die bekendstelling

Boekbesonderhede


» read article

Paul Murray Interviews UCT Book Prize Winner JC de Villiers About Healers, Helpers and Hospitals

Prof JC Kay de Villiers

Healers, helpers and hospitalsDwarstrekkers, dwepers en doktersPaul Murray interviewed JC de Villiers about his double volume medical history of the Anglo Boer War, Healers, Helpers and Hospitals, which he started working on in earnest in 1965 and published in 2009.

This year, De Villiers won the UCT Book Prize for this tome and his new Afrikaans volume of stories about interesting personalities from the war, titled Dwarstrekkers, dwepers en dokters, was published.

Murray asked where the idea to write a medical history of the Anglo Boer War came from, how the information was gathered and how the layout of the book was decided:

In the Preface of your book you say that your idea of writing a history of the medical aspects of the Anglo-Boer War evolved so slowly and so many factors contributed to its ultimate fruition that you would be hard pressed to pinpoint any one decisive event in this process. Your early experiences of exposure to the stories of veterans of the Anglo-Boer War include one of the factors, and you admit of the agency of good stories enabling a hearsay acquaintance with significant role-players and major events of the war in that region. Please can you elaborate on this, especially, as you say, referring to the stories you were told, “with all that story-telling as a source of historical fact implies”. Another factor you mention is an early recollection, specifically of the visit to Jacobsdal, the birthplace of your mother. While you admit it can be hard for a small boy as you were at the time to link up the idea of a church also being a hospital you nevertheless created the awareness in your mind of the treatment of wounds and diseases as a component of warfare. Please can you elaborate on these early experiences?

As I was ten years old in 1938, 36 years after the war had ended, the people who told about their experiences of the war were well over 50 years of age and I remember them as “old”. I distinctly remember two speeches during the festivities of the 1938 symbolic trek: one by General Wynand Malan and the other by Captain Slegtkamp, the master train saboteur during the war. All the oudstryders mostly seemed to remember the adventure of battle, narrow escapes and exceptional bravery displayed by fellow burghers. As this was in the then Western Transvaal the names of Generals De la Rey, Kemp, Liebenberg, Beyers and other Boer officers frequently recurred and became familiar. There was little bitterness against British soldiers in these stories, but what bitterness was expressed, was directed mainly at burghers who had forsaken the cause – the hands-uppers and joiners.

Book details

  • Dwarstrekkers, dwepers en dokters: Merkwaardige vertellings uit die Anglo-Boereoorlog by JC (Kay) de Villiers
    EAN: 9781869193799
    Find this book with BOOK Finder!

» read article

Nuut: Reguit raad van Huisgenoot se dr. Dawie van Velden in Die dokter as vennoot

Die dokter as vennootVan 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se mediese vrae in Huisgenoot beantwoord. Die dokter as vennoot is ’n versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde. Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in alledaagse Afrikaans verduidelik.

Dr. Dawie van Velden glo dat die dokter daar is om die publiek te help. Dit is waarom hy jare van sy tyd gewy het aan mense se navrae aan Huisgenoot oor hulle gesondheid, hulle lewens en hulle vrese. Met dié boek op jou koffietafel bly een van die gewildste huisdokters in Suid-Afrika jou gesondheidsvennoot.

Oor die outeur

Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.

Boekbesonderhede


» read article

Onderhoud met JC de Villiers, outeur van Healers, helpers and hospitals en Dwarstrekkers, dwepers en dokters

Dwarstrekkers, dwepers en doktersHealers, helpers and hospitalsProf JC (Kay) de Villiers was ongeveer 44 jaar lank met sy “magnum opus”, Healers, Helpers and Hospitals: A History of Military Medicine in the Anglo-Boer War Volume I and Volume II besig. “Nie voltyds nie, maar dit was altyd aan die een kant, dit was altyd ’n agtergrondsgedagte,” het De Villiers vroeër vanjaar aan Murray la Vita gesê.

Op universiteit het sy vriend Edmund Burrows ‘n mediese geskiedenis van Suid-Afrika geskryf, maar dit het by die Anglo-Boereoorlog geëindig. Burrows het voorgestel dat De Villiers die mediese geskiedenis van die ABO skryf. De Villiers het oor die onderwerp begin lees. “Die Britse goed was betreklik maklik om te kry, want dit was opgeteken in al die mediese tydskrifte en so aan. Maar daar was minder aan die Boerekant. Jy moes wyer lees.”

Healers, helpers and hospitals het in 2009 verskyn. De Villiers is pas met die Universiteit van Kaapstad se 2011 Boektoekenning vir dié twee volumes vereer. De Villiers se nuwe Afrikaanse boek, Dwarstrekkers, dwepers en dokters, waarin hy oor interessante figure uit die mediese geskiedenis van die ABO skryf, het verlede maand by Protea Boekhuis verskyn.

“Boet, hierdie kerk was ’n hospitaal in die oorlog.”

Dié woorde van ’n ma aan haar sewejarige seun het gelei tot Heal­ers, Helpers and Hospitals – A History of Military Medicine in the Anglo-Boer War Volume I and Volume II.

Die seun in die verhaal is prof. J.C. (Kay) de Villiers, neurochirurg en geskiedkundige. Dit is hý wat dié reusewerk oor die mediese geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog geskep het.

Boekbesonderhede

  • Dwarstrekkers, dwepers en dokters: Merkwaardige vertellings uit die Anglo-Boereoorlog deur JC (Kay) de Villiers
    EAN: 9781869193799
    Find this book with BOOK Finder!

Foto te danke aan Die Burger


» read article

Prof JC de Villiers wins 2011 UCT Book Award for Healers, Helpers and Hospitals

Healers, helpers and hospitalsAt the UCT June graduation this week, Prof Jacquez Charl (Kay) de Villiers will receive the prestigious 2011 UCT Book Award for his two-volume medical history of the Anglo-Boer War, titled Healers, Helpers and Hospitals, published by Protea:

The fields of history and medicine converge in the 2011 UCT Book Award winner, Healers, Helpers and Hospitals: A history of military medicine in the Anglo-Boer War.

Written by Professor JC (Kay) de Villiers, who formerly held the Helen and Morris Mauerberger Chair of Neurosurgery at UCT, the two-volume work focuses on that far-reaching conflict, fought at a time when war killed more people through disease than through wounds.

Protea extends heartiest congratulations to Prof de Villiers!

Book details

Photo courtesy UCT


» read article

Die boek ervaar nie ‘n krisis nie, maar bemarking is baie belangrik

Duskant die donker/Before it darkensHanlie Retief gesels metSprakeloosVoortrekkerstamouers 1835-1845Volksgeneeskuns in Suid-AfrikaSoekerThe reminiscences of William ChapmanBiografie van 'n bende

Ek het onlangs my stem by die debat oor die toekoms van die boek op LitNet gevoeg. Ek glo nie die boek ervaar ‘n krisis nie, maar as publikasiebestuurder van Protea Boekhuis dink ek dis die uitgewer se plig om die groot aantal mense wat harde werk aan ons toevertrou, aan die publiek te probeer verkoop. Dít is ’n uitdaging:

Is die boek werklik in ’n krisis? Dit is deesdae makliker, vinniger en goedkoper as ooit om ’n boek te maak. Laurens van Krevelen1 het hierdie punt deeglik gemaak in sy stuk. Riana Barnard se antwoord2 op Van Krevelen was eweneens puik, en het hierdie punt nog verder onderstreep. Om die waarheid te sê, jy het nie eers meer ’n uitgewer nodig nie. Enigeen kan deesdae boeke maak.

Ek weet selfs van skrywers wat opsetlik nié van uitgewers gebruik wou maak nie:

1. Elise van Wyk het gekies om haar teks Miriam Dans, en die Engelse vertaling Mariam Dancing, self uit te gee, ten spyte van aanbiedinge deur formele uitgewers.

2. Leon von Moltke, blogger van formaat, en Rosie Breuer, ’n boek-, kuns- en voëlkenner van Stellenbosch, het pas hulle eie kinderboeke uitgegee.

3. Die aktrise Elma Potgieter het besluit om Crink, On the Dot se aanlynuitgewer, te gebruik om haar riller Slagveld te loods.

Die lys is langer, maar die punt is gemaak. Nou sou die vraag seker wees: Waarom sou uitgewers dan aanhou bestaan? Van Krevelen se stuk het grootliks gehandel oor die markkragte wat uitgewers noop om hulle lyste te snoei, of om mekaar uit te koop.

Boekbesonderhede



» read article

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika: Nie alle boererate is nonsens nie (Plus: Rate vir sinusitis)

Volksgeneeskuns in Suid-AfrikaSommige boererate kan ‘n mens nogal kan laat glimlag. Heelwat van die 8705 boererate wat in die boek Volksgeneeskuns in Suid-Afrika versamel is, sal byvoorbeeld die lagspiere kiele, want dit berus op bygeloof, tradisionele mondeling oorlewing en veldkennis. Uit hierdie geskiedenis is dit interessant om te sien hoe ons mediese kennis ontwikkel het.

In die boek word daar byvoorbeeld na die gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer verwys. Maar alle boererate moet nie as nonsens afgemaak word nie. Health24 het ‘n paar boererate vir sinusitis beproef en ‘n lys opgestel van dié wat kan werk.

Die volgende boererate kan help om jou sinusse ordentlik te dreineer.

Drink ekstra vloeistowwe om mukus (slym) te verdun. Drink ten minste 8 glase (15 tot 20 is ideaal) water per dag. Party sinusitis medikasies mag jou dors maak.

Asem klam lug van ’n bevogtiger, ’n warm stort of wasbak met warm water in. Verhoog die humiditeit in jou huis, veral in die slaapkamers. (As jy allergieë het, hou die humiditeit onder 50% om die groei van swamme en stofmyte te keer.)

Boekbesonderhede


» read article

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika en boererate vir verkoue

Volksgeneeskuns in Suid-AfrikaMet die reën wat swaar in sekere dele van Suid-Afrika val is daar seker heelparty mense wat met ‘n knaende verkoue sukkel. Daar bestaan baie boererate wat beweer om hierdie algemene siekte te genees.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het probeer om elke moontlike boereraat vir verkoue en enige ander kwaal in Volksgeneeskuns in Suid-Afrika te versamel. Soms is hierdie 8705 inskrywings nogal baie vermaaklik!

Op Boererate.com word twee oplossings vir ‘n verkoue verstrek. Een boereraat sê jy moet dadelik in ‘n Engelse soutbad klim as jy ‘n verkoue het. ‘n Ander een beweer ‘n mengsel van salie, suiker, borsdruppels en suurlemoensap sal jou gesond maak.

Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

Boekbesonderhede


» read article