Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Protea Boekhuis

@ Sunday Times Books LIVE

Karina Schaapman se bekroonde Het Muizenhuis-reeks is in Afrikaans beskikbaar

Sam en Julia woon in die Muishuis – ’n regte klein wonderwêreld. Julia bly saam met haar ma in ’n baie klein kamertjie op die boonste verdieping. Sy het nie ’n pa, boeties of sussies nie, en ook geen oupa of ouma nie. Julia is baie nuuskierig en eiewys. Sy hou van opwinding, en sodra sy verveeld is, gaan sy buitentoe, op soek na avontuur – saam met haar maatjie Sam.

Sam woon in die middel voor in die Muishuis. Hy bly saam met sy pa, ma, boeties en sussies. Hy het twee oupas en oumas en ’n hele paar tannies en ooms. Sam is baie skaam en soet. Maar as hy saam met Julia is, doen hy dinge wat hy andersins nooit sou aandurf nie. Die twee is onafskeidbaar.

Daar is meer as 100 000 eksemplare van die oorspronklike Nederlandse uitgawe verkoop en die boek is in 2012 bekroon met ’n Silveren Penseel en in 2015 met ’n Gouden Boekprys.

Karina Schaapman (gebore op 6 Junie 1960 in Leiden) is ’n Nederlandse skrywer en politikus wat in 2000 gedebuteer het met Schoolstrijd, gevolg deur Zonder moeder in 2004. In 2008 het sy besluit om ’n kinderboek te skryf, maar sy was nie seker hoe sy dit sou illustreer nie. Ter inspirasie het sy haar gunstelingkinderboek opgesoek: Het muizenboek van Clinge Doorenbos. Dit was die enigste kinderboek wat Karina as kind in die huis geken het. Karina het die tekeninge van Nans van Leeuwen bekyk en gedink dat sy miskien ’n regte muishuis kon bou. Sy begin toe met ’n lapwerk-kwilt. Daarna volg vinnig ’n bedjie, en toe sommer ’n hele kamer. Toevallig het daar ’n leë kartondoos in haar huis gestaan. Sy het die doos in verskillende woonvertrekke verdeel en só het die eerste kamers van die Muishuis langsamerhand ontstaan.

By die Teater

 

By die Kermis

 
Toe Karina sien dat dit werk om haar idees daadwerklik om te skakel in ’n regte muishuis, het sy meer lemoendose begin versamel. Sy het hulle deurgesny, met houtlym aanmekaar vasgeplak, opmekaargestapel en aangebou. Sy moes die huis met papier mâché versterk. Terwyl sy besig was om die kamers te bou en in te rig, moes Karina begin dink oor die stories wat sy vir kinders wil skryf. Elke kamer moes sy eie verhaal vertel.

Die Muishuis bevat baie outobiografiese elemente. Uit Karina se lewe en ook dié van haar man. So het haar eggenoot byvoorbeeld gereeld by sy oom die rommelboer gaan kuier. In die boeke behandel Karina onderwerpe wat belangrik is vir die belewingswêrelde van kinders soos om hutte te bou, geheime te deel, liefde te kry en versorg te word. Maar ook: om die wêreld van die bure te leer ken. Te ontdek dat andermansgebruike en -gewoontes nie bedreigend hoef te wees nie, dat daar ruimte is vir verskille en dat die verskille die wêreld verryk.

Die Muishuis word tentoongestel in die Openbare Biblioteek in Amsterdam. Die boekereeks is intussen in vyf-en-twintig tale verkrygbaar. Karina het saam met haar kinders ’n familiebesigheid begin en saam werk hulle elke dag aan nuwe stories en dekor vir die boeke.

Shané Kleyn het ’n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is sedert April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sy het meer as 60 kinderboeke uit Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

Boekbesonderhede

Bekendstelling: Die reis gaan inwaarts (26 Augustus)

“By Schoeman word individuasie nie ’n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie – daarvoor is sy werk té betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ’n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ’n verlammende onttrekking nie, maar ’n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ’n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ’n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.” Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017

Die reis gaan inwaarts

Boekbesonderhede

Verwerkte weergawe van Leon van Nierop se Doodloopstraat tref die rakke

DoodloopstraatSy draai stadig om. “Hy is die doodsengel.”

“Ekskuus?”

“Die dood trap elke dag in sy spoor,” sê sy sag. “Oral waar hy gaan, sal die dood hom inhaal. Hy kan nie meer daarvan vlug nie. Sy tyd het aangebreek.”

Lourens Schoeman veroorsaak ’n beroering met sy aankoms op ’n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man ’n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom ’n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.

Doodloopstraat het oorspronklik in 1997 as ’n vervolgverhaal in Keur verskyn, en is in 2002 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2002-publikasie.
 
 
 
Leon van Nierop is ’n bekende radiopersoonlikheid, rolprentresensent, skrywer van romans, radio- en televisievervolgverhale soos Wolwedans in die skemer en Ballade vir ’n enkeling en die draaiboeke van die roplrente gebaseer op hierdie twee verhale. Hy was vier jaar lank hoof van die Rolprentakademie van die Tshwane Universiteit van Tegnologie en tree dikwels as dosent en spreker oor rolprent op.

Boekbesonderhede

Walter raak op die vreemdste plekke aan die slaap en niks of niemand kan hom wakker maak nie. Dan gebeur iets verrassends…

Word wakker, Walter
Walter raak op die vreemdste plekke aan die slaap; in die middel van ’n hewige storm, in die swembad, selfs op sy eie verjaarsdagpartytjie. Sy bekommerde ouers sleep hom na allerhande dokters toe en probeer alles om hom wakker te maak – van gruwelike spinnekoppe en ’n groot blaasorkes van 65 musikante. Maar niks of niemand kan hom wakker maak nie. Dan gebeur daar egter iets verrassends. ’n Prettige prenteboek oor slaap met groot illustrasies en treffende moderne ontwerp deur Pieter Gaudesaboos.

Pieter Gaudesaboos werk in België as illustreerder, ontwerper en skrywer. Hy val op deur sy gevarieerde, unieke styl. Sy boek Linus het De Gouden Uil Jeugliteratuurprys van 2008 gewen. Mannetje Koek schrijt een boek is met ’n boekepluim bekroon. Hy illustreer onder andere ook Tommie en die toringhoë toebroodjie, in 2000 deur Protea Boekhuis gepubliseer.

Lorraine Francis is gebore in Athlone, Ierland. Sy was ook die skrywer van Tommie en die toringhoë toebroodjie, in 2000 deur Protea Boekhuis gepubliseer. Sy werk meermale saam met Pieter Gaudesaboos.

Boekbesonderhede

Die reis gaan inwaarts: Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman bied ’n huldeblyk aan dié merkwaardige skrywer

Die reis gaan inwaarts

“By Schoeman word individuasie nie ’n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie – daarvoor is sy werk té betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie ’n selfsugtige inkeer na binne nie, nie ’n verlammende onttrekking nie, maar ’n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van ’n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op ’n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.”
Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017

Boekbesonderhede

Iron in the soul evaluates how the leaders of the official parliamentary opposition contributed to the shaping of South Africa’s history

Iron in the SoulThe lot of the leader of the official opposition is never a happy one. It takes exceptional personal attributes, or “iron in the soul” as Van Zyl Slabbert defined it, to be an efficient one.

In terms of the Westminster political system, which formed the basis of the South African parliament between 1910 and 1994, the official parliamentary opposition, led by the leader of the biggest opposition party was an important office-holder of parliament. He received a degree of latitude and preference, not allowed to ordinary parliamentarians, from the Speaker of parliament.

This group biography investigates the leaders of the official parliamentary opposition before democracy to evaluate how they contributed to the shaping of South Africa’s history. The focus is on those who never became a prime minister, or executive president.

Prime ministers J.B.M. Hertzog, J.C. Smuts and D.F. Malan’s years as opposition leaders have been investigated by historians, while the opposition leaders who failed to win elections are long forgotten, or at most reduced to historical footnotes.

The aim of this book is to bring to life the political “losers” – Sir Leander Starr Jameson (1910-1912), Sir Thomas Smartt (1912-1920), J.G.N. Strauss (1950-1956), Sir De Villiers Graaff (1956-1977), Radclyffe Cadman (1977), Colin Eglin (1977-1979 and 1986-1987)), Frederik Van Zyl Slabbert (1979-1986) and Dr. A.P. Treurnicht (1987-1993).

Prof. FA (Alex) Mouton is a Professor of History at Unisa. He teaches modern South African history and is the author of Voorloper: Die lewe van Schalk Pienaar, Margaret Ballinger’s Prophet without honour: FS Malan – Afrikaner, South African and Cape liberal.

Book details

  • Iron in the soul: The leaders of the official parliamentary opposition in South Africa, 1910-1993 by F.A. Mouton
    EAN: 9781485305507
    Find this book with BOOK Finder!

Vreemde goed gebeur in die middel van die nag in David Walliams se Die Tandeterroris. Wie of wat sit daaragter?

Die TandeterrorisDie dorp word bedreig. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag. Kinders sit slapenstyd ’n tand vir die tandfeetjie onder hulle kussing, en soggens word hulle wakker en kry … ’n dooie slak, ’n lewendige spinnekop, honderde oorkruipers wat onder hulle kussings kriewel en krioel. Daar is bose magte aan die werk. Maar wie of wat sit daaragter?

“Lees hierdie boek en vind uit!”
David Walliams

“Walliams is van nature humoristies.”
Evening Standard

“Ek is absoluut mal oor David Walliams se boeke. Hulle gaan klassieke werke word.”
Sue Townsend, Guardian

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk alleen verkoop, en is sover in meer as 40 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink
(Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (wat in 2017 as Die seun in die rok by Protea verskyn), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, Protea 2015) en Demon Dentist (wat eersdaags as Tandeterroris by Protea verskyn) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

Quentin Blake is een van Brittanje se mees geliefde illustreerders en spotprenttekenaars. Hy is bes bekend vir sy samewerking met outeurs soos Roald Dahl, en sy illustrasies het verskeie pryse ingepalm, die Hans Christian Andersen-prys vir illustrasie ingesluit.

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Boekbesonderhede

Fantasie-liefhebbers kan nou Die hobbit in Afrikaans lees

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak…

Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wêreld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

“’n Knapgeskrewe sage oor dwerge en elwe, vreesaanjaende aardgeeste en trolle.” Observer

“’n Foutlose meesterstuk.” The Times

J.R.R. Tolkien is in 1892 in Suid-Afrika gebore. Nadat hy as luitenant in die Eerste Wêreldoorlog gedien het, het hy hom as akademikus onderskei en word gereken as een van die beste letterkundiges in die wêreld. Hy het verskeie professorate beklee en is talle kere bekroon. Hy is in 1973 oorlede. The Hobbit, professor Tolkien se debuutwerk, is die eerste deel van die verhaal wat in die drie volumes van The Lord of the Rings hervat en voltooi word. In die 1930’s het Tolkien die verhaal van The Hobbit aan sy kinders begin vertel – na publikasie was dit onmiddellik suksesvol. Die boek is wyd vertaal en was sedertdien nog nooit uit druk nie.

Janie Oosthuysen is ’n gerekende naam in Suid-Afrikaanse vertalerskringe en met meer as 300 publikasies agter haar naam ook skrywer in eie reg. Haar werk is al verskeie kere bekroon, onder andere met die SAVI-toekenning en die Akademie-prys vir haar Harry Potter-vertalings, asook die ATKV-prys en die C.P. Hoogenhout-medalje vir kreatiewe skryfwerk. Sy het ook by ’n aantal internasionale konferensies opgetree, soos die Harry Potter-vertalers-konferensie in Parys, die SCBWI-konferensie in Goudini en die UNESCO-skryfskool in Windhoek.

Boekbesonderhede

’n Leeftyd Later: Herinneringe aan Angola ’n wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou

Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders.

Wat volg is ’n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria.

Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ’n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg.

Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ’n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel.

’n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou.
 

Boekbesonderhede

“Ek wou ’n swaar, seer bundel met ’n korrel hoop eindig” – Fourie Botha bespreek Krap uit die see

Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha.

Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit.

Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.

Fourie word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit.

In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad.

Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel Nuwe Stemme 4, waarna hy debuteer met die digbundel Donkerkamer in 2011.

Louis Esterhuizen het onlangs Krap uit die See met Fourie bespreek. Hulle gesprek is op Versindaba se webblad geplaas:

Fourie, van harte geluk met jou tweede digbundel, Krap uit die see. Volgens my is hierdie bundel nie net ’n bestendiging van jou digterskap nie, maar ’n baie sterk vooruitbeweeg sedert jou reeds debuut, Donkerkamer (2011: Queillerie). Uiteraard is daar altyd meer druk op ’n skrywer met ʼn tweede publikasie ten einde aan die verwagting wat met die debuut gestel is, te voldoen. Hoe voel jy persoonlik, terugskouend, oor die openbare reaksie op jou debuutbundel?

Baie dankie, Louis. Ek was dankbaar vir die ontvangs van Donkerkamer. Dit was ’n bundel waaraan ek lank gewerk het en waarmee baie mense my gehelp het. Ek sal die persoonlike boodskappe van lesers en digters uit die bloute altyd onthou.

In welke mate het jy met Krap uit die see probeer voortskryf op jou debuut en in watter opsig(te) gaan jy vernuwend te werk?

Sommige temas in Krap uit die see sluit aan by Donkerkamer, maar dié slag is daar geen visuele materiaal in die boek nie. Die toonaard van die tweede bundel is ook anders. Baie van die gedigte is kort ná Donkerkamer begin, so ek hoop lesers wat van die eerste gedigte gehou het, hou ook van die nuwes.

Die omslag van jou digbundel vind ek besonder interessant. Hoekom juis dié foto en watter verband bestaan daar tussen dié foto en die gedigte?

Dit was die eerste voorstel wat my uitgewer vir my gestuur het en ek het onmiddellik daarvan gehou. Die beeld het sy in ’n boek wat in 1907 verskyn het opgespoor en dit het vir my baie goed by die bundel gepas. Die man wat met die krap worstel, of miskien dans. Amper een gedierte word. Die feit dat dit ’n Oosterse man op die omslag is, was ook ’n gelukskoot: dit het my forseer om ’n gedig wat ek reeds in Donkerkamer se dae probeer skryf het, uiteindelik klaar te maak: “Chang Bunker aan sy Siamese broer, Eng”.

Die gedigte in hierdie bundel is in vier afdelings verdeel, met ’n enkele gedig, “Krappegesang”, as programgedig. Die vier afdelings is: Laagwater, Vuisneste, Rakende en Dryf. Volgens watter ordeningsprinsipes het jy op hierdie indeling besluit?

Ek wou gedigte oor jeugervarings vroeg hê, om aan te sluit by die jeugverse van die vorige bundel. Dan verloop die gedigte chronologies, amper soos ’n lewe: daar is woedende liefdesteleurstellings, daarna gedigte wat met die buitewêreld te make het. Die laaste afdeling wou ek ligter hê; sonder die skuim om die mondhoeke wat die gedigte vroeër in die bundel het.

Twee van die aangrypendste gedigte in dié bundel is volgens my die twee sluitverse: “See” (p.58) en “Mosambiek” (p.59). In eersgenoemde lees ons van die see as reliëf van verlies, terwyl laasgenoemde weer daarop dui dat die wêreld (moontlik) met laagwater sou kon terugtrek soos ’n krap in sy nuwe dop. “Geseënd is jy, geseënd,” sing die see. Volgens my lê die tematiek van hierdie bundel in die teenstelling tussen dié twee gedigte vasgevang: enersyds die reliëf van verlies, dog andersyds die seën van ’n nuwe begin. Sou jy kon akkoord gaan met so ’n beskouing?

Die ou idee van die ouroboros, die slangetjie wat sy eie stert sluk, was in my gedagtes toe ek dié twee gedigte gekies het om die bundel mee af te sluit. Ek wou ’n swaar, seer bundel met ’n korrel hoop eindig. Met ’n weerbegin. Dieselfde truuk as met die slotgedig in Donkerkamer. Om iets uit te krap is nie net seer nie, dit bring ook verligting.

’n Besonder interessante tematiese inspeling wat ek met die lees van hierdie gedigte registreer, is Peter Blum se “Man wat mal word”; by tye baie direk soos met “On the rebound 11” (p.25) ) en dan weer meer subtiel soos met “Mondwerk” (p.51). Ook in ander gedigte is daar suggesties van waansin. Trouens, reeds met die openingsgedig, “Krappegesang” (p.7) lees ons: “Jirre, hoe jeuk, hoe krap dit nie / in hierdie skedelpan van my kop? / Ek wil jou skud soos ’n blik spykers, / witvleise uit jou doppe skraap.” Na die beste van my wete is dit die eerste keer in afgelope tye dat waansin so deurlopend as leitmotief in ’n Afrikaanse bundel ontgin is. Is daar ’n bepaalde rede hiervoor, gegewe die tydsgewrig waarbinne hierdie verse tot stand gebring is?

Dit was vir my ’n interessante eksperiment om te sien hoe ek my ingehoue self tot by die rand van ’n “rant” kon kry. Ek wou die tipe waansin van liefdesverhoudings wat aan die misluk was as ’n soort waansin of selfs ’n besetenheid uitdruk. Ek het met Wordsworth se “emotion recollected in tranquility” gestoei. Hoe hou jy die woede woedend as jy die besigheid netjies in ’n gedig moet verpak?

Lees die res van hulle onderhoud hier.
 

Krap uit die see

Boekbesonderhede