Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Parenting’ Category

Nuut: Gebeur dit met almal? Reguitpraat oor puberteit deur Antje Helms, vertaal deur Anthony Moen

Gebeur dit met almal?Gebeur dit met almal? Reguitpraat oor puberteit deur Antje Helms, vertaal deur Anthony Moen, is nou beskikbaar by Protea Boekhuis:

Jou liggaam verander, nuwe emosies verwar jou en jy het honderd duisend vrae wat jy nie weet hoe of vir wie om te vra nie. Jy is skielik fyngevoelig, selfbewus en sommer net moeilik… Maar hoekom? En hoekom is daardie pes van ’n meisiekind ewe skielik vir jou so oulik?

As al die bogenoemde waar is, is hierdie boek vir jou. Want jy is ’n “puber” en ’n nuwe wêreld gaan vir jou oop.

Selfs nog voor jongmense vir die eerste keer seks en seksualiteit ondervind, wonder meisies en seuns reeds ’n geruime tyd oor al hierdie dinge. Ouers weet meestal nie hoe om sulke sensitiewe vrae te beantwoord nie en het nie noodwendig tyd om by te hou met wat in hul tienerkinders se koppe aangaan nie. Met die gevaar van ongekontroleerde bronne op die internet vandag, is dit belangrik om die regte inligting van ’n betroubare bron te verkry, en dis wat hierdie boek poog om te doen. Jan von Holleben het op kreatiewe en prettige wyse die avontuur van grootword deur middel van foto’s daargestel, en Antje Helms gee insiggewende antwoorde op ’n direkte, maar sensitiewe, manier. Die boek bied antwoorde op allerhande vrae oor puberteit en seks wat jongmense nie noodwendig vir hul ouers wil vra nie.

Boekbesonderhede


» read article

Nuut vir gesintyd: Onthouboek vir my kleinkinders deur Marieta Swart en Heleen van der Merwe

Onthouboek vir my kleinkindersA book of memories for my grandchildrenOnthouboek vir my kleinkinders deur Marieta Swart en Heleen van der Merwe is nou beskikbaar by Protea:

Soms vergeet ons om ons grootouers uit te vra oor hul lewens en as hulle nie meer daar is nie, is dit te laat. Nou kan die kleinkinders ’n tasbare herinnering van hul grootouer ontvang wat van generasie tot generasie oorgedra kan word. Onthouboek vir my kleinkinders is ’n boek wat ’n grootouer invul en vir sy of haar kleinkinders gee.

Die vrae in die boek wat beantwoord word, vorm ’n prentjie van die persoonlikheid en lewe van die ouma of oupa wat dit invul. Daar is vrae oor die grootouer se familiegeskiedenis (en ’n stamboom om in te vul), vrae oor die kinderjare, die jare as volwassene, die troudag, asook vrae oor lesse wat uit lewenservaring geleer is. Ruimte word afgestaan aan plek om foto’s te plak.

Onthouboek vir my kleinkinders is ook beskikbaar in Engels, A book of memories for my grandchildren.

Boekbesonderhede


» read article

Guido van Genechten se boeke nou ook in Afrikaans: Die groot eet-boek en Die groot baba-boek

Twee nuwe kinderboeke deur Guido van Genechten, vertaal deur Shané Kleyn, is nou by Protea Boekhuis beskikbaar:

Die groot eet-boek

 
Die groot eet-boekThe Big Eating-bookDie groot eet-boek is vol fynproewers: vrug- en viseters, vegetariërs, liefhebbers van neute, kaas of gras, blomlekkerbekke of omnivore (soos Jan) … maar almal geniet dit om hul magies vol te eet.

’n Lekkerbek-boekie vir peuters vanaf 24 maande, met die daaglikse lewe van die kind as tema.

Die groot eet-boek is ook beskikbaar in Engels as The Big Eating-book.

* * * * * * * *

 

Die groot baba-boek

 
Die groot baba-boekThe Big Baby BookDie groot baba-boek is vol baba’s: kaal baba’s en harige baba’s, baba’s wat lê en baba’s wat regop staan, baba’s wat honger is en baba’s wat dors is… Maar elkeen van hulle is oulik.

’n Mooi storie vir peuters wat ’n broertjie of sustertjie verwag.

Die groot baba-boek is ook in Engels beskikbaar as The Big Baby Book.
 
Ander boeke in hierdie reeks:

Die groot boude-boek
Die groot drukkie-boek
Die groot slaap-boek

Oor die outeur en illustreerder

Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Die groot boude-boek is ʼn gunsteling waarvan daar al meer as 160 000 eksemplare verkoop is.

Boekbesonderhede


» read article