Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Books LIVE

Archive for the ‘News’ Category

New Edition of Dorps: Small Towns of South Africa by Roger Ballen

DorpsDorps: Small Towns of South Africa is about a part of ‘Old Africa’ that is quickly disappearing.

From 1982 to 1986, Roger Ballen, an American, travelled widely throughout South Africa, visiting its scattered towns and villages. During this time he developed a unique vision towards little-known corners and artefacts, trading stores, old houses and humble people. Textured with time, these photographs reveal the essence of these places.

This is a revised second edition of Roger Ballen’s powerful photographic journey containing new unpublished images never seen before.

Roger says he has tried to depict what he believes to be a disappearing South African aesthetic. With each year, the anonymity of the present further transforms the character of these places. “In many ways I feel as if I have recorded the elements of a dying culture. I photographed these towns in the hope of “freezing” time and arresting the utter extinction of the South African dorp.”

About the author

Roger Ballen, born in New York City in 1950, has lived and worked in Johannesburg, South Africa for more than 30 years. He worked as a geologist and mining consultant before making his name as a photographer by documenting the small ‘dorps’ or towns of rural South Africa and their isolated inhabitants.

Since Dorps was first published in 1986, Roger Ballen has produced a number of notable books including Platteland, Images from Rural South Africa (1994), Outland (2000), Shadow Chamber (2005), and Boarding House (2009). Ballen regularly shows his work in galleries around the world, and his photographs are included in the collections of the Museum of Modern Art, New York; the Centre Georges Pompidou, Paris; the Tate, London and the Iziko National Gallery in Cape Town.

Book details

Photo courtesy of Photoscala.de


» read article

Hennie Aucamp met SALA vereer vir lewenslange bydrae

Hennie Aucamp

Oor en weerDie Huis van die digterVlamsalmander'n Vreemdeling op deurtog

‘n Lang lys publikasies met Oor en weer die mees onlangse

Hennie Aucamp is pas met ‘n Suid-Afrikaanse letterkundeprys (SALA) vir sy lewenslange bydre tot the letterkunde vereer.

Aucamp se bydrae is inderdaad indrukwekkend. Reeds in standerd 2 is sy gediggies in Die Jongspan gepubliseer en sedertdien het Aucamp, wat verlede jaar sy 75ste verjaarsdag gevier het, die Suid-Afrikaanse literatuur verryk met talle kortverhale, kabarettekste, gedigte, sketse, dramas, essays, hoorspele, reisverhale en dagboeke.

Mees onlangs is Oor en weer, Aucamp se versameling van onderhoude wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is, deur Protea uitgegee.

Ander SALA-wenners sluit, onder andere, Annelie Botes, Danie Marais en Elisabeth Eybers (postuum) in.

Boekbesonderhede

Foto te dank aan LitNet


» read article

Breyten Breytenbach wen Proteaprys vir Poësie

Nicol Stassen van Protea met die Protea-prysOorblyfsel/Voice overBreyten Breytenbach and Alida PoetgeiterSaterdagaand het Breyten Breytenbach die Proteaprys vir Poësie vir sy digbundel oorblyfsel / voice over ontvang. Die prys is tydens die sesde jaarlikse Versindaba te Stellenbosch deur dr. Nicol Stassen van Protea Boekhuis aan Breytenbach se uitgewer, me. Alida Potgieter van Human & Rousseau, oorhandig. Breytenbach is die eerste persoon wat dit twee keer ontvang het aangesien sy vorige bundel, die windvanger, dié prys in 2008 verower het. Dit is die sesde keer dat die prys oorhandig word en behels ’n kontantbedrag en ’n oorkonde. Die Proteaprys vir Poësie is in 2005 in die lewe geroep om meer prominensie aan Afrikaanse digkuns te verleen en word aan die beste Afrikaanse digbundel van die vorige jaar toegeken. Vorige wenners van die prys is Charl-Pierre Naudé, Gilbert Gibson, Antjie Krog en Loftus Marais.

Hoewel Breytenbach in die verlede verklaar het dat die toekenning van poësiepryse ’n onding is, het hy ’n pleidooi gelewer vir die stigting van ’n fonds om jonger digters ’n bietjie finansiële onafhanklikheid te bied en die prysgeld van die prys geskenk vir ’n fonds vir die aanmoediging van jong digters. Breytenbach het ook die geleentheid gebruik om hom uit te spreek teen die “beoogde Sensuurhof en die Stalinistiese wetgewing wat dit moontlik gaan maak vir alle sogenaamde Intelligensie-agente, en ander diewe en trogvrate ook, om hulle onbekwaamheid en gekonkel onder ’n kombers van geheimhouding en intimidasie weg te steek”. “Ons behoort ten minste te kan weet hoe en deur wie ons verneuk word,” het hy voortgegaan.

Breytenbach het ook die Palestynse kwessie aangeroer en die hoop uitgespreek dat die skrywersvolk hulle sal beywer om ’n toevlugsoord te bied vir Palestynse skrywers en kunstenaars. Die bundel wat die toekenning ontvang het, is juis ’n voortgesette gesprek met die persoon en die werk van die Palestynse digter, Magmoed Darwiesj, ná die oorlye van Darwiesj.

Gewoonlik word die Ingrid Jonker-prys vir die beste debuutbundel van die vorige jaar ook op dié geleentheid toegeken maar hierdie jaar is dit nie toegeken nie, nadat die komitee, Rustum Kozain en Danie Marais, besluit het om die toekenning van die prys terug te hou. Dié vreemde besluit het ’n opstand onder digters ontketen wat met die ter perse gaan hiervan nog nie ontlont is nie.

Boekbesonderhede


» read article