Archive for the ‘Youth’ Category
by Protea Boekhuis on May 24th, 2013
Die opvolg van die Nederlandse jeugroman Nege oop arms is ook nou in Afrikaans beskikbaar as Die hemel van Heivisj:
Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser – of eerder “betaalde vriendin” – vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat ’n mens kan koop nie? Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie – wat hulle betref is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak en is haar afsydigheid teenoor Liesl pure aanstellerigheid. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. As die noodlot onafwendbaar lyk, kry Fing op ’n wonderbaarlike wyse hulp: nie van mense nie, maar van die mynperd Heivisj en van ’n stokou lindeboom.
Die hemel van Heivisj is ’n vervolg op Nege Oop Arms, maar kan ook selfstandig gelees word.
Oor die outeur
Een van die grootste inspirasies in Benny Lindelauf se skrywersloopbaan was sy eie ouma, by wie hy dikwels op die stoep gesit en teedrink het terwyl sy vir hom verhale oor haar en haar susters vertel. Sy boeke word onder die top Nederlandse jeugpublikasies van die afgelope dekade beskou en word reeds as “klassiek” beskryf. De hemel van Heivisj, wat selfs méér lof as sy voorganger Nege open armen ingeoes het, is in 2011 onder meer bekroon met die Woutertje Pieterse-prys, die Dioraphte Jongerenliteratuur-prys en die Nienke van Hichtum-prys.
Boekbesonderhede
» read article
by Protea Boekhuis on May 21st, 2013
Die misdaadbestrydende Swart Kat het al met baie te kampe gehad, maar hierdie keer word sy kragte tot die uiterste beproef. ’n Sluwe swartgeklede skurk genaamd die Vlieënde Vos maak oral amok en dit wil voorkom asof dié vent wraggies kan vlieg! Het hy dalk spesiale kragte? En sal die Swart Kat sy kriptiese rympies kan ontsyfer voordat hy weer toeslaan?
Daar is ook ander raaisels: ’n Onopgeloste bankroof word jare later oopgevlek wanneer ’n verdagte in die saak uit die tronk vrygelaat word. Maar dan volg moontlik nog die grootste, ergste uitdaging wat dié gemaskerde held nog ooit in die gesig moes staar: moord!
Oor die outeur
Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.
Oor die illustreerder
Willem Samuel is kunsdirekteur by die strokiesprent- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al verskyn in vele publikasies, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.
Boekbesonderhede
» read article
by Protea Boekhuis on Apr 30th, 2013
Joanne Macgregor, author of Rock Steady and Turtle Walk, is also a super mom and a super cook. Get It magazine caught up with her to find out how she copes with her hectic schedule.
With Mother’s Day around the corner, Macgregor describes motherhood as “hard work”, but says that it is “an honour to be shepherding my children into adulthood”.
Joanne is the mother of 17-year-old Adam and 13- year-old Emily. When asked what being a mother means to her, she replied, “It’s hard work, but an honour to be shepherding my children into adulthood.” One of Joanne’s favourite quotes on parenting is by Kahlil Gibran who said, “Your children are not your children. They are the sons and daughters of life’s longing for itself. They come through you but not from you, and though they are with you, yet they belong not to you. You are the bows from which your children as living arrows are sent forth.”
Book details
» read article
by Protea Boekhuis on Apr 2nd, 2013
Zenobia Kock sal op 13 April om 11:00 in Protea Boekwinkel op Stellenbosch oor haar jeugroman Die kruppel engel, wat einde verlede jaar verskyn het, gesels.
Kock sal in gesprek wees met Annie Klopper.
Sien jou daar!
Besonderhede
Boekbesonderhede
» read article
by Protea Boekhuis on Mar 28th, 2013
’n Verwaande dief wat homself Die Nar noem en hou van publisiteit; ontvoering; spioenasie …
Ja-nee, die Swart Kat het weer sy misdaadbestrydende hande vol! Hoe sal dié gemaskerde held die skurke hierdie keer uitoorlê? Sal hy die raaisels kan oplos voor die simpel sersant Kobus Bril dit regkry? En belangrikste van alles: Gaan almal hierdie keer weet dat die Swart Kat toegeslaan het?
Oor die outeur
Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.
Oor die illustreerder
Willem Samuel is kunsdirekteur by die strokiesprent- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al verskyn in vele publikasies, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.
Boekbesonderhede
» read article
by Protea Boekhuis on Mar 22nd, 2013
Myra Scheepers het by die onlangse US Woordfees oor haar eerste boek, Om die Nguni-vure, gesels. Sy en haar skrywersdogter en -kleinseun, Riana Scheepers en Adriaan Meyer, het oor hul jare in Zululand (deesdae KwaZulu-Natal) vertel en Scheepers het ook oor die proses van die saamstel van dié bundel Zulu-volksverhale gepraat.
Willem de Vries het oor die gesprek verslag gelewer.
Die skrywer Myra Scheepers het op 80 jaar gedebuteer met die bundel verhale Om die Ngunivure. Daarmee doen sy gestand aan die skrywer MER se woorde: Die beste werk kom ná 80.
Só het prof. Dorothea van Zyl, hoof van die US Woordfees, gister hier gesê by ’n gesprek oor dié boek.
Boekbesonderhede
e-Boek opsies – Laai nou af!
» read article
by Protea Boekhuis on Feb 21st, 2013
Protea Boekehuis is pleased to announce the release of Joanne MacGregor‘s Rock Steady, the sequel to Turtle Walk:
Samantha Steadman, and her best friends smart-mouthed Jessie Delaney and politician’s daughter Nomusa Gule, are back at boarding school, in grade 9, and they are up against a whole new set of challenges. Their creepy new Science teacher – the Poison Dwarf – takes delight in tormenting Sam, and she’s started counting and checking everything in a way that has her friends worried about her sanity. Add to that Sam’s determination to uncover and stop the illegal trade in San rock art, a blossoming new romance (or two), and a dangerous survival competition in the mountains which will endanger the trio’s lives, and Sam will need all her wits and courage to stand steady. Together they will need to find the strength to cope, and the hope that comes from knowing that individuals can make a difference.
The eco-warriors are back in this funny, exciting sequel to Turtle Walk. This time they aim to save the country’s invaluable rock art heritage, but along the way, they will discover that there are other things worth taking a stand for.
About the author
A born and bred Joburger, Joanne MacGregor is a Counselling Psychologist in private practice. She started her professional life as a high school English Teacher and has always been in love with words and with nature.
Book details
» read article
by Protea Boekhuis on Feb 18th, 2013
Benny Lindelauf se bekroonde jeugboek is uit Nederlands na Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo en is vandeesmaand deur Protea Boekhuis as Nege oop arms vrygestel:
In die Nederlandse provinsie Limburg naby die dorp Sittard staan ’n verwaarloosde huis – ’n huis waar die sussies Muulke, Fing en Jes maar langtand is om in te trek. Van tragiese tragedies en ’n ewige gerondswerf het hulle in hul kort lewens al genoeg gehad. Wie wil immers in ’n bouvallige kasarm met ’n voordeur aan die agterkant en ’n drumpel op kniehoogte woon – en dan nog rekening hou met ’n pa wat vas glo éérs glo, dan sien? Maar wanneer die meisies ’n eienaardige ontdekking in die kelder maak, beland hulle op die spoor van ’n fassinerende verhaal: ’n Verhaal van swerwers, verbode liefde en gebreekte beloftes – en van spoke wat wel tot rus gebring kan word.
Oor die outeur
Een van die grootste inspirasies in Benny Lindelauf se skrywersloopbaan was sy eie ouma, by wie hy dikwels op die stoep gesit en teedrink het terwyl sy vir hom verhale oor haar en haar susters vertel. In 2005 word Nege Oop Arms met die Nederlandse Gouden Zoen bekroon vir beste jeugverhaal.
Oor die vertaler
Daniel Hugo is ’n baie bekende digter wat ’n gevestigde aanhang het. Hy lewer gereeld kritiese werk, veral oor die poësie, en is ’n gerekende vertaler van werk uit Nederlands en Vlaams.
Boekbesonderhede
» read article
by Protea Boekhuis on Dec 6th, 2012
“Tieners is vir my baie interessant… Hulle doen snaakse goed!” Só het Jeanette Morton Saterdag by die bekendstelling van haar tweede boek Die vlinder en die surfer gesê oor haar besluit om jeugromans te skryf.
In gesprek met Annie Klopper by Protea Boekwinkel in Rondebosch het Morton vertel dat sy self tienerkinders het en dat sy dit fassinerend vind om hul eienaardighede waar te neem.
Sy erken dat sy ook aan die begin gedink het dat jeugromans ‘n makliker genre is, maar sy het gou agtergekom dat dit nie die geval is nie. Morton is betrokke by haar kinders se skoolkoerant en het al gesien dat tienerresensente sommer gou ‘n jeugboek as ‘n “wannabe” afmaak.
Daarom probeer sy haar in tieners se leefwêreld indink. In Die vlinder en die surfer moet die hoofdogter Beatrice Malan byvoorbeeld kies tussen die eerstespan-rugbykaptein en ‘n surfer wat uit totaal verskillende omstandighede as sy kom.
Om dié storie te kan skryf, het Morton by haar kinders meer oor branderplankry geleer, surf-tydskrifte deurgeblaai en Google ingespan. Sy luister ook aandagtig na die manier waarop tieners praat om geloofwaardige dialoog te kan skryf. (Daarom heet die boek Die vlinder en die surfer en nie Die vlinder en die branderplankryer nie!)
Morton skroom nie om oor probleme en kwessies te skryf wat tieners raak nie. Klopper het uitgewys dat tieners hul met Morton se karakters kan vereenselwig omdat dit allermins altyd maanskyn en rose is in ‘n jongmens se lewe. Sy wil nie vir tieners preek nie, sê Morton. “Maar as ‘n mens hierdie temas in ‘n lekker storie kan inwerk en tieners in regte rigting stuur, is dit goed. Ek hoop my boeke sal iewers ‘n tiener se hart aanraak.”
In Morton se debuutboek, Die marmerprinses, het die hoofkarakter ‘n verhouding met een van haar onderwysers gehad. In Die vlinder en die surfer kom vooroordeel ter sprake. Die surfer word op sy voorkoms getakseer en pas nie by die beeld wat Beatrice se skoolhoof-pa van die perfekte kêrel vir sy dogter het nie. Dwelmmisbruik en pleegsorg word ook in hierdie boek aangeraak.
Morton het verklap dat sy reeds aan ‘n derde boek werk. Dit het ook ‘n tiener-hoofkarakter, maar is nie uitsluitlik ‘n jeugboek nie, en fokus die tema van moederskap.
* * * * * * * *
Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling met #livebooks getwiet:
* * * * * * * *
Facebook-galery
Boekbesonderhede
» read article
by Protea Boekhuis on Nov 20th, 2012
Protea Boekhuis nooi jou vriendelik uit na die boekbekendstelling van Die vlinder en die surfer deur Jeanette Morton.
Die bekendstelling begin om 11:00 op 1 Desember by Protea Boekwinkel in die Rondebosch on Main-winkelsentrum.
Moet dit nie misloop nie!
Besonderhede
Boekbesonderhede
» read article