Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Poetry’ Category

“Ek wou ’n swaar, seer bundel met ’n korrel hoop eindig” – Fourie Botha bespreek Krap uit die see

Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha.

Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit.

Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.

Fourie word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit.

In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad.

Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel Nuwe Stemme 4, waarna hy debuteer met die digbundel Donkerkamer in 2011.

Louis Esterhuizen het onlangs Krap uit die See met Fourie bespreek. Hulle gesprek is op Versindaba se webblad geplaas:

Fourie, van harte geluk met jou tweede digbundel, Krap uit die see. Volgens my is hierdie bundel nie net ’n bestendiging van jou digterskap nie, maar ’n baie sterk vooruitbeweeg sedert jou reeds debuut, Donkerkamer (2011: Queillerie). Uiteraard is daar altyd meer druk op ’n skrywer met ʼn tweede publikasie ten einde aan die verwagting wat met die debuut gestel is, te voldoen. Hoe voel jy persoonlik, terugskouend, oor die openbare reaksie op jou debuutbundel?

Baie dankie, Louis. Ek was dankbaar vir die ontvangs van Donkerkamer. Dit was ’n bundel waaraan ek lank gewerk het en waarmee baie mense my gehelp het. Ek sal die persoonlike boodskappe van lesers en digters uit die bloute altyd onthou.

In welke mate het jy met Krap uit die see probeer voortskryf op jou debuut en in watter opsig(te) gaan jy vernuwend te werk?

Sommige temas in Krap uit die see sluit aan by Donkerkamer, maar dié slag is daar geen visuele materiaal in die boek nie. Die toonaard van die tweede bundel is ook anders. Baie van die gedigte is kort ná Donkerkamer begin, so ek hoop lesers wat van die eerste gedigte gehou het, hou ook van die nuwes.

Die omslag van jou digbundel vind ek besonder interessant. Hoekom juis dié foto en watter verband bestaan daar tussen dié foto en die gedigte?

Dit was die eerste voorstel wat my uitgewer vir my gestuur het en ek het onmiddellik daarvan gehou. Die beeld het sy in ’n boek wat in 1907 verskyn het opgespoor en dit het vir my baie goed by die bundel gepas. Die man wat met die krap worstel, of miskien dans. Amper een gedierte word. Die feit dat dit ’n Oosterse man op die omslag is, was ook ’n gelukskoot: dit het my forseer om ’n gedig wat ek reeds in Donkerkamer se dae probeer skryf het, uiteindelik klaar te maak: “Chang Bunker aan sy Siamese broer, Eng”.

Die gedigte in hierdie bundel is in vier afdelings verdeel, met ’n enkele gedig, “Krappegesang”, as programgedig. Die vier afdelings is: Laagwater, Vuisneste, Rakende en Dryf. Volgens watter ordeningsprinsipes het jy op hierdie indeling besluit?

Ek wou gedigte oor jeugervarings vroeg hê, om aan te sluit by die jeugverse van die vorige bundel. Dan verloop die gedigte chronologies, amper soos ’n lewe: daar is woedende liefdesteleurstellings, daarna gedigte wat met die buitewêreld te make het. Die laaste afdeling wou ek ligter hê; sonder die skuim om die mondhoeke wat die gedigte vroeër in die bundel het.

Twee van die aangrypendste gedigte in dié bundel is volgens my die twee sluitverse: “See” (p.58) en “Mosambiek” (p.59). In eersgenoemde lees ons van die see as reliëf van verlies, terwyl laasgenoemde weer daarop dui dat die wêreld (moontlik) met laagwater sou kon terugtrek soos ’n krap in sy nuwe dop. “Geseënd is jy, geseënd,” sing die see. Volgens my lê die tematiek van hierdie bundel in die teenstelling tussen dié twee gedigte vasgevang: enersyds die reliëf van verlies, dog andersyds die seën van ’n nuwe begin. Sou jy kon akkoord gaan met so ’n beskouing?

Die ou idee van die ouroboros, die slangetjie wat sy eie stert sluk, was in my gedagtes toe ek dié twee gedigte gekies het om die bundel mee af te sluit. Ek wou ’n swaar, seer bundel met ’n korrel hoop eindig. Met ’n weerbegin. Dieselfde truuk as met die slotgedig in Donkerkamer. Om iets uit te krap is nie net seer nie, dit bring ook verligting.

’n Besonder interessante tematiese inspeling wat ek met die lees van hierdie gedigte registreer, is Peter Blum se “Man wat mal word”; by tye baie direk soos met “On the rebound 11” (p.25) ) en dan weer meer subtiel soos met “Mondwerk” (p.51). Ook in ander gedigte is daar suggesties van waansin. Trouens, reeds met die openingsgedig, “Krappegesang” (p.7) lees ons: “Jirre, hoe jeuk, hoe krap dit nie / in hierdie skedelpan van my kop? / Ek wil jou skud soos ’n blik spykers, / witvleise uit jou doppe skraap.” Na die beste van my wete is dit die eerste keer in afgelope tye dat waansin so deurlopend as leitmotief in ’n Afrikaanse bundel ontgin is. Is daar ’n bepaalde rede hiervoor, gegewe die tydsgewrig waarbinne hierdie verse tot stand gebring is?

Dit was vir my ’n interessante eksperiment om te sien hoe ek my ingehoue self tot by die rand van ’n “rant” kon kry. Ek wou die tipe waansin van liefdesverhoudings wat aan die misluk was as ’n soort waansin of selfs ’n besetenheid uitdruk. Ek het met Wordsworth se “emotion recollected in tranquility” gestoei. Hoe hou jy die woede woedend as jy die besigheid netjies in ’n gedig moet verpak?

Lees die res van hulle onderhoud hier.
 

Krap uit die see

Boekbesonderhede


» read article

Fourie Botha se tweede digbundel ondersoek die debat oor manlikheid

Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha.

Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit.

Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.

Fourie Botha word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit.

In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad.

Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel Nuwe Stemme 4, waarna hy debuteer met die digbundel Donkerkamer in 2011.

Boekbesonderhede


» read article

“Ek hoop die digkuns sal ’n soektog vir my bly” – Johan Myburg by die bekendstelling van Uittogboek

Die bekendstelling van die gerekende skrywer, joernalis en kunskritikus, Johan Myburg, se nuwe digbundel Uittogboek het onlangs by Love Books, Johannesburg plaasgevind.

Johan was in gesprek met Bibi Slippers, wie se debuutbundel, Fotostaatmasjien, vroeër vanjaar met die 2017 UJ-debuutprys bekroon is.

Die gesprek is ingewy deur ‘n vinnige inleiding van dié twee gedugte woordsmouse se kennismaking met mekaar: Johan het vir Bibi haar eerste werk aangebied toe sy destyds ‘n kunsstudent was.

Hy was opsoek na die ‘vlinkste, slimste’ student in haar klas om Beeld se kunsblaaie te behartig – “Ongelukkig het daardie persoon tragies gesterf,” het Bibi geskerts.

Die gehoor het dié uitlating terdeë geniet…

Bibi wou eerstens graag by Johan weet waar en wanneer die digkuns hom gevind het. “Ek weet nie of dit my al gevind het nie … ek hoop dit sal ‘n soektog bly,” het Johan peisend geantwoord.

Hy het wel bygevoeg dat hy van skool af ‘n voorliefde vir lees koester en Van Wyk Louw ‘n noemenswaardige invloed op sy skryfkuns gehad het.
 

Die gehoor is deur die loop van die aand bederf met voorlesings uit Uittogboek. Menigte van die gedigte wat in die bundel verskyn is beïnvloed deur klassieke geskiedenis, die liefde, die dood, reistogte, en ja, selfs hadedas maak ‘n verskyning!

Johan Myburg lees sy gedig “Jozi” voor

 
 
Een van die die “perks” van joernalis wees, voer Bibi aan, is om ‘n “behind the scenes” blik op dinge te kry. Dié dat sy bewus is van die oorspronklike titel van Uittogboek, naamlik “Fremdkörper”. Hierdie Duitse woord kan vertaal word as “foreign body” of “vreemde liggaam”.

Johan se uitgewers by Protea het hom oorreed om die titel te verander aangesien boekhandelaars en lesers gaan sukkel om ‘n boek met hierdie indrukwekkende titel a) te kan uitspreek en b) te kan opspoor.

“Dink jy mense sou die boek anders benader het met die aanvanklik titel?” wou Bibi toe weet.

“Ja,” het Johan na ‘n ruk geantwoord, “maar ek is nie spyt oor die uitgewers se keuse nie.”

Uittogboek is deurtrek met Latynse aanhalings – ‘n taal waaraan Johan op skool bekendgestel is – as ook verwysings na die grootse keiser Hadrianus. Johan het wel bygevoeg dat hy nie glo daar bestaan iets soos ‘n vertaling nie. “Jy skryf iets oor in ‘n ander taal.”

Johan het ‘n biografie van Hadrianus gelees, wat hom laat nadink het oor sterflikheid. Hy is van mening dat biograwe die enigste werklike onsterflikes is, aangesien hulle werke vir jare nog gelees word en die mens oor wie hulle skryf dus in ewigheid vasgevang word.

Die onderwerp van liefdesgedigte het volgende opgeduik, met Bibi wat nuuskierig was oor die invalshoek wat gebruik word met die skryf van ‘n liefdesgedig.

Dit is juis nie die aanwesigheid van ‘n geliefde wat die skryf van ‘n liefdesgedig aanspoor nie, maar die afwesigheid, het Johan besin.

Alhoewel ‘n deurlopende tema van Uittogboek die dood is, het Bibi genoem hoe sy onkant gevang is deur die humoristiese wyse waarop Johan oor verganklikheid skryf.

Johan het geantwoord dat die lewe eintlik as ‘n reistog beskou moet word; iets om te vier en werklik uit te leef. Ons moenie die dood as ‘n treurige affêre beskou nie, maar liewers Lewe (met ‘n hofletter ‘l’) voluit aanpak.

Daar het julle dit.

 

Uittogboek

Boekbesonderhede


» read article

Johannesburg bekendestelling: Uittogboek deur Johan Myburg

Uittogboek is ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig; ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre. Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek. Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans. Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.

Besonderhede


» read article

Bekendstelling: Uittogboek deur Johan Myburg


» read article

Johan Myburg se nuutste digbundel uitdagend, meesleurend en betowerend

Uittogboek – ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig – is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre.

Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek.

Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans.

Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.

Binne die bestek van drie digbundels het Johan Myburg hom gevestig as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse digkuns; in hoofsaak omrede elke publikasie van hom van ʼn fyn vakmanskap getuig wat nie net sy eie nie, maar die totale digkuns verruim.

Hy debuteer met Vlugskrif (1984). Sy volgende bundel, Kontrafak (1994) word met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2008 verskyn die indrukwekkende Kamermusiek; ʼn bundel waar die kamer die sentrale ruimte is waarbinne handeling afspeel. Benewens digter is Myburg ook ’n joernalis en kunskritikus.

Hy woon en werk in Johannesburg, het filosofie, sielkunde en teologie gestudeer en is tans besig met nagraadse studie in visuele kunste.

Boekbesonderhede


» read article

Carina Stander se Die Bergengel ’n allegoriese fantasieverhaal van grootword

“ … daar is sekere vermoëns wat alle Bergengele oor alle eeue heen in hul wese moes inweef. Vermoëns soos die Dissipline van Feesviering (om elke klein vredesverdrag te vier), die Dissipline van Geheimhouding (om vir twee dekades aaneen die nasie sonder erkenning te dien, vermom as gewone werker) en die Dissipline van Gemeenskap en Afsondering.

Vir ’n Bergengel is daar altyd die wisseling tussen binne en buite: of hy is ’n alleenloper wat tevrede is met sy eie geselskap, maar deur meegevoel gedryf word na die trop, of hy is ’n kuddewese wat moet leer om gelukkig te wees as ’n eenkantling.

Om ’n Bergengel te wees, is om alleen deur die ondergrondse gange van ’n kapel te stap terwyl daar gesing word – jy hoor nie net die musiek en die stemme nie, jy hoor ook hoe dit eggo in die toekoms.”

In Gabriëllië het nege jaar reeds verloop sedert daar enige teken was van ’n Bergengel en glo die jonger generasie byna nie meer aan die bestaan van dié mitiese kreature nie.

Eron Verberger, seun van die klokmakersegpaar Gibor en Alida Verberger, word egter gedwing om met nuwe oë na fantasie én werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op ’n lewensveranderende avontuur vertrek.
 
 
Wie is die misterieuse Reënboogmaker met wie hulle pad elke nou en dan kruis?

Is die brande wat deur die land trek werklik net vure van vernuwende “skoonbrand”, soos die Regiohoofde beweer, of is dit die gevreesde Vuurstorms waarvan die geskiedenis vertel?

’n Mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse lesers sal spreek.


Carina Stander
is benewens gepubliseerde skrywer en digter (Die vloedbos sal weer vlieg (2006), woud van nege en negentig vlerke (2009) en Wildvreemd (2011)) ook ’n talentvolle kunstenaar met ’n honneursgraad in Beeldende Kunste. As vryskutjoernalis vir onder andere Finesse en Lééf het sy reeds twee Media24-toekennings ingepalm en haar reisartikels verskyn gereeld in tydskrifte soos soos Weg! en Sarie. In 2016 het ’n vervolgverhaal uit haar pen, “Die naakte waarheid”, in Beeld verskyn. Sy woon in die Tsitsikamma saam met haar man en twee seuns.
 

Bergengel

Boekbesonderhede

 
 
 

Die vloedbos sal weer vlieg

Boekbesonderhede

 

Woud van nege en negentig vlerke

Boekbesonderhede


» read article

Gedigte in Ruan Fourie se ’n ope brief aan Dorian Gray oorskry die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns

In hierdie debuutbundel word ’n liefdesgeskiedenis vertel soos dit deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker.

Aan die begin soek die spreker na ’n manier om sy liefde duidelik genoeg uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die geliefde as ’n leë dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring van mislukking.

Die hele bundel staan in gesprek met Oscar Wilde se roman, The Picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens dat sy afbeelding in ’n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk bly.

Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en boots die briefvorm van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.

Ruan Fourie is in 1994 in Bloemfontein gebore en is tans ’n honneursstudent aan die NWU. Van sy gedigte is op Versindaba gepubliseer en hy het ook as digter deelgeneem aan die Byderhand-projek by Aardklop 2015, wat die ATKV-Aartvarkprys vir Grensverskuiwende Werk gewen het
 

 

'n ope brief aan Dorian Gray

Boekbesonderhede


» read article

Omgewingsgesprek voortgesit in Susan Smith se jongste digbundel, Die aarde is ’n eierblou ark

Die aarde is ’n eierblou arkDie aarde is ’n eierblou ark deur Susan Smith is nou beskikbaar by Protea Boekhuis:

In Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds ’n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In dié nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop. Soos die titel aandui, word die aarde gesien as ’n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes help bewaar:

die aarde is ’n eierblou ark
wat deur die melkweg veer
[…]
waarin ons waterdeurdronge
deur soutreën en sleepmistonge

hiermaals vaar en as bede
om vergiffenis en genade

daagliks silwer woordspane
deur water stuur

Oor die outeur

Susan Smith is dosent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare. As navorser ondersoek sy veral die poësie se bydrae tot die gesprek ook die omgewing.

Boekbesonderhede


» read article

Kom gesels met Zandra Bezuidenhout oor haar vertaling van Arsenaal van klank deur Anna Enquist in Stellenbosch

Uitnodiging na die bekendstelling van Arsenaal van klank

 
Arsenaal van klankProtea Boekhuis en Protea Boekwinkel Stellenbosch nooi jou graag na die bekendstelling van Arsenaal van klank deur Anna Enquist, vertaal deur Zandra Bezuidenhout.

Dorothea van Zyl gesels Saterdag, 12 November met Bezuidenhout oor haar vertaling van hierdie merkwaardige digkuns. Anna Enquist is die skrywersnaam van die veelbekroonde Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer.

Die gesprek begin om 11:00.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

 
Oor die boek

Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en albei hierdie terreine word in haar skryfwerk weerspieël. Haar gewildheid in Nederland kan onder meer toegeskryf word aan die herkenbare alledaagse werklikheid in haar poësie, waarby lesers aansluiting vind. Alhoewel haar gedigte oënskynlik verstandelik en nugter is, word die leser juis getref deur die vasberade erns en innerlike krag waarmee sy byvoorbeeld die verlies van haar dogter verwerk deur daaroor te skryf. Die emosionele word egter altyd gebalanseer deur redelikheid, sodat haar gedigte nie sentimenteel is nie, maar tog die leser raak, soos in die gedig “Habanera”:

Daar was ’n kind. Met haar het ek
deur die kamer gedans, ons het van hoek
tot kant galop, ons het luidkeels ’n lied gesing.

Sy het ’n warm gesig gehad. Sy was my dogter.
As ek asemhaal vonk sy na in die gedig.

Oor die outeur

Anna Enquist is ’n veelbekroonde Nederlandse romanskrywer en digter. Haar gedigte is baie gewild omdat dit toeganklik is en handel oor onderwerpe waarmee die gewone leser kan identifiseer.

Oor die vertaler

Zandra Bezuidenhout is ’n digter wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Sy is ’n ervare vertaler uit Nederlands en was onder andere verantwoordelik vir die vertaling van twee kinderboeke wat onlangs by Protea verskyn het.

Boekbesonderhede


» read article