Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘News’ Category

Betree die wêreld van David Walliams!

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk alleen verkoop, en is sover in meer as 40 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (Die seun in die rok, 2017), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015, 2017) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

OOR DIE ILLUSTREERDERS
Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

Quentin Blake is een van Brittanje se mees geliefde illustreerders en spotprenttekenaars. Hy is bes bekend vir sy samewerking met outeurs soos Roald Dahl, en sy illustrasies het verskeie pryse ingepalm, die Hans Christian Andersen-prys vir illustrasie ingesluit.

OOR DIE VERTALER
Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek-vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Oupa ontsnap

 

Baie jare gelede was Oupa ’n bobaasvlieënier in die Tweede Wêreldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet ’n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou …

“Ek is absoluut mal oor David Walliams se boeke. Hulle gaan klassieke werke word.” – Sue Townsend, Guardian

“Uiteindelik ’n waardige opvolger vir Dahl.” – Telegraph

Boekbesonderhede


» read article

Herdenk Adam Small met hierdie uitgawe van Kitaar my kruis

Adam Small is een van enkele bruin Afrikaanse skrywers wat in die kanon van die Afrikaanse letterkunde opgeneem is.

Hy was, met die gebruik van Kaaps, ’n voorloper van ’n hele generasie bruin Afrikaanse digters, wat ’n opbloei in protespoësie in die jare tagtig teweeggebring het.

In 2012 het die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Hertzogprys aan Small toegeken vir sy drama-oeuvre, met spesifieke verwysing na Kanna hy kô hystoe wat as ’n hoogtepunt in die Afrikaanse dramatiese kuns beskou word.

In 2009 is hy ook met die SA Akademie se Eeufeesmedalje bekroon vir sy hele oeuvre.

Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef.

In sy huldeblyk getiteld “Die Groot Small”, gelewer te Stellenbosch op 7 Maart 2006 (op LitNet beskikbaar), maak Steward van Wyk die volgende opmerkings oor Small se werk:
 
 

“’n Deurlopende tema in Small se werk is die uitbeelding van die wel en wee van die onderdruktes en die werkersklasgemeenskap onder die beleid van apartheid. In die digbundels Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet loods hy ’n fel aanval op kwessies soos gedwonge verskuiwing, rasseklassifikasie en -diskriminasie en aparte geriewe. Hy maak veral gebruik van satire om die onhoudbaarheid van die stelsel en die valse waardes van gesagsfigure uit te wys.”

Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps – volgens hom ’n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as ’t ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar ’n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus. Volgens Van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, o.a. die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis. Só lui die openingsgedig byvoorbeeld:

KÔ, LAT ONS SING

Vrinne
lat ons die Bybel oepeslaan
en lat ons daaryt lies –
o Allahoegste Gies
lat hierie woorde na onse harte gaan! –
yt die twiere boek van Mosas
yt die Exoras
yt die viere hoefstuk die ee’ste en die twiere verse –
o God
maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse! –

toe antwoord Mosas en hy sê: ma’ wat
as hulle my nie glo, nie aan my woorde vat
as hulle sê die Here het nie ga-appear aan my?

ma’ die Here sê vi’ hom: djy sal djou mense lei
wat’s in djou hand?
en Mosas sê: ’n staf

nou vrinne
dit was al wat hy gahad het
hierie man van God
’n staf
’n dooie stok
en boenop het hy nog gahakkel ok

ma’ die Here het toe lank moet hom gapraat
oor hoe hy moet daai kierie doodgaslaat
het die Egiptanaar
en Mosas het sy groote kop lat hang
en toe
toe skielak was daai selfde kierie in sy hand ’n slang!

nou vrinne
die Here het gabring
aan my sy wonnerwerke oek so
hy het gavra wat’s in my hand
en vrinne
in my hand was my kitaar

kô, lat ons sing

Boekbesonderhede


» read article

Twee nuwe opwindende titels in Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem-reeks tref die rakke!

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar dié reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!

HOE OM ’N DRAAK SE HELD TE VERRAAI (11)

Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorlê én boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar ’n bedrieër in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?

HOE OM ’N DRAAK SE TOORN TE TEM (12)

Wie gaan as koning van die Wilderweste gekroon word … Harwarrus of Alvin die Verraderlike? Kan Harwarrus die draak Verwoed ompraat en die rebellie stopsit … of is dit die EINDE van die drake?

“Die slot is ’n dawerende sukses, vol vlamme en rook, liefde, eer en outydse opwinding.”
Philip Womack, Daily Telegraph<

Nou ’n DreamWorks-film

OOR DIE OUTEUR
Cressida Cowell het grootgeword in die stad Londen en op ’n klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland, waar sy dit geniet het om stories te skryf, vis te vang, en die eiland te verken op soek na drake. Sy was oortuig daar het drake gelewe, en was altyd gefassineer met hulle.

OOR DIE VERTALER
Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek¬vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Boekbesonderhede


» read article

Katherine Paterson se Bridge to Terabithia in Afrikaans beskikbaar!

Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie.

Maar op die eerste skooldag is ’n nuwe meisie dapper genoeg om die seuns aan te durf en boonop almal uit te stof.

Dis nie ’n baie belowende begin vir ’n vriendskap nie, maar Jess en Leslie Burke word onafskeidbaar. Saam skep hulle Terabithia, ’n magiese koninkryk in die woud waar hulle twee as koning en koningin heers.

Dan is daar eendag ’n verskriklike tragedie.

Eers wanneer Jess hierdie tragedie begin verwerk, besef hy uiteindelik hoeveel krag en moed Leslie vir hom gegee het.

Wenner van die Newbery-medalje.

“Roerend en met groot impak.” – Kirkus Reviews

“Hierdie storie is merkwaardig ryk en diep, pragtig geskryf.” – The Horn Book
 
 
 
OOR DIE OUTEUR
Katherine Paterson is die outeur van meer as 30 boeke, insluitend 16 kinder- en jeugromans. Sy is twee keer bekroon met die Newbery-medalje: in 1978 vir Brug na Terabithia (Bridge to Terabithia) en in 1981 vir Jacob Have I Loved. Sy is onderskeidelik in 1998 en 2006 bekroon met die Hans Christian Andersen-prys en die Astrid Lindgren gedenkprys.

OOR DIE VERTALER
Kobus Geldenhuys het in 2015 die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Boekbesonderhede


» read article

Hilda Smits met Ingrid Jonker-prys vir poësie 2017 bekroon

Die bome reusagtig soos ons wasHilda Smits se debuutdigbundel, Die bome reusagtig soos ons was, is onlangs met die Ingrid Jonker-prys vir poësie bekroon.

Dié bundel is deur beoordelaars beskryf as “‘n boeiende debuut” wat die by die hoogs persoonlike betrek en wat tegelykertyd ook betekenis aan die universele belewenis gee. “Wat die digter hier vermag het, is enorm,” skryf ’n ander beoordelaar, soos berig deur Naomi Meyer vir LitNet.

Die prys word op 16 September by die Tuin van Digters in Wellington oorhandig. Simone Jonker, dogter van Ingrid Jonker, sal die prys oorhandig.

Hierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of expat wat Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in ’n nuwe omgewing.

Die kinderjare van die digter word byna deurlopend gekontrasteer met haar nuwe lewe in die buiteland. Die herinneringe is skrynend eerlik en brose familiebande word sonder skroom ondersoek. Klein besonderhede kry reusegestalte in die herinneringe van haar kinderjare en staan skerp afgeteken teen die besef van nietigheid wanneer die ek-spreker in ander kontekste beland. Die belewenis van die grootstad Londen het soms ’n byna onwerklike en dromerige kwaliteit, asof die digteres sukkel om tot ’n vergelyk te kom met die verplaasde self.

Afstand, afsondering en verlange word egter teengewerk deur vlugtige kontak met ander mense, objekte en herinneringe. Die stad met sy glas en beton word byna ook ’n persoonlikheid en word soms direk aangespreek, maar dit is veral die waarneming van die gewone lewe in teenstelling met die bekende toeristiese gesig van die stad wat uitstaan, soms morbied, onverskillig en smerig, maar dikwels ook warm en verwelkomend.

Deurgaans is daar sprake van die spreker se kamera-oog wat objektief probeer waarneem en registreer, maar die ondertoon van melancholie verseker dat die gedigte die leser nie ongeraak laat nie.

Hilda Smits is ’n boorling van Potchefstroom, maar het haar nagraadse studie in Sielkunde in Londen gedoen. Van haar gedigte het in Nuwe stemme 6 verskyn. Sy woon tans in Nashville, VSA.

Boekbesonderhede


» read article

Die reis gaan inwaarts: Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman bied ’n huldeblyk aan dié merkwaardige skrywer

Die reis gaan inwaarts

“By Schoeman word individuasie nie ’n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie – daarvoor is sy werk té betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ’n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ’n verlammende onttrekking nie, maar ’n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ’n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ’n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.”
Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017

Boekbesonderhede


» read article

Slot van die dag en Afskeid van Europa: twee van Karel Schoeman se laaste drie boeke

Slot van die dag: Gedagtes is die skrywer se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van ’n algemene aard, om ’n ryk geskakeerde beeld te verskaf van ’n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit.

Dit is ‘n baie persoonlike boek oor ouderdom, die skryfproses en selfbeskikking met kommentaar op oud word en wees, met inbegrip van praktiese wenke, en heelwat inligting oor die moontlike en waarskynlike einde van die lewe. Die element van afskeid en gelatenheid is deurlopend. Die ouderdom is teenswoordig die vernaamste onderwerp van sy oorpeinsing, en die vernaamste element in sy daagliks ervarings.

Die verwysings en aanhalings is treffend en spreek van iemand wat sy leeswêreld ook sy leefwêreld maak. Ten slotte verduidelik die skrywer sy bevrydende besluit oor selfdood.

In Afskeid van Europa lewer Karel Schoeman verslag van sy laaste twee besoeke aan Nederland, Duitsland en Oostenryk gedurende die herfs van 2011 en 2013.

Dit is veral die stede Amsterdam, Berlyn, Dresden, Salzburg en Wene wat aandag kry en ook met Schoeman se vermoë om mense en plekke wat hy waarneem, in woorde tot gestalte te bring. By dit alles is daar ’n ondertoon van heimwee en gelatenheid omdat die skrywer voortdurend bewus is daarvan dat dit werklik sy laaste besoeke is en hy dikwels aan sy ouderdom herinner word: “‘Elderly,’ lees ek op my vliegkaartjie, ‘can’t walk long distance can sit gate close 15 minutes prior to departure.’ Dit is ék.”

Maar afgesien van die element van afskeid, is dit Schoeman se belesenheid en sy vermoë om hede en verlede te skakel wat opval en hierdie boek ’n ryk leeservaring maak. Nie alleen die politieke geskiedenis nie, maar ook die verhale van die gewone mens soos dit in die letterkunde uitgebeeld is, word in verband gebring met die strate, parke, kerke en paleise van die groot stede wat hy besoek. Onvermydelik skryf hy oor die twee wêreldoorloë se impak op mens en omgewing, maar ook die vasberade inisiatiewe om te restoureer en te herstel in stede soos Berlyn en Dresden. Die hede met sy massatoerisme, die gewonde daaglikse gang van sake en veral ook die tipiese geregte van die plekke wat hy besoek, verseker dat die boek vir eietydse reisigers ook relevant is.

Karel Schoeman was een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers en het talle romans, novelles, dramatekste en historiese werke geskryf. Sy werk is talle male bekroon, o.a. met die Hertzogprys, die Recht Malan-prys en die N.P. van Wyk Louw-toekenning van die FAK. Hy is op 1 Mei 2017 oorlede.

Boekbesonderhede


» read article

Read an excerpt from Joanne Macgregor’s Fault Lines, the latest in the Samantha Steadman Eco-Warrior series

Fault LinesPresenting Fault Lines, the third book in the series by Joanne Macgregor:

Fault Lines can also be read as a stand-alone. Both Turtle Walk (2011) and Rock Steady (2013) were very popular and Turtle Walk was reprinted in 2014.

The eco-warriors are now in Grade 10 at Clifford House boarding school but this year, cracks are beginning to appear in their friendships, romances and their belief in themselves.

When Samantha Steadman joins ecological activists to block fracking in the Karoo, she expects that her best friends will be right alongside her in the fight. But Nomusa takes a very different view of the controversial issue and Jessie, under the influence of a glamorous new girl at the school, is too obsessed with her weight and appearance to care about ecology. Samantha feels very alone as she tries to deal with pressure from boys, school and her poison dwarf of a science teacher, all while uncovering a personal mystery from the past and struggling to save the Karoo – as well as her friendships – from splitting down their fault lines.

About the author

A born and bred Joburger, Joanne Macgregor is a Counselling Psychologist in private practice, where she works primarily with victims of trauma and crime. She started her professional life as a high school English Teacher and has always been in love with words.

Read an excerpt from Fault Lines:

Playing cool

The room looked like a beauty bomb had been detonated. Clothes lay strewn across the bed and floor, the smell of deodorant filled the air, and make-up, brushes and toiletries littered the dressing table.

Sam stood in front of the full-length mirror and narrowed her eyes at her reflection. This was her third change of clothing and she was still not satisfied. She wanted to look perfect – pretty, but casually so – for Apples’s arrival. First, she’d dressed in denim shorts and a blue tank top, but a glance at her appearance had her second-guessing her choice. Maybe it was too skimpy? Next up had been jeans and a T-shirt, but it had looked – and felt – much too hot. The midday summer sun was baking the semi-desert outside and she didn’t want to be a hot, sweaty mess when she finally saw Apples for the first time in five weeks. Off came the jeans and on went a sky-blue cotton sundress. It looked pretty and brought out the colour of her grey eyes, but it also looked like she was trying too hard, so she stripped and put the shorts and blue top back on again. It would just have to do.

Shoving the scattered clothes back into the wardrobe, she gave her sandy brown hair another quick brush, grabbed the book she had been reading and ran downstairs. From the shady front verandah she could keep an eye on the sand road which led up to the guest lodge. She’d see the tell-tale cloud of dust signalling the arrival of the boys long before she heard the car’s engine over the distant bleating of sheep. Her brother Dan and his best friend, Alistair Appleton, had caught an intercity bus from Jeffrey’s Bay to Graaff-Reinet and Sam’s father had set off an hour previously to go fetch them from the sleepy little town.

Hamish the parrot was bouncing on his perch at one end of the verandah. “Red card, red card!” he squawked, as he always did when he wanted a treat. Sam looked around, saw that a half-eaten sweetcorn cob lay on the floor below his perch and went over to retrieve it. When she offered it to the parrot, he took it between the finger-like claws of one foot and screeched, “He scores! Go Bokke!”

“You’re welcome,” said Sam.

She parked her butt in one of the cane chairs on the verandah and sipped a glass of iced water. Although way too excited to read, she kept the book open on her lap as a prop, hoping it made her look as laid-back as she didn’t feel.

“Tackle him, tackle him!”

This time Hamish was objecting to the meerkat who had crept cautiously up the side of the verandah and now stood upright with his long tail pressed against the red cement floor for balance. For a few seconds he alternated his wary gaze between Sam and the pellets of food in the dog bowl. Sam held herself still until, by some silent signal, the meerkat indicated to the rest of his family that it was safe, and a clutch of babies scrambled up onto the verandah, shepherded by another adult. They scurried over to the dog bowl and immediately began raiding the contents, seizing the pellets in their tiny hands and nibbling at them with sharp teeth.

The pups were adorable – all fuzzy hair and dark eyes and clumsy feet, clambering over one another to get to the food. Then a sharp bark sent them all scattering. Tripod, the farm’s three-legged Jack Russell terrier, was dashing across the sandy forecourt to defend her territory.

“Tackle him! Red card!”

In his excitement, Hamish had dropped the cob again and when she got up to retrieve it, Sam saw that a car was coming up the road to the lodge.

Fast as a meerkat, she ran inside to the mirror in the dresser by the front door. She bent over and then gave her hair a final flip back, applied another coat of tinted gloss to her lips and slapped her cheeks – half to give them some colour and half to smack some sense into herself. Then she ran back outside, flung herself into the chair in what she hoped was a relaxed pose and lifted her book just as the car came around the side of the massive shearing shed with a jaunty hoot.

Sam lowered the book slowly, gave a casual wave and eased herself out of the chair. The boys were already climbing out of the car, stretching their arms and cracking their necks. Tripod had now been joined by her sister, Quad, and both dogs were running circles around the car, barking madly and leaping up at the new arrivals. Even the sheep seemed excited. They ambled up to
the fence of their enclosure and bleated loudly.

“Well, check this out,” said Dan, looking unenthusiastically around at the sheep and sheds and dust.

Sam had eyes only for Apples. He was wearing skinny jeans and a T-shirt with the faded picture of a skeleton surfing an enormous wave. His thick black hair was longer than she had ever seen it and his eyes were a vivid blue against his tanned skin. He was gorgeous enough to make her forget how to speak.

“Hey, Sammikins, howzit,” said Dan, giving her a brief side-hug.

“Hey, Sam,” said Apples. He walked around the car and gave her a longer and tighter hug. “It’s good to see you.”

“You too. You got taller.”

“Ruck and roll, ruck and roll!” screeched Hamish from the verandah.

“Dan, Alistair, I’ll leave you boys to unpack. There’s a Coke inside with my name on it,” said Mr Steadman, heading inside.

“Man, but it’s hot here – it’s like the inside of an oven. Tell me there’s a pool, sis.”

“There’s somewhere to swim,” said Sam.

“Great, my brain’s already baking. Here, carry this for me.” Dan handed her a bag, then gave her face a double-take. “What’s that on your lips?”

Sam wiped at them self-consciously.

“And I’ve got to say,” said Dan, waving a disapproving hand at her shorts, “you’re not wearing enough fabric for a sister of mine.”

“Oh, I don’t know. I think she looks great,” said Apples with a wide smile.

Sam blushed but Dan just scowled at them both.

“Get a room, you two. No – wait, what am I saying? Don’t you dare!”

“Here, I’ve got that,” said Apples, his fingers brushing Sam’s as he took the bag from her hand.

“Offside! Are you blind, ref?” Hamish yelled in such a human voice that Apples looked around to see who had spoken.

“It’s the parrot,” said Sam. “He catches me out, too.”

“Lead the way there, Sammy,” said Dan. “Is it too much to hope for air-conditioning? I think I’ve started to melt. Let’s dump this stuff in our room and get changed and then you can show us the pool.”

“You’re upstairs and to the right,” said Sam as they walked through the front doors. “In the twin room just past the crocodile.”

“The what?” asked Apples.

“We’re sharing? Ag no, man. One day, when I’m rich, I’ll have entire suites to myself. Penthouses!” said Dan, climbing the broad, carpeted stairs. “With aircon and mini-bar fridges and jacuzzis. And babes in bikinis.”

“And what?” demanded Sam, outraged.

“You must be loving this place,” said Apples to Sam, running his eyes over the gallery of stuffed heads.

“Oh, yeah, it’s my best.”

“Hey, what’s with all the dead animals?” Dan said as he and Apples reached the first floor. “It’s like Pet Cemetery, Extreme Edition in here.”

“Wait ’til you see the baboon,” Sam called after them.

Book details


» read article

Maties en Afrikaans: Die bestuur het gepraat, voertaal sal Engels wees

Maties en AfrikaansDie taaldebat op Stellenbosch kom al jare aan.

Moet die instansie aanhou om Afrikaans as hoofvoertaal te gebruik, soos dit sedert die totstandkoming van die Universiteit Stellenbosch (US) reeds doen, of moet dit oorslaan na Engels om gehoor te gee aan druk van die meerderheid?

Pieter Kapp het die geskiedenis van hierdie debat en die verhaal van Afrikaans op Stellenbosch breedvoerig bespreek in sy 2014 publikasie Maties en Afrikaans.

Die taaldebat het gister ‘n ongekende hoogte, of eerder laagte vir Afrikaans, bereik met die volgende skokonthulling deur die Matierektor en sy bestuurspan:

“Aangesien Engels die omgangstaal[1] in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in Engels gefasiliteer word, en beduidende akademiese ondersteuning sal in ander Suid-Afrikaanse tale voorsien word volgens studente se behoeftes. Terselfdertyd, deur middel van sy Taalbeleid en Taalplan, verbind die Universiteit hom daartoe om ruimtes te skep waarbinne Engels, Afrikaans en isiXhosa, asook ander tale, kan floreer. Die Universiteit bly in die besonder verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale.”

In kort, alle kommunikasie sal in Engels geskied. Die vraag is, wat beteken dit vir die toekoms van Maties en Afrikaans?

Lees die volle verklaring, soos geplaas op die US se webblad:

“Taal moet op so ʼn manier gebruik word dat dit daarop gerig is om met kennis om te gaan in ʼn diverse samelewing en om gelykberegtigde toegang tot leer- en onderriggeleenthede vir alle studente te verseker. Aangesien Engels die omgangstaal in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in ten minste Engels gefasiliteer word om geen uitsluiting op grond van taal te verseker. Die Universiteit bly verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale.

Dít is van die beginsels wat as vertrekpunte ingesluit is in ʼn verklaring (kopie hieronder) oor taalimplementering wat vandag (Donderdag 12 November 2015) uitgereik word. Die verklaring lig van die beginsels uit en omskryf die toon vir die pad vorentoe en vorm deel van ʼn voortgesette konsultasie- en kommunikasieproses met die breër kampusgemeenskap en ander belanghebbers.

Die verklaring is ʼn sintese van insigte wat die Bestuur sedert Mei vanjaar opgedoen het vanuit die geleefde ervaringe en insette van die studentegemeenskap oor die Taalbeleid en taalimplementering. Dit is bespreek by ʼn vergadering met Senaatslede, na samesprekings met die Studenteraad en Dekane van fakulteite vroeër hierdie week.

Die status van die verklaring van die Rektor se Bestuurspan (RBS) is dié van ʼn besprekingsdokument. Die Statuut van die Universiteit bepaal dat die Raad die Taalbeleid met instemming van die Senaat bepaal. Vir enige voorgestelde veranderinge aan die huidige taalbeleid, sal voorstelle by ʼn formele vergadering van die Senaat voorgelê word voordat dit aan die Raad voorgelê word. Dit is onwaarskynlik dat so ʼn proses nog in 2015 voltooi kan word.

Van die vertrekpunte in die verklaring sluit in die doel om taal te gebruik op ʼn manier wat daarop gerig is om met kennis om te gaan in ʼn diverse samelewing en om gelykberegtigde toegang tot leer- en onderriggeleenthede vir alle studente te verseker. Aangesien Engels die omgangstaal in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in ten minste Engels gefasiliteer word om geen uitsluiting op grond van taal te verseker. Dit impliseer nie dat Afrikaans as taal van leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch sal verdwyn nie. Die Universiteit bly verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale.

Vanjaar was die eerste implementeringsgeleentheid na die Taalbeleid en -plan in November 2014 goedgekeur is om gelyke status aan Afrikaans en Engels as onderrigtale te verleen. Die doel van hierdie veranderinge was om gelykberegtigde toegang tot leer- en onderriggeleenthede vir alle Suid-Afrikaners moontlik te maak, soos uiteengesit in ons visie vir inklusiwiteit in die Institusionele Voorneme en Strategie. Die uitgangspunte in die verklaring is gebaseer op lesse wat gedurende die jaar geleer is en studente se praktiese klaskamer ervarings na konsultasie met verskeie studentegroepe, insluitend, maar nie beperk tot die Studenteraad, Open Stellenbosch, SASCO en die Studenteparlement.

Vir 2016 sal die implementering van parallelmediumonderrig (aparte Engelse en Afrikaanse klasse) vir modules met groot inskrywingsgetalle soos in die vooruitsig gestel in die huidige Taalplan, drasties versnel word. By vandag se Senaatsgesprek is departemente herinner aan die bestaande riglyn in die Taalplan dat behoorlik ag geslaan moet word op ondersteuningsmeganismes vir studente wat nie voldoende vaardig is in Engels of Afrikaans nie, veral in kleiner klasgroepe waar parallelmedium-onderrig nie haalbaar is nie.

Verklaring deur die Rektor se Bestuurspan oor die Taalbeleid en die implementering van taal by die instelling

12 November 2015

Die Rektor se Bestuurspan (RBS) was die afgelope paar maande in gesprekke met verskeie studentegroepe oor, onder meer, die Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid, die Taalplan en taalimplementering. Op grond van die terugvoer oor ervarings binne die klaskamer en insette van Open Stellenbosch, die Studenteraad (SR), SASCO en die Studenteparlement, het taaltaakspanne sedertdien verskeie opsies oorweeg vir, onder meer, beste praktyk in die implementering van taal in 2016. Die volgende beginsels, as vertrekpunte rakende die Taalbeleid en taalimplementering, word ondersteun deur die Rektor se Bestuurspan. In hierdie verband wil ons graag erkenning gee aan die beduidende bydrae wat die Open Stellenbosch-kollektief in die onlangse gesprekke gemaak het om te verseker dat taalimplementering aan die US nie ʼn struikelblok vir toegang tot onderriggeleenthede of die suksesvolle voltooiing van akademiese programme word nie.

By die Universiteit Stellenbosch is ons van voorneme om taal op so ʼn manier te gebruik dat dit daarop gerig is om met kennis om te gaan in ʼn diverse samelewing en om gelyke toegang tot leer- en onderriggeleenthede vir alle studente te verseker

Aangesien Engels die omgangstaal[1] in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in Engels gefasiliteer word, en beduidende akademiese ondersteuning sal in ander Suid-Afrikaanse tale voorsien word volgens studente se behoeftes. Terselfdertyd, deur middel van sy Taalbeleid en Taalplan, verbind die Universiteit hom daartoe om ruimtes te skep waarbinne Engels, Afrikaans en isiXhosa, asook ander tale, kan floreer. Die Universiteit bly in die besonder verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale.

Vir modules met ʼn groot aantal inskrywings, wat verdeel word vir pedagogiese redes of weens die beperkte grootte van beskikbare lesinglokale, sal die Universiteit voortgaan om parallelmedium-onderrig uit te brei. In kleiner klasgroepe sal alle inligting in Engels oorgedra word. Addisionele ondersteuning in Afrikaans en isiXhosa sal voorsien word gedurende die lesing en/of aanvullende, gefasiliteerde leergeleenthede om studente te help om die akademiese materiaal te verstaan. Dit sal afhang van vermoëns van die dosente en onderrigassistente. Dosente sal voortgaan om in beide Afrikaans en Engels onderrigmateriaal te verskaf en assessering te fasiliteer. Soos tans die geval is, kan studente toetse, eksamens en opdragte in Engels of Afrikaans voltooi.

In koshuise en ander leefomgewings behoort studente Engels as omgangstaal in huisvergaderings en ander amptelike funksies gebruik. Ander tale kan ook bykomend gebruik word, en meganismes soos tolking kan ook ingespan word.

Die primêre taal van kommunikasie en administrasie van die Universiteit Stellenbosch sal Engels wees, met Afrikaans en isiXhosa as addisionele tale. Die addisionele tale mag nie gebruik word om enigeen uit te sluit van volle deelname aan Universiteitsaktiwiteite nie. Dit impliseer dat alle kommunikasie by die Universiteit Stellenbosch minstens in Engels sal wees, insluitend vergaderings, amptelike dokumente, en dienste by ontvangstoonbanke en die kliëntedienssentrum, ens.

Die Rektor se Bestuurspan sal bogenoemde beginsels as vertrekpunte aan die Raad voorlê by sy vergadering op 30 November 2015. Hierdie beginsels, as vertrekpunte, sal met die Senaat, die breër studente- en personeelgemeenskappe van die universiteit, sowel as ander belangeroepe van die US gekommunikeer en gekonsulteer word. ʼn Hersiene Taalbeleid en Taalplan, gebaseer op die vertrekpunte wat in hierdie dokument vervat is, sal taaldiversiteit daadwerklik deel maak van die Universiteit Stellenbosch se wese en toegang vir personeel en studente verseker. Intussen sal hierdie dokument se vertrekpunte vanaf Januarie 2016 toegepas word. In gevalle van nie-nakoming moet studente en personeel klagtes kan lê sonder vrees vir viktimisasie.

[1] ‘n Taal wat as ‘n omgangstaal gebruik word tussen sprekers wie se huistaal verskil.

* * * * * *

 

Lees ook:

 

Boekbesonderhede


» read article

Edouard Maunick Nominated for the Neustadt International Prize for Literature for Mandela Dead and Alive

Mandela dead and alive 1976â��2001Mandela Dead and Alive 1976–2001, a poetry collection translated into English and published by Protea Boekhuis, has landed Mauritian author Edouard Maunick on the shortlist of nominees for the Neustadt International Prize for Literature.

The prestigious biennial Neustadt Prize, with prize money valued at $50,000, is often compared to the Nobel Prize and winners of the one have often gone on to win the other.

Maunick, the first Mauritian to be shortlisted for the Neustadt Prize, is nominated by Ananda Devi, and his representative work is Mandéla mort et vif, first published in 1987 and translated into English by Protea Boekhuis in 2001.

The winner will be announced on 1 November this year.

Congratulations to Maunick!

View the complete list of nominees:

World Literature Today, the University of Oklahoma’s award-winning international literature and culture magazine, today announced the shortlist of nominees for the 2014 Neustadt International Prize for Literature. The Neustadt Prize is the most prestigious international literary award given in the United States, often cited as “the American Nobel,” and is chosen solely on the basis of literary merit. On this year’s shortlist are César Aira, Mia Couto, Duong Thu Huong, Edward P. Jones, Ilya Kaminsky, Chang-rae Lee, Edouard Maunick, Haruki Murakami, and Ghassan Zaqtan. For the first time ever, authors have been nominated from Mauritius, Mozambique, Palestine and Ukraine. Additionally, Jones is the first male African American writer to be nominated in the 44-year history of the prize.

Book details


» read article