Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Namibia’ Category

Heruitgawe van Die Herero-opstand 1904–1907 deur Gerhardus Pool

Die Herero-opstand 1904–1907Die heruitgawe van Die Herero-opstand 1904–1907 deur Gerhardus Pool is nou beskikbaar by Protea Boekhuis:

Die Herero-opstand 1904–1907 is ’n heruitgawe van ’n boek wat ses keer tussen 1976 en 1979 deur HAUM gepubliseer is. Die lotgevalle van die Hererovolk word in hierdie boek geskets, ’n stuk geskiedenis wat ’n sentrale plek in Namibië se kleurryke geskiedenis beklee. Die opstand van die Herero’s in 1904 teen Duitse koloniale gesag kan beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volksverhoudinge die ingrypendste verander het. Die Herero-opstand 1904–1907 vertel van die geleidelike opbou na die konflik, die skielike uitbarsting van geweld en die tragiese afloop vir die Herero’s toe duisende verhonger het en hulle grond en politieke seggenskap verloor het.

Oor die outeur

Gerhardus Pool (1941) is in Upington gebore en het in 1953 saam met sy ouers na Otjiwarongo verhuis. Hy behaal sy MA graad in Geskiedenis (1976) by die Universiteit van Stellenbosch. Hy werk as onderwyser by hoërskole in Keetmashoop en Windhoek en is sedert 1976 verbonde aan die Universiteit van Pretoria waar hy spesialiseer in die geskiedenis van suidwestelike Afrika.

Boekbesonderhede


» read article

Kom gesels met die skrywer van Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië in Pretoria

Uitnodiging na 'n gesprek met Dirk Mudge

 
Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike NamibiëDirk MudgeProtea Boekhuis nooi jou graag na ’n gesprek met Dirk Mudge.

Marinus Wiechers en Riaan Eksteen gesels op Woensdag, 28 September met die skrywer oor sy boek, Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië.

Die gesprek vind plaas by Protea Boekwinkel Hatfield en begin om 18:30 vir 19:00. Toegang is gratis en verversings sal bedien word.
 

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Boekbesonderhede


» read article

A life in politics – presenting Dirk Mudge: All the way to an independent Namibia

Dirk MudgeProtea Boekhuis presents Dirk Mudge: All the way to an independent Namibia, the English edition of the retired politician’s long-awaited autobiography:

At the age of 87 Mudge now publishes his long-awaited autobiography. This remarkable man was involved full time in the politics of South West Africa, and later Namibia, for a period of 33 years. He entered the political arena in 1960 as a member of the Legislative Assembly of the National Party of South West Africa. Mudge describes how he initially supported the ideologies of the National Party, but gradually came to change his views and politics. This inevitably lead to his resignation from the National Party and to the establishment of his own party: The Republican Party. He had a personal involvement in the drawing up of the new Constitution of the Republic of Namibia and tries to give answers to questions about why it took Namibia so long to reach independence. He also explains the role South Africa and the international community played in this major event.

Dr Piet Croucamp writes in his preface: “Mudge’s memoir does not relive the past in times of modernity. The reader becomes displaced ‒ in a way ‒ to a familiar but awkward if not painful past. The narrative, conceived in stigma and shame, is presented with a “respectability” or even bizarre “reality” which once was “normal” to some and an abomination to others. Dirk Mudge has made a remarkable contribution with a text which merits both literary and scholarly value. The work was not intended as a comprehensive history of Namibia ‒ it is a memoir about the life and times of Dirk Mudge.”

Also available in Afrikaans as Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië.

About the author

Dirk Mudge is a farmer and retired politician.

Book details


» read article

’n Karakoelpelskoper deel sy stories in Kruis en dwars deur ou Suidwes deur Piet Maritz

Kruis en dwars deur ou SuidwesKruis en dwars deur ou Suidwes: Herinneringe van ’n pelskoper deur Piet Maritz is nou beskikbaar op Protea Boekhuis se rakke:

Piet Maritz was vir jare lank ’n karakoelpelskoper in die ou Suidwes. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. In Kruis en dwars deur ou Suidwes deel hy van hierdie herinneringe en laat jou lag, huil en verlang na vervloë dae.

Oor die outeur

Piet Maritz is in 1928 gebore op die klein dorpie Niekerkshoop. In 1945 verhuis hy na die ou Suidwes – waar hy vir jare lank ’n karakoelpelskoper is. Gedurende sy vele omswerwinge het hy baie interessante mense ontmoet en dinge ondervind. Sy liefde vir die ou Suidwes blyk duidelik uit sy boek.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Daniel Hugo bespreek Japannese digkuns en lees voor uit Aki No Kure deur MM Walters

Aki No KureAki No Kure: Herfsskemeringe is ‘n bloemlesing van Japannese gedigte wat MM Walters uit Engels na Afrikaans vertaal het.

Margot Luyt het onlangs vir Daniel Hugo genooi om te gesels oor dié bundel en Japannese digkuns in die algemeen.

Hugo vertel dat die titel van Walters se bloemlesing, Aki No Kure, soos die tradisionele Japannese poësie uit vyf lettergrepe bestaan. “Die gedigte het altyd bestaan uit versreëls van vyf of sewe lettergrepe,” sê hy. “Die twee bekendste vorme is die tanka en die haikoe. Die tanka bestaan dan uit vyf reëls en die haikoe uit drie reëls.”

Luyt vra Hugo om ook te gesels oor die inhoud van die haikoe. “Die haikoe is die bekendste Japannese digvorm, hoewel dit nie die oudste is nie, dit het eintlik maar beslag gekry so in die 1500s en 1600s,” sê Hugo. “Die groot meester van die haikoe is natuurlik Matsuo Bashō.”

Hugo vertel dat die haikoe dikwels ‘n natuurindruk gee en in die vers word twee beelde teenoor mekaar gestel. Hy begin sy voorlesing met Walters se vertaling van Bashō se vers, “‘n Weerligstraal”.

Luister na die potgooi:

 
Hugo is self ‘n kranige digter en vertaler van poësie. Hier volg ‘n paar van sy besonderse bundels, ter ere van Nasionale Poësiedag wat vandag in die Verenigde Koninkryk gevier word:

Die roebaijat van Omar KhajjamHanekraaiLand van sonlig en van sterreIn plaas van die stilte

 

Boekbesonderhede

  • In plaas van die stilte: ‘n Keuse uit die gedigte van Miriam Van hee uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo deur Miriam Van hee, vertaal deur Daniel Hugo
    EAN: 9781869195434
    Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

» read article

6 Kampeerplekke vir reisigers op pad na Amy Schoeman se Epic Land – Namibië

Epic LandEpic Land: Namibia Exposed deur Amy Schoeman is ‘n pragtige koffietafelboek met wonderlike foto’s en beskrywings van Namibië se asemrowende landskap.

Van die ongerepte natuurskoon tot die daaglikse bestaan van Namibiërs – Schoeman se fotografie sal enige reisiger aanspoor om die kultuur, geskiedenis en dramatiese woestyngebiede van nader te leer ken.

Indien jy beplan om Schoeman se Epic Land te besoek, het Weg ‘n paar voorstelle vir “bakgat kampeerplekke” langs die pad.

Lees die artikel:

4. Amanzi Trails-kampterrein

​Amanzi (voorheen Abiqua) sal ervare kampeerders na aan die hart lê: Dis klein en sonder fieterjasies, hier’s warm storte, ys en hout, en verder is dit net jy, die rivier en jou dagdrome.

Amanzi Trails neem mense uit op láng roeie (4 dae op die rivier, oor ’n afstand van 65 km of 150 km), maar as jy hier oorstaan, kan jy ook ’n kano huur en sommer net ’n bietjie voor die kampterrein op en af te roei (R250 deposito en R80 p.d.).

Wat kan ek verwag? Hier’s baie koeltebome en ’n mooi uitsig oor die Geelkranse aan die Suid-Afrikaanse kant. Elk van die 16 staanplekke (10 van hulle is teen die rivier) op gras het ’n rietheininkie om, en jy’t jou eie kragpunt, lig, opwashoekie en braaiplek.

Boekbesonderhede


» read article

Wie was Doc Immelman en wat het sy stories vir Namibië beteken? Oud-uitgewer Danie Botha vertel

Die groot sand en ander storiesBaarde, briewe en barmhartigheid\'n Kwartmiljoen MauserpatroneDie wrede somerVyf Waens na San Pedro

 
Oud-uitgewer Danie Botha het verlede maand ’n brief aan DEKAT Boekeblad gestuur waarin hy ‘n oorsig gebied het van Doc Immelman se lewe en sy stories.

In die brief skryf Botha: “Ek vertel graag van ’n aangename leeservaring. Dis van wyle Doc Immelman se dertien kortverhale in Die groot sand en ander stories, in 2014 gepubliseer deur Protea Boekhuis.”

Botha vertel ook van ‘n reistog na Namibië wat hy in 1983 as boekeredakteur aangepak het. Hy het Immelman daar in ’n “somber kantoor in die Windhoekse poskantoor aangetref”.

Lees die brief wat DEKAT Boekeblad op hul Facebook-bladsy gedeel het:

In Die groot sand en ander stories is dit dadelik opvallend hoe Immelman die landstreek en sy mense deeglik ken en stemmingsvol kan beskrywe. Hy haal Duitse en Ovambo-woorde aan. Of dui aan wat deel is van die Ovambo- of Herero-kultuur. In “Die eretoordokter” kry ons bv. die seremoniële Ovambo-groet: “Jy bly nog goed op hierdie plek, Ouma?”

“Die groot sand” is ’n spannende oorlewingsverhaal van ’n tweemanskap wat diamante onwettig gaan soek in die Sperr-gebied. Dis ’n “wrede, gevoellose wêreld van sand en son en dors. Baie het al die Sperr ingegaan. ’n Paar van hulle het uitgekom. Party skatryk; ander gebroke en waansinnig.” Dit word ’n spanningsverhaal deur die bedreiging van die natuur, maar ook deur wraak- en moordgedagtes by een van die stappers. Hy weet daar’s net genoeg water in die waterkantien vir één oor. Die verhaal het ‘n sterk dramatiese slot

Boekbesonderhede


» read article

Amy Schoeman is Launching Her Book Epic Land: Namibia Exposed at the National Art Gallery of Namibia

Epic Land Invitation 15 July 2015

 
Epic Land: Namibia ExposedProtea is pleased to invite you to come to the launch of Epic Land: Namibia Exposed by Amy Schoeman.

The launch will take place at the National Art Gallery of Namibia in Windhoek. It promises to be a very special occasion. Epic Land is a celebration in pictures and words of the arresting beauty of the landscapes of Namibia.

Don’t miss out!

Event Details

  • Date: Wednesday, 15 July 2015
  • Time: 5:30 for 6 PM
  • Venue: National Art Gallery of Namibia
    Corner of Robert Mugabe Avenue and John Meinart Street
    Windhoek | Map
  • Refreshments: Refreshments will be served

Book Details


» read article

Epic Land: Namibia Exposed by Amy Schoeman – Celebrating the Power and Beauty of the Land

Epic LandProtea Boekhuis is proud to present Epic Land: Namibia Exposed by Amy Schoeman, a beautiful coffee table book with mesmerising photographs:

Epic Land is a celebration in pictures and words of the arresting beauty of the landscapes of Namibia and of the centrality of land in the culture, history, politics and daily lives of its people. The book seeks to uncover the rare essence that marks the landscape of Namibia apart from all others. Few countries in the world are richer than Namibia in its canvas of natural beauty. The landscape is one of rich and often harsh contrast with many changing moods. A journey through its landscape is infinitely rewarding. Within this book this progression is depicted. The dramatic scenery of remote deserts, mountains, mystical trees and stormy shores are the equal of any. Through her captivating photographs and absorbing text, Schoeman shares with the reader the strange beauties of her life’s passion. The superb photographs capture the life of the desert, its forms and colours, and the moods of its ever-changing landscapes.

Epic Land is testimony that the material prosperity enjoyed by some in independent Namibia, has not blunt the souls of all. Man fits into the Land with all its ancient savagery and power.

Many of the passages celebrate the power and spirit of the land. Others speak of hope, misery, solitude and loss.

About the author

Amy Schoeman is based in Windhoek working as a freelance photographer, writer and editor. She has exhibited her photographs in numerous exhibitions in Namibia. Many of the photographs in this book were taken during trips into the park with her late husband, Louw Schoeman, to whom the book is dedicated. She is particularly concerned with the conservation of the Skeleton Coast as a wilderness area and the need to protect it against man’s encroachment.

Book details


» read article

Die ATKV vereer Kobus Lombard en Piet van Rooyen as “Afrikone” vir hul bydrae tot Afrikaans

Skadu oor die sonwyserReisiger te perdTwee Namibiese skrywers is onlangs deur die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) as Afrikone vereer. Die Republikein het met Kobus Lombard en Piet van Rooyen gesels oor wat die erkenning deur die ATKV vir hulle beteken.

Lombard se jongste digbundel, Skadu oor die sonwyser, het vanjaar by Protea Boekhuis verskyn. Die digter het gesê: “Ek waardeer dat die ATKV doen wat dit doen en mense op so ’n manier aanmoedig om onder meer te skryf.”

Van Rooyen se bundel, Reisiger te perd, het in 2014 verskyn en die digter en romansier het vertel dat skryf sy eerste liefde bly.

Lees die artikel om meer uit te vind oor die twee woordkunstenaars:

Hy raai ook jong mense aan wat graag suksesvolle skrywers wil word, om êrens in hul lewe ’n ATKV-skryfskool­ by te woon. “Dit is raad wat ek vir baie mense gee. Ek het ook destyds een van Hans du Plessis se skryfskole bygewoon.”

Sy debuutbundel, Geknipte naelstring­, is in 2001 uitgegee deur Protea Boekhuis, waarvoor hy in 2003 die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys­ gehaal het. Sy tweede bundel, Tussen wysvinger en duim, en sy derde, Vlerke vir my houteend, verskyn onderskeidelik­ in 2005 en 2010, ook deur Protea Boekhuis uitgegee.

Die bekende romansier, digter en akademikus prof. Piet van Rooyen is eweneens baie dankbaar vir hierdie erkenning.

“Op die oomblik skryf ek baie lekker aan ’n nuwe manuskrip. Ek het sommer weer moed gekry,” het hy die naweek vertel.

Boekbesonderhede


» read article