Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Video’ Category

“Op die grens tussen oorvloed en skaarste” – Ena Jansen gesels oor Soos familie (Video)

Ena Jansen en Cecilia Magadlela

 
Soos familieKort na die Johannesburgse bekendstelling van Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste was Ena Jansen ‘n gas op kykNET se aktualiteitsprogram Prontuit.

Kabous Meiring het die skrywer gepols oor hierdie boek wat ondersoek instel na huiswerkers as die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing.

Op Meiring se vraag of dit steeds moeilik is om vir die huiswerker ‘n stem te gee, sê Jansen dat sy versigtig is vir die sticky web of representation: “Die punt is dit lê nie eintlik aan ons nie.” Sy gaan voort en verwys na Eva Krotoa, Jan van Riebeeck se kinderoppasser oor wie hy baie geskryf het. “As ‘n mens na sy dagboek kyk dan sien jy dat hy haar ‘n paar keer direk aanhaal, maar ‘n mens hoef nie namens almal in die land te praat nie, daar is meer as genoeg mense wat self kan praat.”

Jansen stel veral beland in die verwantskap tussen letterkunde en geskiedenis: “Huiswerkers, huiswerk, is ‘n soort historiese konstante; dit is voortdurend ‘n onderdeel van die Suid-Afrikaanse leefwyse. Eintlik kan jy sê almal van ons is ervaringsdeskundiges: jy is of aan ‘n kant waar jy gewoond was dat jou ouers huiswerkers in diens geneem het; of jy is ‘n kind van ‘n huiswerker en het grootgeword eintlik sonder dat jou ma dikwels by die huis was.”

Kyk na die video (deel 1):

YouTube Preview Image

 
Kyk ook na die tweede deel van die onderhoud, waar die skrywer gesels oor die invloed wat Zukiswa Wanner gehad het op die uitbeelding van die huiswerker.

Meiring vra ook of Jansen dink dat huiswerk ‘n monument van apartheid of ‘n ekonomiese noodsaaklikheid is. Die skrywer gesels oor die huiswerker-karakters in stadstekste wat voortdurend leef op die grens tussen oorvloed en skaarste en die interafhanklikheid tussen werkgewer en werknemer.

Kyk na die video (deel 2):

YouTube Preview Image

 
Verwante skakels:

 

Boekbesonderhede


» read article

Hanlie Retief reis saam met Voetspore deur Ethiopië (Plus: Foto’s en ’n video)

Voetspore op die ewenaarVoetspore: Agulhas tot AlexandriëJohan Badenhorst se agtste reisjoernaal, Voetspore op die ewenaar: ‘n Reis van Lamu tot Muanda, het vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn.

Hierdie reis het begin in Kenia, gekronkel deur Uganda en geëindig in die Demokratiese Republiek van die Kongo en die boek bevat pragfoto’s deur Gideon du Preez Swart.

Die ink was nog nie eens droog nie, toe pak die Voetspore-span weer die lang pad aan – dié keer na die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika wat deur sewe lande gaan. Hanlie Retief het by Badenhorst aangesluit en verslag gelewer vanuit die hart van Ethiopië:

‘Is daar nog van daai potbrood van jou oor, Nobert?” vra ­Johan Badenhorst hoopvol terwyl hy die bakkie agter oopklap, die stofie uittrek en die swart Voetspore-ketel aan die prut kry vir ’n koppie koffie.

Ons is iewers langs ’n pad in die hart van Ethiopië. Soos altyd in dié land verskyn daar in ’n oogwink 50 mense wat jou nuuskierig aanstaar terwyl jy grondboontjiebotter en stroop op Nobert ­Coetzee se brood smeer.

Toe ek in November by hulle in Addis Abeba aangesluit het, het die Voetspore-span in hul drie Volkswagen Amarokke reeds 14 000 km in Voetspore in die Groot Skeurvallei afgelê. Hulle is oor teerpad, grondpad, modderpad, deur slaggate, druk stadsverkeer, sandwoestyn, klipwoestyn. Sonder enige teëspoed, sonder ’n enkele pap wiel.

Voetspore is tans in Madagaskar, waar hulle die afgelope naweek die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper het in Morondava, ter ondersteuning van die Springbokke se Rugbywêreldbeker-wedstryd teen Nieu-Seeland.

Lees meer oor dié jongste ekspedisie op Voetspore se webtuiste en loer na die foto’s op Facebook:

Madagaskar is naas Groenland, Nieu Guinee en Borneo die wêreld se vierde grootste eiland. Dit is ʼn land van dramatiese kontraste en wel bekend vir sy diverse landskappe, flora en fauna en fassinerende kultuur van sy mense. Daar is iets in Madagaskar vir almal: natuurliefhebbers word onvermydelik betower deur die uniekheid van sy fauna en onvergelykbaar diverse flora.

Daar word dikwels na Madagaskar verwys as die Groot Rooi Eiland as gevolg van sy rooi kleigrond. Die eiland het tussen 120 en 165 miljoen jaar gelede van die super-kontinent Gondwana afgesplit. Dit het toegelaat dat die eiland in geografiese isolasie uit Afrika en Indië ontwikkel het, wat ‘n evolusie van sy plante en diere toegelaat het in ʼn beskermde omgewing, grootliks vry van roofdiere.

 

 

Kyk ook na die lokprent van die Voetspore-span se avontuur van Agulhas tot Alexandrië, soos vasgevang in die boek, Voetspore: Agulhas tot Alexandrië:

 

 
Lees ook:

Boekbesonderhede


» read article

Video: Erla-Mari Diedericks vertel hoe tegnologie slenterseks vergemaklik

Still StandingErla-Mari Diedericks het onlangs met Netwerk24 gesels oor die manier waarop tegnologie seks buite die verhouding makliker maak, as deel van die publikasie se reeks artikels oor slenterseks.

Die veteraanjoernalis en skrywer van Still Standing vertel hoe tegnologie die “casual sex”-landskap verander het. “Daar is verskeie websites waar die klem val op meer seksuele ontmoetings as noodwendig dat jy jou volgende liefdesgenoot kan ontmoet.”

“Jy sal baie geskok wees oor hoe maklik dit is, dit is verskriklik maklik, dis letterlik ‘n app wat jy op jou foon laai,” sê sy.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article