Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Reviews’ Category

Lees: ’n tienjarige-boekliefhebber resenseer Hoe om ’n draak se toorn te tem vir LitNet

Die tienjarige Aden van Niekerk het onlangs die 12de boek in Cressida Cowell se gewilde Hoe om jou draak te tem-reeks (vertaal deur Kobus Geldenhuys) vir LitNet geresenseer. Hiér is wat die kranige leser (en knap skrywer!) van Cowell se nuutste aflewering gedink het:

Die heel eerste keer wat ek kennis gemaak het met hierdie stories van Cressida Cowell was deur die fliek How to train your dragon. Die boeke het eintlik al in 2003 in Engels verskyn, maar dis eers later in Afrikaans vertaal. Ek het die Hoe om jou draak te tem-boeke begin lees in April 2016 toe ek agt jaar oud was. Dis presies twee jaar gelede, ek is nou tien jaar oud en het dié naweek die laaste boek in die reeks gelees.

Boek twaalf se naam is Hoe om ’n draak se toorn te tem. Dit is ’n skreeusnaakse boek met ’n goeie storielyn en ek het regtig baie daarvan gehou. Dit is ’n konkelende storie, ’n mens-weet-nie-wat-gaan-gebeur-nie-tipe storie en die grappe is regtig snaaks. Dit speel in die Vikinglande af. Ek weet nie presies waar nie, maar dit is fiksie wat probeer om iewers naby Finland in te pas – dis mos die naaste Vikingland aan die Noordpool. Die Barbaarse Argipel (dit word ook die Wilderweste genoem) is vol eilande waar mense aanmekaar oorlog teen mekaar voer. Daar is ook wilde drake en mak drake. Mak drake is drake wat as babas gesteel is en opgelei is om te werk vir mense as slawe of om skootdiere (troeteldiere) te wees.

Die hoofkarakter van die storie is Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde. Hy kan Drakonees praat, die taal van drake. Hy is die enigste mens wat dit kan praat. Harwarrus veg daarteen dat die Wilderweste menslike en draaklike slawe sal aanhou en die enigste manier om dit reg te kry, is om self ’n koning te word. Maar daar is nie elke generasie ’n koning nie. Net as hy genoeg volgelinge kan kry en Grombaard die Gruwelike (die vorige koning van die Wilderweste) se tien verlore toebehore kan opspoor, kan hy as koning gekroon word. Deur die loop van die reeks boeke spoor Harwarrus die verlore toebehore op – dit is skatte soos ’n tandlose draak, Grombaard se tweede beste swaard, die Romeinse skild, die tik-tak-ding, die robynhartsteen, die pyl uit die land-wat-nie-bestaan-nie, die sleutel wat alle slotte oopsluit, die troon en die kroon. Die belangrikste toebehoorsel is die draakjuweel wat die mag het om alle drake vir ewig uit te wis.

Die grootste menslike vyand is Alvin die Verraderlike wat probeer om koning te word, en sy ma, die heks Excellinor. Dan is daar ’n draakvyand, die draak Verwoed. Hy is die leier van die draakrebellie en hulle is vol van die Rooi Raserny – dis wat die boeke dit noem. Hulle hou ’n rebellie omdat hulle wil hê daar moet nie meer draakslawe wees nie. Aan die begin van die twaalfde boek het Alvin die Verraderlike amper koning geword van die Wilderweste én Harwarrus het geen van die toebehore meer nie én die draakrebelle maak jag op Harwarrus!

Die twaalfde boek is so geskryf dat hy op sy eie kan staan sonder die ander boeke, maar dit sal baie beter wees as jy dit in die volgorde van die reeks lees, want dan verstaan mens hoe Harwarrus hiér uitgekom het en hoe hy dáár uitgekom het, waar dít vandaan kom en waar dát vandaan kom. Dis die dikste boek wat ek nog ooit gelees het (dis 471 bladsye lank), maar wat my laat aanhou lees het, is dat daar die heeltyd hoogtepunte is.

Lees Aden se volledige resensie hier.

Boekbesonderhede


» read article

Verwerking van Leon van Nierop se Sielsmokkelaar “verfrissend en nie-resepmatig”

Hierdie resensie het oorspronklik in Die Burger verskyn.

Sielsmokkelaar

Sielsmokkelaar is ’n verwerking van die oorspronklike Van Nierop-roman wat in 1996 verskyn het.

“Die enigste ding om te vrees, is vrees” – die woorde op die omslag – is ’n goeie aanduiding van wat op die leser wag.

Die sentrale karakter, die 16-jarige Ramón Fraser, is die seun van ’n sigeuner wat onwillig van plek tot plek verhuis, elke keer om oënskynlik van ’n onbekende bedreiging te vlug. Sy ma – oorspronklik Turks maar ook Afrikaanssprekend – vlug met hom vandat hy kan onthou. Hoewel sy hulle aan die lewe hou deur ander mense se toekoms te voorspel, weier sy om Ramón se toekoms te lees, tot op ’n verskriklike dag toe die “mantelman” sy opwagting maak.

Ramón en sy ma moet wéér vlug, iets waarteen die opstandige 16-jarige tevergeefs protesteer. Boonop word hy geteister deur onverklaarbare drome, hoofpyne en angsaanvalle.

Dié keer beland hulle op ’n plaas in die Chrissiesmeer-distrik – ’n plek vol poue “met angsgille wat die dood nader roep’’, en met sterte “wat bestaan uit duisende oë wat tot in sy siel kyk”.

Ramón ontmoet en leer ken uiteindelik sy pa, Marnus, wat hy altyd as “oorlede” op skoolvorms aangedui het. Dis nie ’n maklike tyd vir die tienerseun nie en hy word geboelie en opgefoeter.
Ramón se grootste uitdaging is egter die mantelman wat “die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit”. Hy nooi Ramón om deel te word van sy 1 000-jarige “ryk van donkerte, moord en waansin”.

Sielsmokkelaar is ’n komplekse verhaal waarin die uitdagings van grootword en die soeke na identiteit verweef word met donker, magiese elemente. Dit is verfrissende en nie resepmatige leesstof deur ’n ervare skrywershand. – Riaan Grobler, @BraGrobbies
 

Book details


» read article

’n Legende onthou: Andries Visagie en Marius Crous bring hulde aan Hennie Aucamp

SkulpDie jongste uitgawe van die Universiteit van Pretoria se Tydskrif vir Letterkende bevat twee huldeblyke aan die ontslape skrywer Hennie Aucamp en sy laaste digbundel, Skulp.

Rus in vrede, Hennie Aucamp (1934-2014)

Andries Visagie, professor in Afrikaanse letterkunde by Tuks, skryf in sy huldeblyk dat Aucamp veral as kortverhaalskrywer onthou sal word en bied ‘n kort oorsig van sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Hy maak ook melding van die baanbrekerswerk wat Aucamp gedoen het in terme van die “openhartige manier waarop Afrikaanse skrywers vandag oor gay en queer seksualiteite kan skryf”.

Vol draadwerk-digter en NMMU-akademikus Marius Crous het Skulp geresenseer en is vol lof vir die dinge wat Aucamp in hierdie versameling kwatryne vermag het. Hy stem saam met Johann de Lange op die agterblad en sê “in die geheel gesien, is dit ’n welkome bydrae tot laatwerk in Afrikaans”.

Lees die artikel en resensie:

In die laaste jare van sy lewe het Hennie Aucamp met ’n soort gedrewenheid die een publikasie ná die ander die lig laat sien asof hy duidelik daarvan bewus was dat sy dae min geword het vir die afhandeling van sy laaste paar skryfprojekte. Die digbundel Skulp, voorlopig laaste boek uit sy pen, word juis elders in hierdie uitgawe van Tydskrif vir letterkunde geresenseer, maar dit is goed moontlik dat daar in sy nalatenskap nog talle manuskripte is wat mettertyd die lig kan sien. Hoewel Aucamp enkele van sy dagboeke waaronder Gekaapte tyd (1996) vir publikasie beskikbaar gestel het, is dit bekend dat hy sedert sy jeug getrou dagboek gehou het. Aucamp het sy dokumente noukeurig laat bewaar in die J. S. Gerickebiblioteek van die Universiteit van Stellenbosch en daar is ongetwyfeld nog baie stof wat wag op die ondernemende redakteur en navorser.

Dat Hennie Aucamp een van die produktiefste en veelsydigste skrywers in Afrikaans was, is
nie te betwyfel nie. Benewens kortverhale is hy ook bekend as skrywer van kabarettekste, liedtekste, dagboeke, kritiese opstelle en gedigte. Reeds in 1984 publiseer hy Die blou uur: 50 cocktail-kwatryne en vestig hom as beoefenaar van dié vormvaste digvorm. In Pluk die dag (1994) en Koerier (1999) word Aucamp se voorkeur vir die kwatryn voortgesit en nou in 2014 sluit hy sy omvangryke oeuvre af met
Skulp, weer eens vol verse in kwatrynvorm.

Boekbesonderhede


» read article

Phil van Schalkwyk oor Atlas teen die vergeetrivier: “’n Waardige toevoeging tot Bekker se oeuvre”

Atlas teen die vergeetrivierPhil van Schalkwyk het vroeër vanjaar ‘n resensie geskryf oor Pirow Bekker se agste digbundel, Atlas teen die vergeetrivier.

Van Schalkwyk lewer kommentaar op Bekker se ouderdomspoësie, en vertel verder dat die digter ook ‘n meer “uitgesponne poësie” beoefen wat hom herinner aan die Nederlandse Negentigers.

Die resensent analiseer etlike verse uit Atlas teen die vergeetrivier en maak die gevolgtrekking dat hierdie “ryk en geskakeerde bundel” ’n “waardige toevoeging tot Bekker se oeuvre” is.

Lees die artikel:

Die opvallende van Bekker se ouderdomspoësie in Atlas teen die vergeetrivier is dat die eksistensiële krisis en aftakeling van oud word nie as onoorkombaar voorgestel word nie en dat die ouderdomsbelewing nie in ’n gelate mineurtoon verwoord word nie. Alhoewel daar merendeels nie soos by Dylan Thomas van ‘Rage, rage against the dying of the light’ (vgl. (DeRoche 1996:441–442) sprake is nie, word teenslae, dood en die Groot Vergeet van Lete met ’n onverskrokke, optimistiese gesindheid gekonfronteer, soos dit in ‘Skeepsbeleg’ verwoord word: ‘daar [is] net een pad oor: te wys/ kaduks skrik jy jou nie’. Die gedig ‘Om oud te gaan’ bied weliswaar ’n somber perspektief daarop om ‘oud heen te gaan’ en bevestig met verwysing na die digters Jacques Perk, Ingrid Jonker en John Keats die bekende uitspraak ‘The good die young’.

Boekbesonderhede


» read article

Reney Warrington Critiques Afrikaans Movie Faan se trein

OctoberReney Warrington, author of October, has reviewed the new Afrikaans film Faan se trein for LitNet, noting her discomfort and disapproval of the film’s portrayal of “a mentally disturbed yet innocent soul”, blatant sexism and the community’s protection of “a very real threat”.

“It felt like a play and not a movie. It was overacted. The music and the calendar-type shots of the landscape were soppy. And apologies to Willie, but he didn’t break out of the pigeonhole he has created for himself as an actor,” writes Warrington.

That brings me to the biggest gripe I have with the film.

Faan is fascinated by “titties”: he watches the young girls in short skirts play netball and on more than one occasion he refers to the lead in his pencil, or his “Jakobregop”, in other words his erect penis. Yet when one of the netball players mentions her discomfort to her dad, he laughs it off with “A man will be a man.” And when Beatrice complains to her husband about Faan’s ogling her boobs, she is brushed off and sent home.
Not only is Faan’s sexual behaviour tolerated, it is sommer chalked up to his manhood or his innocence. I find that extremely disconcerting. He verbalises his lust, he creates discomfort for young girls, yet he is protected by the men in the community. The racism in the film is treated as historically correct, but as no longer morally acceptable. The sexism, however, is not broached in any way.

Watch the trailer for Faan se trein (with subtitles):

 

Book details


» read article