Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Sport’ Category

Albert Grundlingh bespreek Afrikaners se interessante obsessies by Woordfees 2014

 
Potent PastimesIn Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history stel die bekende historikus Albert Grundlingh onder meer ondersoek in na Afrikaners se obsessie met sport en die vreemde verskynsel van ‘n strandoord gewy aan Afrikanerwaardes, Hartenbos. Grundlingh het op Woensdag 12 Maart tydens die US Woordfees met Hermann Giliomee gesels oor die bevindinge wat in hierdie unieke benadering tot geskiedskrywing weergegee word.

Die kwessie van die rol wat herinneringe in Afrikaners se lewens speel, veral sportherinneringe, het tydens Grundlingh se navorsing uitgestaan. Hy het onder meer na ure se ou rugby-beeldmateriaal gekyk en in die rugby-argiewe van die Universiteit Stellenbosch gaan rondkrap, waar hy tot baie insigte gekom het rondom hierdie relatief ongedokumenteerde aspek van Afrikanergeskiedenis. Hy het hierdie gegewens, asook gedagetes rondom die Broederbond en Afrikaner-nasionaliste se rol in die beheer van sport, honderesies van die 1930′s en die unieke eienskappe van Hartenbos as stranddorp met Giliomee bespreek.

Helené Prinsloo van Books LIVE het regstreeks vanaf die geleentheid met #Woordfees2014 getwiet:

Boekbekendstelling


» read article

Protea Boekhuis se skrywers by Woordfees 2014

TirzaVertel! Vertel!In die afwesigheid van sinMaties en AfrikaansPotent PastimesAsterix en die feesmaaltydBloujaar

 
Die US Woordfees vind vanjaar vanjaar plaas van 6 tot 16 Maart en dit is om die draai! Daar is ‘n hele paar opwindende Protea Boekhuis-skrywers op die program, onder meer Lina Spies, wie se vertaling van Tirza deur Arnon Grunberg pas verskyn het; Albert Grundligh; Sonya van Schalkwyk-Barrois en Pieter Kapp. Daar is ook toneelstukke met die gedigte van Lina Spies, Susan Smith en die verhale van Dot Serfontein om na uit te sien.

Protea Boekhuis se skrywers wat vanjaar by die Woordfees’n draai sal maak:

Lina Spies: Sonder woorde en musiek is die hemel hel
Datum: Vrydag, 7 Maart
Tyd: 12:00
Plek: JS Gericke Biblioteek: Ouditorium
Koste: R50
Die bekroonde digter deel interessante gegewens oor haar skrywersloopbaan, waarna items uit die Lina Spies-dokumentversameling in die Dokumentesentrum besigtig kan word.

Lina Spies, 75
Datum: Maandag, 10 Maart
Tyd: 16:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La Vita haar uitvra oor haar beskouings. Alida Potgieter gesels oor haar werk en Hendrik Hofmeyr lewer saam met Minette du Toit-Pearce ’n gloednuwe toonsetting van Lina se verse, geskryf in opdrag van die US Woordfees!

My mense
Datum: Maandag, 10 Maart
Tyd: 20:30 – 21:40
Plek: Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Koste: R80
’n ABSA KKNK-produksie. Ondersteun deur die LW Hiemstra Trust

Teks: Dot Serfontein. Met Antoinette Kellermann.

Samestelling en regie: Juanita Swanepoel

Madeleine van Biljon het gesê: ‘Wanneer jy aan jouself twyfel, bied dit groot vertroosting om die vastigheid van ’n Vrystaatse agtergrond te deel met Dot Serfontein. Dit is werk wat lewensblyheid bevorder en jou elke keer by die lees daarvan laat wens jy het iemand naas jou om dit mee te deel.’ Hier is nou jou kans!

Albert Grudlingh: Potent Pastimes
Datum: Woensdag, 12 Maart
Tyd: 11:00
Plek: kykNET Erfurthuis
Koste: R40
Hierdie ongewone blik op die Afrikaner se geskiedenis betrek areas wat die konvensionele geskiedskrywing oor die hoof sien, soos die obsessie met rugby, die ondergang van hondewedrenne in Johannesburg in die 1940’s en die aantrekkingskrag van die strand by Hartenbos in die 1930′s. Kom luister na die skrywer se gesprek met Hermann Giliomee.

Karina Magdalena Szczurek: Invisible Others
Datum: Donderdag, 13 Maart
Tyd: 14:00
Plek: kykNET Erfurthuis
Koste: R40
Writer, critic and editor Karina Magdalena Szczurek discusses her first novel Invisible Others (Protea, 2014) with novelist and painter Ingrid Winterbach. The novel, set in Paris, tells the story of a South African writer running away from the aftermath of a scandal and a Polish academic recovering from a deep personal loss.

Tweesprong
Datum: Donderdag, 13 Maart; Sondag, 16 Maart
Tyd: 20:30; 11:00
Plek: Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Koste: R80
Deur Sanet Taljaard, met gedigte van Susan Smith. Met Sanet Taljaard; Alma Nel en Karli Heine.Oorspronklike musiek en regie: André Gerber. Produksiehuis 95c

Ons dek saam feëtjie-tafeltjies, hou later moeder-en-dogter-tee’s, glimlag hartlik vir die wệreld en byt mekaar agteraf. Kry ’n glas wyn en kom giggel saam met dié aktrises. Teug diep aan jou glasie oor die plofbare, maar altyd nimmereindigend liefdevolle verhoudings tussen ma’s en hul dogters.

Pieter Kapp en Jacques du Preez: Maties en Afrikaans
Datum: Vrydag, 14 Maart
Tyd: 09:00
Plek: kykNET Erfurthuis
Koste: R40
In die geskiedenis van Suid-Afrika was daar vyf groot taaldebatte oor die plek en rol van Afrikaans. Twee het op Stellenbosch afgespeel: die eerste debat was tussen Hollands en Afrikaans en die erkenning van Afrikaans as die nuwe universiteit se onderrigtaal; die tweede debat tussen Afrikaans en Engels as onderrig- en gebruikstaal. Pieter Kapp gesels met Jacques du Preez van die FW de Klerk Stigting oor sy besondere boek Maties en Afrikaans.

Sonya van Schalkwyk-Barrois: Asterix in Afrikaans
Datum: Saterdag, 15 Maart
Tyd: 09:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Getafix is nou Kasterolix, Cacophonix is Liederlix en Dogmatix herdoop na Witblix. Maar Astrix en Obelix se streke bly dieselfde – en lesers kan dit geniet in sprankel-Afrikaans, danksy die vertalings van Sonya van Schalkwyk-Barrois. Sy het ook al Kuifie (Tintin) Afrikaans laat praat. Zandra Bezuidenhout en Johanna Steyn praat oor die uitdagings van dié vertaling en die towerkuns wat dit verg.

Storievuur 2 by De Vette Mossel
Datum: Saterdag, 15 Maart
Tyd: 17:30 tot 20:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220

Met Johan Bakkes, Amore Bekker, Keina Swart, Albert Maritz en Melt Myburgh

Musiek deur Victor Wolff en Les Javan

Nog gevierde storievertellers vroetel saam met Johan in die storiehoed en pluk allerlei verrassings uit. ʼn Toweragtige agtgang seekos-feesmaal, met wonderbaarlike stories en heerlike musiek uit ’n ander wêreld!

Keina Swart is die outeur van van Bloujaar wat vroeër die jaar by Protea Boekhuis verskyn het.

Boekbesonderhede


» read article

Oplossings en taktiese kunsies in Die volledige skaakboek deur Elizabeth Dalby

Die volledige skaakboekSkaakliefhebbers kan uitsien na Die volledige skaakboek deur Elizabeth Dalby wat hierdie maand by Protea Boekhuis verskyn:

In die wêreld se beroemdste bordspel is die koning se lot in jou hande. Om jou koning te beskerm en die bord te verower, moet jy baie taktiese kunsies in die mou voer. Hierdie boek bied jou die nodige gereedskap om uitmuntende skaak te speel, of jy ’n beginner of reeds ’n ervare speler is. Leer hoe om dodelike lokvalle vir jou vyand te stel en die swakplekke in jou vyand se leër raak te sien. Ontdek ook hoe om doeltreffende aanvalle van stapel te stuur en watter betroubare strategieë jy kan gebruik om jou leër te verdedig. Hierdie boek bevat meer as 80 uitdagende skaakprobleme om jou pas verworwe vaardighede te toets, en beveel ook webwerwe aan waar jy meer oor skaak kan uitvind.

Medewerkers

Teks deur Elizabeth Dalby, ontwerp deur Adam Constantine en Ruth Russel, illustrasies deur Verinder Bhachu, Adam Constantine en Leonard Le Rolland en digitale voorstellings deur Keith Furnival. In samewerking met Jonathan Rowson, driemalige Britse skaakkampioen.

Boekbesonderhede


» read article

Albert Grundlingh gesels met Murray la Vita oor rugby en die mense wat dié sport ondersteun

Potent PastimesAlbert Grundlingh, bekende geskiedkundige verbonde aan die Geskiedenis Departement by die Universiteit Stellenbosch, se boek Potent Pastimes stel ondersoek in na die rol van sport in die moderne Afrikaner se geskiedenis, met spesifieke fokus op rugby as ‘n sosiale verskynsel.

Murray la Vita het met die skrywer gesels oor die ruimte rondom rugby, die elemente van politiek en godsdiens in hierdie sport en ander rugbyboeke. Grundlingh noem dat rugby ‘n al groter rol in Afrikaners se lewens begin speel. “As jy vandag in Die Burger kyk . . . daar is al hoe meer rugby op die voorblad en op bladsy drie en natuurlik agter ook, waar dit eintlik hoort, maar dit spoel oor vorentoe. En dan vind ek selfs daar is nog briewe van mense wat skryf daar is nie genoeg rugby in die koerant nie.”

Dit is nie die soort rugbygesprek wat jy op die Maandag ná die Curriebeker-eindstryd verwag nie.

Ons sit in prof. Albert Grundlingh se kantoor in die Wilcocks-gebou op die Stellenbosse kampus. Grundlingh is voorsitter van die geskiedenis-departement.

Die kantoor wat hy gehad het voordat dié gebou in 2010 deur ’n brand in puin gelê is, was veel groter as hierdie een, sê hy. En voeg dan by: “Dit (die kleiner kantoor) maak meer sin.”

Grundlingh se boek Potent Pastimes – Sport and Leisure Practices in Modern Afrikaner History het pas verskyn.

Boekbesonderhede


» read article

Albert Grundlingh se Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history bekend gestel

Albert Grundlingh

 
Potent PastimesWaarmee sal ’n professor in geskiedenis vir twintig jaar lank worstel? Terwyl professor Albert Grundlingh, departementshoof van geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch, rugby en krieket op die kassie gekyk het, het hy dit goed weggesteek vir sy gesin dat hy al die tyd besig was om te werk.

Grundlingh het Saterdag 19 Oktober by Protea Boekwinkel op Stellenbosch in gesprek getree oor sy jongste boek Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history. Die gesprek is gelei deur Louis Esterhuizen, bestuurder van Protea Boekwinkel Stellenbosch.

Grundlingh het aan die gehoor verduidelik dat hy nog altyd gefassineer is deur die ingrypende effek wat sport op die Afrikaner en sy verbeelding het. “Waarom dié obsessie?” het hy gewonder. Toe besluit hy om dit akademies te ondersoek, want dit is ’n vraag waarmee hy al twintig jaar lank worstel. Die fokus van sy historiese studie is die wyse waarop sekere sport- en ontspanningspraktyke verbind is aan kulturele en politieke sake binne die Afrikanerkultuur. Die politiek, kerksake, asook die opkoms van Afrikanernasionalisme blyk ’n invloed te gehad het.

Louis Esterhuizen het opgemerk: “Ek het nooit besef hoe verpolitiseerd die Afrikaner se ontspanning is nie.” Grundlingh het die gehoor laat lag toe hy hierop antwoord: “Die Afrikaner het in 1995 vir ’n wyle politiek vir rugby verruil en gedink dis ’n goeie transaksie.” Hy het verder benadruk dat geskiedenis vandag toenemend vanuit ’n sosio-kulturele perspektief benader word. “Ek ondersoek nie net die geskiedenis van sport nie, maar ook watter invloed sport op die Afrikaner en sy kultuur gehad het.”

In Potent Pastimes probeer Grundlingh uitvind waar en hoe die Afrikaner se obessie met rugby ontstaan het. Hy ondersoek verder waarom die werkersklas-Afrikaner se gewilde sport, honderesies, skielik in die 1940s tot ’n einde gekom het ná inmenging van die kerk. Watter magiese aantrekkingskrag het die ruimte van Hartenbos vir die Afrikaner in die 1930s gehad? En waarom het dit die Afrikaner so lank geneem om uit te blink in krieket?

Met die opmerking: “’n Mens raak maklik anekdoties wanneer ’n mens oor sport praat,” sluit Grundligh die gesprek af. En sprekers uit die gehoor doen sy stelling gestand met staaltjies van klubrugby, Doc Craven se rugbykoshuise, en “boytjies van die platteland” wat krieket op mat-bane gespeel het.

Facebook galery

Book details


» read article

Launch of Potent Pastimes by Albert Grundlingh at Protea Bookshop Stellenbosch

Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner historyProtea Boekhuis and Protea Bookshop Stellenbosch invite you to the launch of Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history by Albert Grundlingh on Saturday 19 October.

The event starts at 11 AM and Grundlingh will be in conversation with Bill Nasson.

See you there!

Event Details

  • Date: Saturday, 19 October 2013
  • Time: 11:00 AM
  • Venue: Protea Bookshop,
    Bergzicht Plaza
    Andringa Street
    Stellenbosch | Map
  • Guest Speaker: Bill Nasson
  • RSVP: ls.protea@mweb.co.za, 021 882 9100

Book Details


» read article

Waarom is rugby vir Afrikaners so belangrik? Albert Grundlingh deel sy mening

Potent PastimesWaarom het talle Afrikaners “’n besondere verknogtheid aan rugby”? Die nuwe rugbymuseum by die V&A Waterfront sal moontlik help om hierdie vraag te beantwoord, skryf historikus Albert Grundlingh in ‘n artikel vir Beeld.

Grundlingh, wat pas ‘n boek oor sport en ontspanning in die Afrikaner se geskiedenis, Potent Pastimes, die lig laat sien het, verskaf sy eie bevindinge oor hierdie vraagstuk in dié artikel.

Volgens Grundlingh beklee die Universiteit Stellenbosch byvoorbeeld ’n belangrike posisie in die bevordering van rugby onder Afrikaners. Hy beskryf die rol wat dié sport in die beginjare van die Universiteit gespeel het.

Dinsdag, op Erfenisdag, open die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ’n nuwe interaktiewe museum by die Waterfront in Kaapstad.

Daarmee wil Saru die geskiedenis van rugby op ’n innoverende wyse weerspieël. Die potensiële waarde van so ’n museum kan om ’n verskeidenheid redes nie genoeg beklemtoon word nie.

Benewens die temas wat in die museum belig word, sal dit van hulp wees om te begryp waarom talle Afrikaners ’n besondere verknogtheid aan rugby het.

Boekbesonderhede


» read article

Albert Grundlingh Examines the Role of Sport in Modern Afrikaner History in Potent Pastimes

Potent PastimesNew from Protea, Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history by Albert Grundlingh:

Social history has until now proven to be the most suitable point of departure to pursue the wider connections between sport, leisure and society or explore the interconnections between sport and leisure on the one hand and Afrikaner political and cultural projects on the other.

Afrikaner groups at various stages in the twentieth century sought to spend their time when they were not at work by attending dog races during the thirties in Johannesburg, holidaying at the beach at Hartenbos in the Southern Western Cape or supporting or playing rugby and later cricket. Rugby as a middle- and upper-class English game was deemed more compatible with Afrikaner aspirations than dog racing which carried an underclass stigma. But although the game had a sufficient class pedigree, its cultural ethos had to be refurbished and reinvested with presumed Afrikaner values prevalent from the 1930s onwards.

This analysis of sport and society has a wider relevance. While standard nationalistic interpretations of Afrikaner political history have withered away since the advent of the African National Congress in 1994, in rugby the story of the fame and glory of the Springboks and their grounding in Afrikaner historical memory has carried on largely uninterrupted.

The unifying theme that runs throughout this book is the different ways in which sport and leisure practices during certain historical eras were connected with wider concerns in Afrikaner society and how they contributed substantially to shaping the Afrikaner world of sport and leisure.

Of course rugby has had a firm grip on the imagination of many an Afrikaner. A former Springbok rugby captain, Wynand Claassen, has evocatively captured the pervasive influence of the game: “Rugby holds a special fascination in South Africa. In every little town, at every little school, a rugby field can be found, and the goalposts alongside a corrugated iron pavilion are just as familiar as the church towers in these towns”. It is this allure that has sparked the cluster of questions in this book relating to the history of the game in Afrikaner circles.

About the author

Albert Grundlingh is the author of two books, co-author of two. Many of his publications have appeared in leading international journals. He specialises in social and cultural history with a particular interest in war and society. His major works deal with the so-called “Handsuppers” and “Joiners” during the Anglo-Boer War of 1899−1902, Black South African troops during the First World War, and he would like to think that the book he has written on rugby and South African society is akin to dealing with the phenomenon of war in a different format.

Book details


» read article

Hanlie Retief gesels met John Smit oor rugby se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland

Hanlie Retief gesels metJohn Smit se doelwit is om rugby se Wêreldbeker-toernooi vir die tweede keer te wen, nadat hy deel was van die wenspan in 2007. Die toernooi word van September tot Oktober vanjaar in Nieu-Seeland aangebied.

Hy het in ‘n onderhoud aan Hanlie Retief van Rapport gesê hy hou hierdie doelwit voor oë, ten spyte van al die kritiek dat hy te oud is om nog vir die Springbokke te speel. Lees die onderhoud hieronder en ander onderhoude wat deur Retief gevoer is in haar boek Hanlie Retief gesels met:

“Skryf my af as julle kan sien John Smit lyk nie bereid om dóód te gaan vandag op die veld nie. Dan het julle ‘n saak teen my, maar net dán.”

Dis nog daar, sien jy. In sy oë. Die honger vir wen.

“Ek wil deel wees van iets wat niemand nog in rugby reggekry het nie. Hierdie Bokke het al alles gedoen, alles gewen. Jeez, ons is deur die hele aftiklysie: Die Wêreldbeker, Drienasies, die Britse en Ierse Leeus, die All Blacks in Nieu-Seeland…

Boekbesonderhede


» read article