Archive for the ‘Lifestyle’ Category
by Protea Boekhuis on Aug 13th, 2012
Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak. Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers én entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak te pas.
Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar in jou wakker te maak. Boonop bied die “7×7-blitsgids” jou hope idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.
Oor die outeur
Pia Pedevilla het kuns en bedryfskuns studeer en was vir baie jare kuns- en tegniese tekene-onderwyser. Deesdae is sy voltyds by die skryf, illustreer en ontwerp van handwerkboeke betrokke, en ontwerp en maak sy ook speelgoed.
Boekbesonderhede
» read article
by Izak on Aug 10th, 2011

Welgedaan! deur Annette Human is ‘n “kosboek en natuurboek…En dan ook kyk-en-kuierboek”, want Human deel nie net resepte in dié boek nie, maar ook ‘n stukkie van haar en haar man, Chris Wagner, se plaas Hoogland.
Human se kos is “aards en lekker”. In ‘n onderhoud met Louise Labuschagne het sy gesê: “Ek bly maar ’n ou vir gewone kos”. Haar man het die natuurlike sonlig op hul plaas gebruik om die heilsame disse af te neem en dit word langsaan natuurfoto’s aangebied. Human verduidelik hoe hulle te werk gegaan het om die boek te skep:
Die kosskrywer Annette Human klink so ’n bietjie soos Meryl Streep in die epiese rolprent Out of Africa. In dié rolprent sê Streep: “I had a farm in Africa at the foot of the Ngong Hills…”
En Human: “Ons woon op ’n baie mooi plaas in ’n baie mooi omgewing. Die Here is vir my so goed om al die mooi te gee; ek wil dit deel…”
Boekbesonderhede
» read article
by Izak on Jun 15th, 2011
Protea Boekhuis het onlangs bobaaskok Annette Human se nuwe kookboek Welgedaan! bekendgestel. Martjie Bosman het met Human oor haar resepte gesels en met haar man, Chris Wagner, oor sy foto’s wat in die boek opgeneem is.
Het jy dit misgeloop? Kyk dan gerus die foto’s wat Daan Prinsloo by die geleentheid geneem het en sluit by ons volgende bekendstelling aan vir ‘n glas wyn, ‘n versnapering en ‘n heerlike boekgesprek:

Annette Human en Martjie Bosman

Chris Wagner gesels oor sy foto’s in Welgedaan!
Boekbesonderhede
» read article
by Izak on Jun 6th, 2011

Protea Boekhuis nooi jou en ‘n metgesel vriendelik uit om die bekendstelling van Annette Human se Welgedaan! oor ‘n glasie wyn en ‘n versnapering te vier.
Sluit op 11 Junie 2011 om 10:30 by ons by Minnistraat 8 in Clydesdale, Pretoria, aan.
Sien jou daar!
Besonderhede van die bekendstelling
Boekbesonderhede
» read article
by Izak on May 5th, 2011

Annette Human is ‘n staatmaker wanneer dit by resepte kom. Daarom het die tydskrif Shape nie gehuiwer om Human se resep te raadpleeg vir die perfekte miljoenêrskoek nie. Selfs hierdie gesondheidsbewuste tydskrif kan nie dié dekadente sjokoladekoek met ‘n goeie skeut brandewyn weerstaan nie.
Kry die resep (in Engels) hieronder. Daar is nog baie meer (Afrikaanse) resepte van Annette Human in die boek Welgedaan! versamel.
This is the ever-reliable Annette Human’s recipe – it is utterly delicious and desperately indulgent. Don’t say we didn’t warn you!
Serves 10
Ingredients
1 1/2 C (375 ml) brown sugar
1 C (250 ml) water
1/5 C (50 ml) brandy
1 C (250 ml) cake flour
2 T (30 ml) baking powder
pinch salt
200 g dark chocolate
250 g unsalted butter
5 large eggs
Topping: 200 g dark chocolate 1/5 C (50 ml) milk
Instructions
Preheat oven to 180C.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Shape
» read article
by Izak on Apr 1st, 2011

Annette Human is ‘n bobaaskok wat al vele resepteboeke die lig laat sien het. Protea Boekhuis het pas haar kookboek Welgedaan! uitgegee. Human se man, Chis Wagner, het die foto’s geneem en benewens die heerlike resepte bevat die boek ook Human se vertellinge oor die plaas- en natuurlewe.
Rainbow Nation het een van Human se lekker resepte op hul webtuiste geplaas. Na aanleiding van die persoon wat dit geplaas het se kommentaar, blyk dit dat hierdie beskuitresep sommer ‘n hele honger rugbyspan sal kan voed:
This recipe comes from Annette Human’s cookbook. I’ve tried and tested it and not only do they taste good, the recipe makes loads. Make sure you have plenty of space to dry out the rusks. I ended up putting them in the airing cupboard!
Ingredients
700g bought muesli
Rusk dough
700g butter/margerine
500g sugar
750ml buttermilk
1,5kg self-raising flower
40g baking powder
7ml salt
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Drizzle and Dip
» read article
by Izak on Mar 15th, 2011
Die lekkerlees-kookboek Welgedaan! bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes én vir die onthaal van gaste.
Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is.
Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar ’n probleem kan wees! Chris Wagner se puik foto’s en Annette se vertellinge oor die plaas- en natuurlewe maak hierdie voortreflike kookboek ook sommer ’n koffietafelboek.
Oor die outeur
Annette Human is die skrywer van onder meer Huisgenoot Wenresepte Omnibus, Die nuwe, beter kortpadkos, Lekker vir later en Annette Human se raakvat-resepte.
Boekbesonderhede
» read article
by Izak on Dec 17th, 2010
Slaghuise en supermarkte ryg stukkies vleis op stokkies, gooi ‘n sous of speserye daaroor, en verkoop dit dan as sosaties.
Maar Dine van Zyl skyf in Rapport, na aanleiding van dr Hester Claassens se boek, Die geskiedenis van boerekos 1652-1806, dat vleis wat só op stokkies berei is, kebabs heet, en nie dieselfde is as die tradisionele sosatie nie.
Egte sosaties het hul oorsprong in Persië. Die resep is deur die Arabiere na Holland versprei en die Hollanders het dit in 1652 na die Kaap gebring. Hier is die vleisstukkies op eiesoortige wyse in asyn, suiker, kerrie en borrie gemarineer. Dít is ware sosaties.
Alles wat op ’n stokkie geryg word, is nie ’n sosatie nie. En as die marinade nie ’n gekookte kerriesous was nie, kan jy hom maar ’n kebab noem (ook kabob, kabab, kebob). Hoenderborsies met stukke pynappel is kebabs. Vis met kersie-tamaties en soetrissie is kebabs. Biefstuk met pruimedante en ’n peri-peri-sous is kebabs. Vleisstukkies met tamatiegeursel is kebabs.
’n Kebab is nié ’n sosatie nie.
Die sosatie, soos ons dit vandag ken, het hier aan die suidpunt van Afrika ontwikkel en is eg Suid-Afrikaans, al het dié kos op ’n stokkie met ’n ompad as ’n kebab uit Persië na die Kaap gekom, vertel dr. Hester Claassens, ’n groot kenner van die geskiedenis van Boerekos.
Boekbesonderhede
» read article