Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Interviews’ Category

“Ek wou ’n swaar, seer bundel met ’n korrel hoop eindig” – Fourie Botha bespreek Krap uit die see

Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha.

Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit.

Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.

Fourie word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit.

In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad.

Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel Nuwe Stemme 4, waarna hy debuteer met die digbundel Donkerkamer in 2011.

Louis Esterhuizen het onlangs Krap uit die See met Fourie bespreek. Hulle gesprek is op Versindaba se webblad geplaas:

Fourie, van harte geluk met jou tweede digbundel, Krap uit die see. Volgens my is hierdie bundel nie net ’n bestendiging van jou digterskap nie, maar ’n baie sterk vooruitbeweeg sedert jou reeds debuut, Donkerkamer (2011: Queillerie). Uiteraard is daar altyd meer druk op ’n skrywer met ʼn tweede publikasie ten einde aan die verwagting wat met die debuut gestel is, te voldoen. Hoe voel jy persoonlik, terugskouend, oor die openbare reaksie op jou debuutbundel?

Baie dankie, Louis. Ek was dankbaar vir die ontvangs van Donkerkamer. Dit was ’n bundel waaraan ek lank gewerk het en waarmee baie mense my gehelp het. Ek sal die persoonlike boodskappe van lesers en digters uit die bloute altyd onthou.

In welke mate het jy met Krap uit die see probeer voortskryf op jou debuut en in watter opsig(te) gaan jy vernuwend te werk?

Sommige temas in Krap uit die see sluit aan by Donkerkamer, maar dié slag is daar geen visuele materiaal in die boek nie. Die toonaard van die tweede bundel is ook anders. Baie van die gedigte is kort ná Donkerkamer begin, so ek hoop lesers wat van die eerste gedigte gehou het, hou ook van die nuwes.

Die omslag van jou digbundel vind ek besonder interessant. Hoekom juis dié foto en watter verband bestaan daar tussen dié foto en die gedigte?

Dit was die eerste voorstel wat my uitgewer vir my gestuur het en ek het onmiddellik daarvan gehou. Die beeld het sy in ’n boek wat in 1907 verskyn het opgespoor en dit het vir my baie goed by die bundel gepas. Die man wat met die krap worstel, of miskien dans. Amper een gedierte word. Die feit dat dit ’n Oosterse man op die omslag is, was ook ’n gelukskoot: dit het my forseer om ’n gedig wat ek reeds in Donkerkamer se dae probeer skryf het, uiteindelik klaar te maak: “Chang Bunker aan sy Siamese broer, Eng”.

Die gedigte in hierdie bundel is in vier afdelings verdeel, met ’n enkele gedig, “Krappegesang”, as programgedig. Die vier afdelings is: Laagwater, Vuisneste, Rakende en Dryf. Volgens watter ordeningsprinsipes het jy op hierdie indeling besluit?

Ek wou gedigte oor jeugervarings vroeg hê, om aan te sluit by die jeugverse van die vorige bundel. Dan verloop die gedigte chronologies, amper soos ’n lewe: daar is woedende liefdesteleurstellings, daarna gedigte wat met die buitewêreld te make het. Die laaste afdeling wou ek ligter hê; sonder die skuim om die mondhoeke wat die gedigte vroeër in die bundel het.

Twee van die aangrypendste gedigte in dié bundel is volgens my die twee sluitverse: “See” (p.58) en “Mosambiek” (p.59). In eersgenoemde lees ons van die see as reliëf van verlies, terwyl laasgenoemde weer daarop dui dat die wêreld (moontlik) met laagwater sou kon terugtrek soos ’n krap in sy nuwe dop. “Geseënd is jy, geseënd,” sing die see. Volgens my lê die tematiek van hierdie bundel in die teenstelling tussen dié twee gedigte vasgevang: enersyds die reliëf van verlies, dog andersyds die seën van ’n nuwe begin. Sou jy kon akkoord gaan met so ’n beskouing?

Die ou idee van die ouroboros, die slangetjie wat sy eie stert sluk, was in my gedagtes toe ek dié twee gedigte gekies het om die bundel mee af te sluit. Ek wou ’n swaar, seer bundel met ’n korrel hoop eindig. Met ’n weerbegin. Dieselfde truuk as met die slotgedig in Donkerkamer. Om iets uit te krap is nie net seer nie, dit bring ook verligting.

’n Besonder interessante tematiese inspeling wat ek met die lees van hierdie gedigte registreer, is Peter Blum se “Man wat mal word”; by tye baie direk soos met “On the rebound 11” (p.25) ) en dan weer meer subtiel soos met “Mondwerk” (p.51). Ook in ander gedigte is daar suggesties van waansin. Trouens, reeds met die openingsgedig, “Krappegesang” (p.7) lees ons: “Jirre, hoe jeuk, hoe krap dit nie / in hierdie skedelpan van my kop? / Ek wil jou skud soos ’n blik spykers, / witvleise uit jou doppe skraap.” Na die beste van my wete is dit die eerste keer in afgelope tye dat waansin so deurlopend as leitmotief in ’n Afrikaanse bundel ontgin is. Is daar ’n bepaalde rede hiervoor, gegewe die tydsgewrig waarbinne hierdie verse tot stand gebring is?

Dit was vir my ’n interessante eksperiment om te sien hoe ek my ingehoue self tot by die rand van ’n “rant” kon kry. Ek wou die tipe waansin van liefdesverhoudings wat aan die misluk was as ’n soort waansin of selfs ’n besetenheid uitdruk. Ek het met Wordsworth se “emotion recollected in tranquility” gestoei. Hoe hou jy die woede woedend as jy die besigheid netjies in ’n gedig moet verpak?

Lees die res van hulle onderhoud hier.
 

Krap uit die see

Boekbesonderhede


» read article

Lees ’n onderhoud oor die Verbeel Dit!-illustrasiekompetisie

Protea Boekhuis loods tans hulle ‘Verbeel Dit!’-kompetisie. Dié kompetisie is spesifiek gerig op unieke, oorspronklike illustrasies vir kinderboeke wat nog nie voorheen gepubliseer is nie.

Verbeel Dit! maak deel van die jaarlike internasionale Picture This-illustrasiekompetisie wat ook in Engeland, Nederland, Duitsland en België plaasvind.

Indien jy gaande is oor kinderboeke en daarna streef om kinderboeke te illustreer, besoek Picture This se webblad vir verdere inligting om jou droom te bewerkstellig.

Die sluitingsdatum is 15 Mei 2017.

LitNet se Naomi Meyer het onlangs met Rentia Bartlett gepraat om meer oor die kompetisie uit te vind.

Rentia, ek sien ’n illustrasiekompetisie word aangebied vir illustreerders in verskillende lande. Wie mag deelneem? Moet ’n illustreerder reeds ’n professionele agtergrond of opleiding as kunstenaar hê?

Protea Boekhuis organiseer en bemark die kompetisie in Suid-Afrika, maar enige illustreerder van enige land ter wêreld mag deelneem. Jy hoef geen agtergrond as illustreerder of kunstenaar te hê nie. Trouens, indien jy reeds ’n kinderboek illustreer het, of die illustrasies van ’n gepubliseerde kinderboek gedoen het, mag jy ongelukkig nie deelneem nie. Jy mag wel deelneem as jy ’n opvoedkundige boek geïllustreer het of illustrasies vir ander genres gemaak het (soos byvoorbeeld gedigte, volwassenefiksie, boekomslae ens).

Is julle op soek na illustrasies vir spesifieke kinderboeke, en watter ouderdomsgroepe is ter sprake? Of kyk julle na illustrasies (saam met stories) wat as nuwe en oorspronklike werk uitgegee kan word?

Ons is nie op soek na illustreerders vir spesifieke kinderboeke nie en daar is ook geen ouderdomsgroep ter sprake nie. Ons is eerder op soek na talent. Ons wil graag die geleentheid gee vir kunstenaars en illustreerders om blootstelling te kry. Die idee is nie dat die spesifieke illustrasies wat ingeskryf word vir ’n spesifieke boek gebruik word nie, maar dat internasionale uitgewers bewus kan word van die kunstenaar en illustreerder. Die wenkunstenaars se werk word in ’n internasionale katalogus gepubliseer en aangebied aan die top internasionale uitgewers by die Bologna-kinderboekbeurs in 2017. Ook word die wenkunstenaars se werk deel van ’n internasionale reisende tentoonstelling in verskillende lande.

Waarna kyk die beoordelaars? Moet ’n illustrasie noodwendig mooi wees, of realisties? Wanneer weet jy iets is besonders?

Natuurlik kan ek self nie sê waarna die beoordelaars hierdie jaar sal kyk nie. Maar as ek die wenners van 2015 beskou, kan ek sien dat daar beslis ’n voorkeur vir unieke styl en goeie tegniek was. Wat maak ’n kinderboek vir my persoonlik besonders? Ek dink dit is belangrik dat ’n prenteboek kinders se verbeelding moet aangryp en dat dit genot moet verskaf. Is dit ’n illustrasie wat jou asem wegslaan omdat dit ’n wêreld optower wat tot die verbeelding spreek? Só moet ’n wenillustrasie lyk!

Lees die volledige onderhoud hier.


» read article

Martjie Bosman gesels met Johann Lodewyk Marais oor Vloeibare middelpunt (Plus: Twee resensies)

Vloeibare middelpuntJohann Lodewyk Marais het vroeër vanjaar met Martjie Bosman gesels oor haar jongste digbundel, Vloeibare middelpunt. Hierdie bundel, Bosman se derde, het vanjaar by Protea Boekhuis verskyn en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is.

In die onderhoud gesels Bosman oor die temas van haar vorige bundels wat in Vloeibare middelpunt voortgesit word, onder meer haar ervarings in landelike gebiede. Sy gesels ook oor nuwe temas wat in die bundel ter sprake kom, soos die begrip “woon” en die verskuiwing na stedelike ruimtes in haar verse.

“Die ruimtes waarin ek my bevind is belangrike stimuli vir my gedigte,” vertel Bosman, en verduidelik verder hoe haar verse beïnvloed word deur haar werk by die SAUK en Protea Boekhuis.

Lees die onderhoud:

Marais: Vloeibare middelpunt se eerste motto is die beroemde Duitse liriese digter Friedrich Hölderlin (1770–1843) se woorde “… dichterisch/ wohnet der Mensch auf dieser Erde”. Hölderlin se woorde het sterk neerslag in die Duitse filosoof Martin Heidegger (1889–1976) se werk gevind. Wat het jy met die motto beoog?

Bosman: Die begrip “woon” is een van die temas wat in hierdie bundel ter sprake kom. In ’n tyd waarin baie Afrikaanssprekendes toenemend vervreemd voel, emigrasie oorweeg, onseker is oor ’n toekoms in Afrika, was die vraag oor my hierwees in Suid-Afrika oor die afgelope paar jare dringender as tevore, en al het ek dit nie noodwendig so beplan nie, handel heelwat van die gedigte in die bundel oor tuiswees teenoor ontheemd voel. Daar is ook die dubbelslagtigheid wat ’n Westerling in Afrika voel: Ek het my land diep lief, maar daar is ook die vreemde gewaarwording van tuis wees in Wes-Europa en met die Europese waardes en kultuurgoedere waarsonder ek nie my lewe kan leef nie. Miskien was Heidegger se lesing “Bauen Wohnen Denken” (5 Augustus 1951), waarmee ek in my derde jaar in die Wysbegeerteklas kennis gemaak het, maar altyd in die agterkop. Vir Heidegger lê die begrip Schonen aan die basis van outentiek woon: Dit beteken dat ’n verhouding van ontsien, bewaar, spaar, in orde hou, bestaan tussen die mens of die sterflikes, soos hy dit noem, en das Geviert, of die Viervoud. Daaroor het ek die reeksie “Viervoud” geskryf wat in Landelik opgeneem is.

Lees ook twee resensies oor Vloeibare middelpunt deur Dewald Koen (LitNet) en Joan Hambidge (Woorde wat weeg):

Lesers moet hulself nie deur die ooglopende eenvoud van sommige gedigte laat mislei nie. Bosman se spel met woorde is soos ’n goedgeorkestreerde simfonie van klanke en beelde wat die sintuiglike waarnemingsvermoë van die leser op kreatiewe wyse prikkel.

‘n Goeie gedig word uiteindelik méér as die boodskap; vra vir verskillende maniere van lees en taksering, soos Vloeibare middelpunt bewys.

Dis ‘n ryk bundel – vir herlees, nadink en weer besoek. Veral die reis- en landskapverse maak ‘n unieke bydrae tot hierdie sub-genres.

Die voorblad van Ryan Loubser, “Spookhuis in die reën”, is werklik besonders.

Boekbesonderhede


» read article

“Op die grens tussen oorvloed en skaarste” – Ena Jansen gesels oor Soos familie (Video)

Ena Jansen en Cecilia Magadlela

 
Soos familieKort na die Johannesburgse bekendstelling van Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste was Ena Jansen ‘n gas op kykNET se aktualiteitsprogram Prontuit.

Kabous Meiring het die skrywer gepols oor hierdie boek wat ondersoek instel na huiswerkers as die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing.

Op Meiring se vraag of dit steeds moeilik is om vir die huiswerker ‘n stem te gee, sê Jansen dat sy versigtig is vir die sticky web of representation: “Die punt is dit lê nie eintlik aan ons nie.” Sy gaan voort en verwys na Eva Krotoa, Jan van Riebeeck se kinderoppasser oor wie hy baie geskryf het. “As ‘n mens na sy dagboek kyk dan sien jy dat hy haar ‘n paar keer direk aanhaal, maar ‘n mens hoef nie namens almal in die land te praat nie, daar is meer as genoeg mense wat self kan praat.”

Jansen stel veral beland in die verwantskap tussen letterkunde en geskiedenis: “Huiswerkers, huiswerk, is ‘n soort historiese konstante; dit is voortdurend ‘n onderdeel van die Suid-Afrikaanse leefwyse. Eintlik kan jy sê almal van ons is ervaringsdeskundiges: jy is of aan ‘n kant waar jy gewoond was dat jou ouers huiswerkers in diens geneem het; of jy is ‘n kind van ‘n huiswerker en het grootgeword eintlik sonder dat jou ma dikwels by die huis was.”

Kyk na die video (deel 1):

YouTube Preview Image

 
Kyk ook na die tweede deel van die onderhoud, waar die skrywer gesels oor die invloed wat Zukiswa Wanner gehad het op die uitbeelding van die huiswerker.

Meiring vra ook of Jansen dink dat huiswerk ‘n monument van apartheid of ‘n ekonomiese noodsaaklikheid is. Die skrywer gesels oor die huiswerker-karakters in stadstekste wat voortdurend leef op die grens tussen oorvloed en skaarste en die interafhanklikheid tussen werkgewer en werknemer.

Kyk na die video (deel 2):

YouTube Preview Image

 
Verwante skakels:

 

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Arnon Grunberg gesels oor sy roman Tirza tydens sy besoek aan Suid-Afrika

TirzaDie Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) het vroeër vanjaar die bekende Nederlandse skrywer Arnon Grunberg uitgenooi om Suid-Afrika te besoek.

Die skrywer het aan verskeie boekgeleenthede deelgeneem, onder meer ‘n gesprek met Lina Spies by Protea Boekwinkel Stellenbosch oor Tirza, Grunberg se roman wat Spies na Afrikaans vertaal het. Die gesprek is gelei deur SASNEV se Karin Benjamin.

Izak de Vries het ‘n verslag geskryf oor Grunberg se besoek aan Suid-Afrika en die storie en foto’s op sy LitNet-blog gedeel.

Lees die artikel en loer na die foto’s:

 
Spies het by hierdie geleentheid gesê dat sy ook ’n besonder hegte band met haar pa gehad het, en dat dit die rede is waarom sy die boek so graag wou vertaal. (Tirza handel oor ’n besondere band tussen pa en dogter.) Lees gerus die artikel wat Spies geskryf het oor haar werk op Tirza.

Daar is ook gesels oor waarom ’n mens Nederlandse boeke moet vertaal na Afrikaans, en die redes het gou duidelik geword: Daar is soveel nuanseverskille tussen Afrikaans en Nederlands dat selfs diegene wat daar was en die gesprek in Nederlands en Afrikaans gevolg het, foute gemaak het.

Ilse Salzwedel het tydens Grunberg se besoek aan Suid-Afrika met die skrywer gesels oor sy indrukke van ons land wat hy al drie keer besoek het, die storie in Tirza, en die saadjie vir die boek wat onstaan het nadat hy in 2004 ‘n peetpa geword het.

Tirza het gegroei uit Grunberg se eie angs en kommer oor wat met sy peetkind sou gebeur, en gaan oor ‘n pa wat so bekommerd is oor sy kind se welstand dat hy haar wegsteek.

Die gesprek begin om 31:34. Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede


» read article

Dis vir ons baie belangrik dat kinders boeke moet geniet – Nicol Stassen (Potgooi)

Protea Boekhuis se direkteur Nicol Stassen het onlangs met Ilse Salzwedel op RSG se Skrywers en Boeke-program gesels oor al die internasionale kinderboeke wat op Protea Boekhuis se rakke in Afrikaans beskikbaar is.

“As ek eerlik moet wees is dit boeke wat ek self lees en geniet,” vertel Stassen oor hoe hy besluit watter klassieke kinderboeke na Afrikaans vertaal sal word. Hy vertel verder dat hy eerder humor bo lesse in kinderboeke verkies. “Dis vir ons baie belangriker dat die kinders die boeke moet geniet.”

Een van hierdie boeke, Hoe om jou draak te tem deur Cressida Cowell en vertaal deur Kobus Geldenhuys, is vanjaar ingesluit op die IBBY SA-ererol vir 2015. Geldenhuys het ook die Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir sy vertaling van Hoe om Drakonees te praat deur Cowell.

Stassen sê dat die boeke wat hy vandag kies om uit te gee grootliks bepaal word deur die stories wat hy as kind gelees en later aan sy kinders voorgelees het, soos byvoorbeeld Die tier wat kom tee drink het deur Judith Kerr en Neuskrap is lekker deur Daniela Kulot.

Hier is ‘n paar van die boeke waaroor Stassen gesels in die onderhoud:

Die tier wat kom tee drink hetNeuskrap is lekkerToe my kat nog klein wasMy kat, die mees verspotte kat ter wêreldNuus oor my kat
Asterix en die verlore papirusrolHoe om jou draak te temHoe om ’n draak se vloek te fnuikLillie die heksie by Dracula se kasteelDie Koning van KatorenMimus

 

Die gesprek begin om 31:00. Luister na die potgooi:

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 
Foto met dank van LitNet


» read article

“Taal en vertaling is soos kos: ’n ietsie van alles vir my, dankie!” – Amelia de Vaal

Amelia de Vaal

 
Amelia de Vaal is sedert 2011 ‘n redakteur by Protea Boekhuis, en uit haar vertalingspen het vele boeke al ‘n nuwe lewe in Afrikaans gekry.

In 2012 is De Vaal bekroon met die Elsabé Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans vir haar vertaling van Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters deur Wil Huygen.

Hier volg ‘n paar van die boeke op De Vaal se kerfstok, onder meer Mimus deur Lilli Thal wat verlede jaar op die rakke verskyn het:

MimusDie lewe en werke van kaboutersDie oproep van die kabouters
Lillie die heksie en die soektog na die verlore skatLillie die heksie en die bangbroek WikingLillie die heksie by Dracula se kasteelLillie die heksie se sirkusbetoweringLewende planeet

 
Vir wenke en wysheid oor vertaling, lees ons onderhoud met De Vaal:
 

Hoe en hoekom het jy begin vertaal?

Dit was ’n absolute gelukskoot: as dit nie vir Protea Boekhuis was nie, het ek dalk nooit in vertaling beland nie! Terugskouend beskou is dit egter tog een van daardie gelukskote wat met ’n netjiese paadjie teiken toe gevlieg het, want met ’n akademiese agtergrond in Afrikaans, Engels, Nederlands, Duits en Frans is vertaling seker ’n redelik voor die hand liggende bestemming! Ek het ná my studies (’n BA in Europese Tale, ’n BA in Joernalistiek en ’n MA in Afrikaans) by Protea Boekhuis aangesluit as redakteur – en in ’n relatiewe klein uitgewerspan, veral soos wat ons in die beginjare was, doen almal maar iets van alles. Vertaling het só eintlik onbepland deel van my portefeulje geword. My heel eerste vertaling was ’n kinderboek uit Duits: Ente, Tod und Tulpe deur Wolf Elbruch. Toe my man in 2010 na Portland, Oregon verplaas is, was ek bevoorreg genoeg om by Protea te kon aanbly. Die afstand maak sekere redakteurspligte moeilik – maar vir vertaling is dit ideaal. Deesdae doen ek omtrent 60 persent vertaalwerk en 40 persent redakteurswerk, afhangend van ons publikasielys.

Watter boeke is die lekkerste om te vertaal – romans, jeugverhale of kinderboeke?

Wat is die lekkerste, oggend-, middag- of aandete? Taal en vertaling is soos kos: ’n ietsie van alles vir my, dankie! Elke genre het sy eie uitdagings en unieke plesiere en ek geniet regtig énige vertaalprojek: dis verstommend hoe baie ’n mens léér deur te vertaal. As iemand dalk eendag in my Google-soekgeskiedenis sou moes rondsnuffel, sal hulle waarskynlik dink ek ly aan ernstige aandagafleibaarheidsindroom: dan slaan ek dinosourusname na, dan soek ek inligting oor Viking-gebruike, dan is ek aan die lees oor die Wilde Weste, dan soek ek na touspringrympies … As ek regtig moet kies, is “lang” kinderboeke en jeugromans die boeke wat my vingers die meeste laat jeuk: As ’n mens met ’n langer teks werk, infiltreer dit nogal jou dink en doen vir ’n geruime tyd – en dis lékker om so saam met ’n boek te leef!

Hoe benader jy ’n stuk werk voordat jy dit vertaal?

Dit hang absoluut af van die tipe werk – en natuurlik van die sperdatum! Met niefiksie volg ek gewoonlik die stoomroller-metode: begin eenvoudig vertaal en werk die teks van voor tot agter deur. Daarna volg ’n “blinkvryf”-rondte, spesifiek met die oog op konsekwentheid en deurlopende styl. Met fiksie verkies ek om die teks eers een keer aandagtig deur te lees, en met ’n potlood aantekenings op die hardekopie te maak. Daarna is dit maar weer stoomroller deur die vertaling – en ’n baie deeglike heen en weer skoon- en mooimakery as die rowwe vertaling eers in plek is.

Wat is die goue reël van vertaling?

Ek dink vir my is die goue reël dat elke teks uniek is, en dat ’n mens nie te veel vooropgestelde idees en reëls moet hê nie! Vertaal ’n mens ’n boek soos Annie MG Schmidt se Jip en Janneke, wat ’n absoluut gekanoniseerde stuk Nederlandse kultuurgoed is, móét ’n mens aanvaar dat dit tot ’n mate “soos ’n vertaling” gaan lees. Daar is nie weg te doen met die inherent Nederlandsheid van die teks nie; ’n mens kan dit nie na ’n Suid-Afrikaanse konteks verplaas nie; ’n mens kan hoogstens die leser help om die andersheid beter te verstaan. Ek dink ook daar’s ’n baie fyn balans tussen innoverend dink en vertaal – en óórskryf. ’n Mens kan nie altyd vertaal sonder dat die resultaat ánders as die oorspronklike oorkom nie. Maar ’n mens kan wel vertaal sodat die resultaat ewe helder, ewe musikaal en ewe suiwer klink – ’n kunswerk in eie reg.

As daar een boek in die wêreld is wat jy graag sou wou vertaal, wat sal dit wees?

Hmmm … daar is BAIE! Maar ek sal nie getrou wees aan my veertienjarige self as ek nie, binne die konteks van jeugboeke, die Anne of Green Gables-reeks eerste noem nie! (En nee, dit kan beslis nie Anna van die Groendakkies wees nie!) Deesdae is ek natuurlik ook weer baie bewus van die Amerikaanse kinderboekreeks Amelia Bedelia, wat my telkens laat wonder of dit nie uitgenip is om deur ’n Amelia vertaal te word nie … Op ’n ernstige noot sal ek besonder baie plesier put uit ’n vertaling van hierdie jaar se Pulitzer-wenner, Anthony Doerr se All the light we cannot see. Wát ’n uitstaande boek!

Op watter van jou werk is jy die trotste?

Ek is besonder trots op Lilli Thal se Mimus, wat aan die einde van 2014 by Protea Boekhuis verskyn het. Dit was ’n besonder uitdagende teks – maar een van die lekkerstes waaraan ek nog ooit gewerk het. Elke keer as ek ’n stukkie Duitse woordspel in Afrikaans kon laat wérk … mapstieks, dit was magies!

Wat is jou raad vir aspirantvertalers?

Dit klink besonder geyk … maar léés. En reis. En luister! Ek dink goeie vertalers het ’n besonder ruim gedagtewêreld nodig, en die enigste manier om jou woordeskat wyd, jou kultuurbegrip onbenoud en jou mensekennis diep te hou, is deur so veel as moontlik van die wêreld te weet. En daarmee help álle leesstof – van die grootste snert op Facebook tot die dikste klassieke roman.
 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Die hormoonfabriek deur Saskia Goldschmidt bekendgestel in Pretoria en Stellenbosch (video en foto’s)

Saskia Goldschmidt

 
Die hormoonfabriekDie Nederlandse skrywer Saskia Goldschmidt het in September vanjaar haar roman Die hormoonfabriek by Protea Boekwinkel in Stellenbosch en Hatfield bekendgestel.

Tydens die Stellenbosch-geleentheid het die skrywer met haar vertaler Daniel Hugo gesels oor dié merkwaardige verhaal wat afspeel in ‘n tydperk van groot ontdekking in die 1920′s en 1930′s.

In die video, gedeel deur LitNet, gesels die skrywer oor die feitelike gegewens waarop haar roman gegrond is. Die hormoonfabriek vertel die verhaal van tweelingbroers wat hul pa se slagtery in ‘n hormoonfabriek omskep en die boosaardighede wat daar gebeur. Goldschmidt vertel dat die boek ondersoek instel na die aard van goed en kwaad.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 
Protea Boekwinkel Hatfield het foto’s van die geleentheid in Pretoria op Facebook gedeel. Rentia Bartlett-Möhl het die gesprek met Goldschmidt gelei.

Loer na die foto’s:

 

 
Tydens haar toer na Suid-Afrika het Goldschmidt ook die 2015 Open Book-fees bygewoon:

 

Boekbesonderhede


» read article

Gesprekke met meer as 600 mense in 12 jaar: Nicol Stassen gesels oor Die Dorslandtrek

Nicol Stassen

 
Die DorslandtrekThe Thirstland TrekDie Dorslandtrek: 1874 – 1881 deur Nicol Stassen vertel die aangrypende verhaal van die Afrikaners wat tussen 1874 en 1881 uit die Transvaal na Angola getrek het.

Die Dorslandtrek het vanjaar by Protea Boekhuis verskyn en is ook in Engels beskikbaar as The Thirstland Trek: 1874 – 1881.

Books LIVE het met die outeur gesels oor sy soektog na kennis oor die Dorslandtrekkers. Stassen het twaalf jaar lank aan hierdie projek gewerk waartydens hy met meer as 600 mense gesels het oor dié merkwaardige tydperk in ons geskiedenis.

Lees die onderhoud:
 

* * * * * * * *

 
Wat was dit omtrent die geskiedenis van die Dorslandtrekkers wat jou belangstelling geprikkel het?

Die Dorslandtrek is sekerlik een van die fassinerendste hoofstukke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis in die geheel. Dit leen hom boonop uitstekend tot die vertel van ’n verhaal. Talle lesers het my daarop gewys dat hulle die boek nie as ’n stuk “geskiedenis” ervaar het nie, maar as die aangrypende verhaal van gewone mense wat buitengewone tye beleef het. Ek dink dis veral hierdie menslike aspek van hulle ongelooflike lyding, en hulle ongelooflike ootmoed, wat my so aangegryp het. Ek het hulle boonop probeer verstaan, nie as buitengewone mense met buitengewone eienskappe nie, maar as doodgewone mense met hulle goeie en minder goeie, vir ons selfs onaangename, hoedanighede.

Hoe het jy die navorsing vir dié grootse projek aangepak? Waar het jy begin en watter vrae het jy gevra?

Dis ’n interaktiewe proses wat begin is met die insameling van inligting in talle argiewe in verskeie lande, die voer van onderhoude met mense wat gebeurtenisse nog persoonlik beleef het, die opvolg van nuwe brokkies inligting op die Internet, die uitruil van genealogiese inligting en foto’s met afstammelinge van Angola-Boere en die ontdekking van nuwe inligtingsbronne soos die Facebook-groep “Dorslandtrekker Afstammelinge”.

Dit was vir my interessant om in navolging van FA van Jaarsveld die volgende vrae te vra en hopelik te probeer beantwoord:

  • Wat het die Dorslandtrekkers beweeg en hoe is die verloop van die trek deur natuurlike omstandighede bepaal?
  • Wat het hulle geglo en hoe het hulle geleef, by hulle omgewing aangepas, gedink, gewerk, geveg, gely en beskaaf gebly?
  • Watter karaktereienskappe het hulle gedurende die trek ontwikkel en hoe het hulle hul teenoor mekaar en ander gedra?
  • Watter gewoontes en gebruike het by hulle posgevat en hoe is die lewe en die mense wat hulle op hul trek ontmoet het, deur hulle gesien?

 
Tydens die bekendstelling het jy genoem dat jy vele togte na Angola aangepak het om met die Dorslantrekkers se afstammelinge te gesels. Vertel ons oor hierdie togte en wat jy daaruit geleer het.

Oor die afgelope twaalf jaar het ek drie keer, elke keer vir ongeveer drie weke lank, na Angola gegaan. Daarbenewens het ek ten minste twaalf keer elke keer vir ongeveer drie weke lank na Namibië gegaan om lewende Angola-Boere en nasate van die Dorslandtrekkers op te soek. Dis nou benewens korter besoeke aan mense in Suid-Afrika. Ek het onlangs ’n opname gemaak en gesien dat ek oor die afgelope twaalf jaar met meer as 600 mense onderhoude gevoer het of inligting uitgeruil het. Die ongelooflike gasvryheid van so baie mense was vir my besonder aangrypend. In dié proses het ek tientalle nuwe vriende gemaak.

Die ekspedisies na Angola was elke keer onder leiding van Faan van der Merwe van Grootfontein, ’n nasaat van die Angola-Boere, en saam met ander afstammelinge van die Dorslandtrekkers. Ons het hoofsaaklik plekke besoek waar die Angola-Boere vroeër gevestig was, en dit was interessant om die kontras van die verlede met die hede te ondersoek. Die merkwaardigste was seker die ongelooflike ekonomiese vooruitgang van Angola sedert die beëindiging van die veertigjarige burgeroorlog in 2002 – in kontras met die agteruitgang en verval wat ons in dieselfde tyd in Suid-Afrika beleef het.

Waarom het jy die boek geskryf? Is dit nog relevant binne ons hedendaagse politieke diskoers? Wil mense nóg Afrikaners se stories hoor?

Ek het ses jaar gelede my doktorsgraad in Portugese koloniale geskiedenis verwerf. Dit was destyds amper ’n taboe-onderwerp waaroor daar internasionaal min navorsing gedoen is en die mees resente bronne ongeveer 40 jaar oud was. Ook in die geval van navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere het navorsing vir 40 jaar lank gestagneer. Daar het intussen ’n internasionale herlewing op dié vakgebied plaasgevind. Ek het met my destydse navorsing, en ook die meer onlangse navorsing oor die Dorslandtrek, probeer om deurentyd op die relevansie daarvan te wys.

Die Angola-Boere was die eerste Afrikaners wat by omstandighede moes aanpas waarmee die res van die Afrikaners in Suid-Afrika eers dekades (in die laaste twintig jaar!) later gekonfronteer is – ’n vyandige regering met ander waardestelsels, en die oorlewing van ’n “wit” eilandjie van blankes binne ’n “swart” oseaan. Ongelukkig is min of geen navorsing oor dié onderwerp gedoen voordat die geskiedenis self ons ingehaal het nie.

Jy het die boek opgedra aan jou vrou, Chrissie-Jane. Hoe het sy gehelp om hierdie projek te volbring?

Sy is ’n baie rustige mens wat nie met die projek self betrokke was nie. Chrissie-Jane is nie ’n veeleisende mens nie, maar sy het vir my die milieu geskep om my intensief en vir baie jare daaraan toe te wy. Twee weke ná ons huwelik het ek op ’n reis van drie weke na Angola vertrek om daar te gaan navorsing doen! Sonder haar ondersteunende rol sou dit dalk nie moontlik gewees het nie. Die feit dat die hele huis vol boeke is, verg seker ook spesiale verdraagsaamheid en genade.

Tydens die bekendstelling in Pretoria het sy die Hollandia Mannenkoor begelei toe hulle ’n lied uit die Dorslandtrek, “Lied van die eensaamheid” (oftewel “Vreemdelingslied uit die Kalahari-woestyn”), gesing het.

Jy het elf jaar lank aan die boek gewerk, hoe het jy gemotiveerd gebly?

Ek het gelukkig nie nodig gehad om myself in enige stadium te motiveer of gemotiveerd te bly nie. Dit is vir my so ’n fassinerende onderwerp juis omdat dit soveel ander dissiplines betrek – plantkunde, dierkunde, geografie en geomorfologie, klimaat, veeartsenykunde, genetika, ekonomie, genealogie en volkekunde. En dan natuurlik die materiële en geestelike leefwêreld van die Dorslandtrekkers en Angola-Boere, onderwys en natuurlik hulle interaksie met ander groepe, dit alles teen die agtergrond van ’n wêreld en leefwyse wat vandag vir ons baie vreemd en eksoties en eintlik byna ondenkbaar is.

Beskryf jou daaglikse skryfproses en jou gunsteling werkspasie.

Ek begin gewoonlik smiddae, ná die afloop van my “werksdag”, so teen vieruur skryf en druk dan deur tot halfelf, elfuur se kant toe, met ’n onderbreking vir aandete. Die produktiefste tyd is egter Saterdae en Sondae. My gunstelingwerkspasie is in die sitkamer in my huis, omring deur my boeke en lêers vol inligting, soms met musiek wat speel en ’n glasie rooiwyn later in die aand.

In die tussentyd het jy ook besig gebly met jou take as uitgewer en het jy vele boeke vertaal. Hoe kry jy dit reg om soveel hoede te dra?

Ek het boonop vyftien akademiese boekwinkels bestuur! Ek dink ek het met die verloop van jare daarin geslaag om met mindere of meerdere sukses te delegeer. Dit is glad nie so maklik om aan te beweeg van ’n punt waar jy alles doen tot een waar jy meer en meer delegeer nie. Daarvoor het jy bekwame personeel nodig. Die verskeidenheid dinge wat my besig hou, help miskien juis om dit vir my deurentyd interessant te hou en nie in ’n groef te beland nie.

Watter onderwerpe naas die Dorslandtrekkers fassineer jou en dink jy behoort in boekvorm te verskyn?

Die verskynsel van armoede onder Afrikaners en hoe hulle daaruit ontworstel het, maar gesien in die breër agtergrond van armoede in Afrika. Dan ook verwante onderwerpe aan die Dorslandtrek, soos die geskiedenis van die Afrikanergemeenskappe in Rhodesië, Oos-Afrika, Botswana, Argentinië en natuurlik Angola.

Wat is jou hoop vir die toekoms van Suid-Afrika en hoe kan die boekbedryf daartoe aanleiding gee?

Die geweldige uitbreiding van kennis tydens die Renaissance was onlosmaaklik verbonde aan onstuimige tye wat nuwe geleenthede geskep het, soos die uitvinding en ontwikkeling van die boekdrukkuns en die verspreiding van kennis deur ondernemende uitgewers soos Aldus Manutius van Venesië. Die onstuimige tye wat ons beleef en die ontwikkeling van nuwe tegnologie op die gebied van boeke skep die klimaat vir die Afrika-Renaissance waarvan al so baie gewag gemaak is, maar wat nog nie gerealiseer het nie. Al wat nou ontbreek, is suksesvolle uitgewers om op hierdie golf te ry. Sonder die uitbreiding van kennis deur boeke en uitgewers sal daar egter nooit ’n Afrika-Renaissance wees nie.

 

* * * * * * * *

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

“I was Interested in the Things I Couldn’t Find in the Archives” – Saskia Goldschmidt Chats About Her Work at Open Book

Saskia Goldschmidt

 
Saskia Goldschmidt was one of the esteemed international guests at the 2015 Open Book Festival in Cape Town recently.

Goldschmidt is a drama producer and theatre maker, and the author of Die hormoonfabriek, which was translated into Afrikaans by Daniel Hugo from the original Dutch version De hormoonfabriek (the book is also available in English as The Hormone Factory).

During the festival, Goldschmidt participated in a conversation with Hugo on the process of translation and presented a monologue entitled The Hormonologue. The author was also spotted at many panels on local literature – including the talk between Antjie Krog and Mathews Phosa on his poetry anthology, Chants of Freedom.

 
Amid all the festival hustle and bustle, we caught up with Goldschmidt to find out more about Die hormoonfabriek:

 

* * * * * * * *

 
Saskia GoldschmidtDie hormoonfabriekDie hormoonfabriek is a fictionalised account of the history of Organon – a Dutch pharmaceutical company that rose from an ordinary meat factory to one of the world’s leading producers of insulin, estrogen, testosterone and other types of hormones.

During her monologue at Open Book, Goldschmidt spoke about her research on the company and the twin brothers who ran the business which helped her to write a “fictional, emotional report of the people involved”. “I was so interested in the things I could not find in the archives,” she explained, elaborating on the sparse facts around the one brother’s rape trial.

This made Goldschmidt wonder: What if one brother wasn’t all bad, and the other brother wasn’t all good either? “I used these facts to start my research on the emotional drive of the characters.”

Die hormoonfabriek is largely set at the dawn of World War II at a time of great invention, economic success and political turmoil. Rapid invention was met with great suspicion by the Catholic Church, which is depicted by the frequent conversations between Goldschmidt’s Jewish protagonist Mordechai de Paauw (Motke for his friends) and the local priest.

“I like to go back to the times when people didn’t know all the things we know now and see the world through their eyes,” Goldschmidt said.

Die hormoonfabriek is told from the first-person perspective of Motke who, from the depths of his relentless deathbed, relives the sexual atrocities his younger self committed and all the wrong he did to his colleagues, female employees, spouses and his own brother in his pursuit of success and sexual pleasure. Is he a reliable narrator? Goldschmidt laughed, “Everybody tells the history from his own perspective.”

“I did choose him because I wanted to crawl into his mind,” she said. “I’m so fascinated with the conditions of the human mind and how they can live with the idea that they do repulsive things.” She continued, “As a human being I cannot imagine that I could do so much harm to a person and just go to bed and sleep!”

In her exploration of Motke’s psyche, Goldschmidt found a man with a big ego, someone who was very convinced of his own importance and the fact that he has done a tremendous amount of good for humankind. In his mind, this gave him the right to behave differently from less important people.

“Someone with such an ego and so focused on himself lacks a feeling of empathy and compassion,” Goldschmidt said, adding that from his perspective he was doing the factory girls a favour by sleeping with them.

Fred de Vries, Ingrid Winterbach, Michiel Heyns, Saskia Goldschmidt and Daniel HugoDie hormoonfabriek is structured around Motke’s memories, which enabled the author not to reveal everything at the same time. “The form of the book depends on the story you want to tell. In this case I wanted to tell a story from a guy looking backwards,” Goldschmidt explained. “I always try in my writing to tickle the reader … to make them curious so they continue reading.

“It’s also in a way how the mind of the guy works,” she added. “So the form I’ve chosen is given through the person who is telling the story.”

Besides the issue of how a person who does bad things can live with his conscience, Goldschmidt also tackled the themes of the development of science, the merging of science and commerce (Organon was a pioneering company in this regard) and the tension between the two disciplines. In the book, Motke is impatient with the speed at which the pharmacologist Rafaël Levine is developing the different hormones and he decides to conduct experiments of his own – on the factory girls.

Goldschmidt said that the tension between science and commerce is still relevant today, as is the mantra that experimentation is “for the greater good”. This is something that was said a hundred years ago – why haven’t we learned anything from our past? “I am very interested in history and the fact that we make the same failures over and over again,” she said, explaining that sometimes themes are better recognised when they are set in a different time and place.

Although Motke’s treatment of women can only be seen though his eyes, Goldschmidt depicts his relationship with the different women in his life. Rivka is Motke’s first wife and true love, but through an abundance of hurt she loses her wit, trust and her big heart. “I wish she would have stayed much more energetic and lovable but she couldn’t,” Goldschmidt said.

The girls working in the factory are in a very different states of dependency on Motke, she explained. Roosje, for example, is a true victim whereas Bertha realises that the only way out of her lower social class position is to use her femininity.

Die hormoonfabriek turns the mythology of Cain and Abel on its head. “It’s a very mythical thing to have two brothers and the one symbolises all the good and the other symbolises all the bad,” Goldschmidt said. “I always mistrust this black and white thing. It’s the easiest thing to divide the world in black and white because it gives certainty, but it’s not real certainty because most people are gray”. She explained that history depicts one brother as good and the other as evil, but in the novel she not only switched their roles, she made each character both good and bad.

In the end, despite his rude language, lewd behaviour and questionable morals, Motke remains a likable character. “I’m glad you said that,” Goldschmidt laughed, “not everyone thinks that about him”. She emphasised that her role as a writer is not to give any judgement in the text. “I don’t think it’s interesting to read a book that gives judgement; I put a lot of questions and it’s the reader who should judge.”

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard tweeted from an hour of storytelling with Saskia Goldschmidt, author of The Hormone Factory, exploring family, fiction, hormones and history.

 

 

 
Photographs from Open Book 2015:
 

 
Book details


» read article